TAKSUKSESSE: MAART 2023

TAKSUKSESSE: MAART 2023 – NOORDSTREEK

GAUTENG

GROTER PRETORIA-NOORD

Algemeen

  • Die volgende buurtwagte het aan AfriForum se massapatrollie deelgeneem om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig: Apiesrivier, Bronkhorstspruit, Groter Moot, Moreletapark en Wes-Moot.
  • Die volgende takke het aan die jaarlikse geïntegreerde ontwikkelingsplan (GOP)-kommentaar deelgeneem: Apiesrivier, Bronkhorstspruit, Moreletapark en Wes-Moot.

Noord van die berg

  • Die buurtspan het 600 swartsakke vullis verwyder.

Bronkhorstspruit

  • Die buurtwag het gereeld sigbaarheidspatrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het water aan die gemeenskap verskaf danksy sy noodwaterpunt.
  • Die buurtwag het ondersteuning gebied op ’n ongelukstoneel.
  • Buurtwaglede het gehelp om ’n arrestasie uit te voer.

Apiesrivier

  • Die buurtwag het gereeld sigbaarheidspatrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het deel gevorm van die adviserende komitee oor watertekorte in die gebied en  het gevolglik terugvoer daaroor aan die Tshwane-metro gegee.

GROTER PRETORIA-SUID

Centurion

  • Die buurtwag het ’n verdagte voertuig in Wierdapark agtervolg.
  • Buurtwaglede het ’n onwettige oop vuur in ’n inwoner se erf geblus.
  • Die buurtspan het 1 700 kg teer gebruik om ’n 12 maande oue slaggat op die hoek van Bergen- en Finusweg in Valhalla op te vul wat weens ’n waterlek ontstaan het.
  • Die tak se Volk-skietbaanbeampte het ’n basiese skietkursus vir buurtwaglede aangebied.
  • Die buurtspan het danksy die neem-’n-park-aan-inisiatief Montaque Kneen-park in Valhalla skoongemaak waartydens 60 000 m² gras gesny is, terwyl talle bome ook gesnoei is.
  • Die tak het sy negende permanente werker in diens geneem. Johannes Jordaan (21) sal as sorteerder by die herwinningspunt werk.
  • Die buurtwag het ’n operasie in Centurion uitgevoer en verskeie knelpunte geïdentifiseer waarvoor oplossings gevind moet word.
  • Taklede het saam met Lucinda Kuys, wat ‘n nagraadse studie in omgewingsake doen, een van die tak se herwinningspunte (by die Laerskool Swartkop) besoek.
  • Die buurtwag het sy maandelikse spanbou-aksie in Fleurpark in Lyttelton gehou en terselfdertyd ’n paar nuwe lede verwelkom.
  • Die buurtspan het 11 000 m² in Furman-park in Valhalla met onkruiddoder behandel.
  • Die buurtspan het drie 30 jaar oue opskietbome in die Hennopsrivier by die ou staalbrug op Ou Johannesburgweg (R101) stuk-stuk afgesaag. Hierdie bome het oor die laaste paar jaar groot skade aan die klipwalle en verskeie brûe aangerig.  
  • Die buurtspan het ’n uiters gevaarlike lamppaal op die skouer van die pad – en wat gevaarlik uit die grond steek – voor aankomende verkeer verwyder.
  • Buurtspanlede het begin om die middelmanne in Trichardtweg en Unionlaan in Lyttelton naby die Waterkloof Lugmagbasis skoon te sny aangesien dit in ’n chaotiese toestand was. Dit was onder meer oorgroei met opskietdoringbome en lang gras en beslaan ’n grootte van ongeveer 5 000 m².
  • Die tak het 4 793 kg herwinbare items by mense se wonings opgelaai en dit vir R6 850 verkoop.

Garsfontein/Faerie Glen

  • AfriForum het ’n nuwe tak gestig. Die Garsfontein-tak sluit Faerie Glen ook in. Dít het gevolg nadat daar uit verskillende oorde navraag van AfriForum-lede vir ’n tak in dié buurte was.

OOS-RAND

Alberton

  • het die gemeenskap gehelp deur die badkamers by die Brackendowns-polisiestasie te herstel. Taklede het ook selfone aan die polisiestasie geskenk om gemeenskapslede in staat te stel om die SAPD te kontak.
  • Die tak het die gemeenskap ondersteun ná onrus by ’n protesaksie in Vosloorus waartydens paaie versper is. Taklede het in samewerking met die SAPD die betogers uiteengejaag en die versperrings verwyder.
  • Die buurtwag het ’n gemeenskapslid ondersteun nadat sy maatskappyvragmotor gekaap is. Buurtwaglede was ook teenwoordig op die toneel waar die vragmotor weer teruggevind is.
  • Die buurtwag het gereageer op inligting wat ontvang is in verband met ’n verdagte voertuig. Die voertuig is agtervolg en sekuriteit is ook ontbied. Gederegistreerde nommerplate is in die voertuig gevind. Die SAPD het beslag gelê op die voertuig, terwyl een van die verdagtes ook in hegtenis geneem is en aan verdere ondervraging onderwerp sal word.
  • Tak- en buurtwaglede het in aanloop tot die EFF se #NationalShutdown 18 binnebande verwyder om te verhoed dat dit tydens die protesaksie gebruik word.
  • het die SAPD ondersteun en versperrings van paaie verwyder. Hierdie proaktiewe optrede het verhoed dat enige protesaksie eskaleer.
  • het die DBV ondersteun nadat inligting ontvang is oor ’n leeu wat in die dorp gewaar is. Wildbeskermingsowerhede het gevolglik oorgeneem.
  • Die buurtwag het aan die SAPD se Operasie Okae Malao deelgeneem. Tydens die operasie is 601 mense en 289 voertuie deursoek, talle persele is deursoek, 19 arrestasies is gemaak en die Ekurhuleni-metropolisie het R11 500 se verkeersboetes uitgereik.

Brakpan

  • se protospan het Volk-opleiding bygewoon.
  • Die tak het die noodhulpstasie by die Rose Tulee Musiekfees saam met die gemeenskap beman.

Benoni

  • Die buurtwag het 6 319 km in 892 manure afgelê tydens patrollies om hul gemeenskap te beveilig.
  • het agt slaggatherstelprojekte deur die loop van die maand aangepak. 229 sakke teer is gebruik om 193 slaggate op te vul.
  • onkruid te behandel en rommel op te tel in Highweg.
  • Die tak het uitgereik na bejaarde inwoners van staatswoonstelle in Pauline Davis Court wat nie toegang tot water gehad het nie. Aangesien die woonstelle se hysbak buite werking was, moes die bejaardes trappe klim om water te gaan haal. Taklede het gevolglik 105 5 liter-waterbottels aan inwoners geskenk.
  • Taklede het in samewerking met die plaaslike GPF ’n brand by ’n huis in Masefieldstraat geblus.
  • Die buurtwag het ’n lid van die gemeenskap ondersteun ná ’n voorval van huismoles in Hodgsonweg; ’n vrou is vermoedelik deur haar kêrel aangerand.  

Boksburg

  • Die buurtwag het ondersteuning gebied op ’n toneel in Bokkiepark waar ’n vrou vasgemaak en gemolesteer is. Buurtwaglede het met hul aankoms die slagoffer bygestaan en nooddienste ontbied, waarna sy na ’n hospitaal vervoer is.
  • in Van Dyk-park beveilig nadat ’n vragmotor ’n voetganger raakgery het. Nooddienste is ontbied en het die slagoffer na ’n hospitaal vervoer.
  • in North Randweg gebied nadat ’n afleweringsmotorfiets in ’n voertuig vasgejaag het. Nooddienste het die bestuurder van die motorfiets na ’n hospitaal vervoer.
  • was op die toneel in Cinderella waar ’n persoon selfmoord probeer pleeg het. Die persoon was stabiel en buurtwaglede het later trauma-ondersteuning gebied.
  • ’n man ondersteun nadat hy ’n venster uitgeslaan en diep snywonde opgedoen het. Die buurtwag het noodhulp op hom toegedien en die man is na ’n hospitaal geneem.
  • ongelukstoneel op die N12 gehaas. Hulle het onder meer toneelbeveiliging en verkeerbeheer toegepas.
  • Die buurtwag het vinnig gereageer ná inligting ontvang is dat vier mans deur die gemeenskap aangerand word; die gemeenskap het vermoed dat die mans kabeldiewe is en gevolglik die reg in hul eie hande geneem. Die mans was egter kontrakteurs en het almal aan hul beserings beswyk.
  • is na ’n toneel in Anderbolt ontbied waar twee verdagtes vasgetrek is met gesteelde vragmotoronderdele. Die SAPD is gekontak en het die verdagtes in hegtenis geneem.
  • Die buurtwag het ’n vrou in Northmead gehelp nadat haar man haar in die huis toegesluit en haar selfoon weggeneem het. Buurtwaglede het haar tot veiligheid begelei.

Edenvale

  • tak het in samewerking met gemeenskapslede ’n skoonmaakaksie in Dunbarweg gehou. Die terrein wat vir rommelstorting gebruik is is skoongemaak, gras is gesny en randstene is ook skoongemaak. 

Germiston

  • ·        Taklede het saam met die SAPD en ander veiligheidsrolspelers ’n uiters suksesvolle zama-zama-operasie in Makause gehou waar 16 Penduka-rollers, 7 kragopwekkers, 2 gassilinders en talle handgereedskap teruggevind is.
  • in samewerking met die gemeenskap gehelp om ’n kind op te spoor wat vermis was. Die kind is opgespoor sonder enige beserings.
  • het twee verdagtes vasgetrek wat palissades gesteel het. Die verdagtes is aan die SAPD oorhandig.
  • Die buurtwag het ’n gemeenskapslid gehelp wat ’n epileptiese aanval gehad het. Hulle het noodhulp toegepas en nooddienste ontbied. Die pasiënt se familie is opgespoor en in kennis gestel.
  • Die buurtwag het ondersoek ingestel na ’n verdagte voertuig wat in Môregloedstraat opgemerk is. Die verdagtes het van die toneel gevlug en ’n TV en motorfietsbaadjie wat hulle besig was om te steel, agtergelaat.
  • uurtwaglede het twee verdagtes vasgetrek wat in besit was van gereedskap wat gebruik word om huisbraak te pleeg. Plaaslike sekuriteitsmaatskappye het ondersteuning gebied en die verdagtes in hegtenis geneem.
  • ’n suksesvolle skoonmaakprojek in Buxtonweg in Dinwiddie gehou.
  • Taklede het ’n huis in Klopperpark help skoonmaak en opruim nadat dit verspoel het.
  • Die tak het gehelp om ’n hond te red nadat dié in ’n drein geval het.
  • Die buurtwag het saam met die Primrose SAPD aan ’n operasie deelgeneem waartydens voertuie en persele ondersoek is en ’n groot hoeveelheid wapens en dwelms gekonfiskeer is; talle arrestasies is ook uitgevoer.
  • Taklede het gehelp om bande te verwyder voor die mislukte #NationalShutdown wat die EFF beplan het. Buurtwagpatrolleerders het ook saam met die SAPD en plaaslike sekuriteitsmaatskappye deurnag gewerk om Germiston se inwoners veilig te hou.

Kempton Park

  • het sy hommeltuig suksesvol by die burgerlugvaartowerheid geregistreer. Dít sal in die toekoms verseker dat die tak die lugruim bo Kempton Park kan gebruik in die voorkoming van misdaad. 
  • in samewerking met die SAPD aan Operasie Shutdown deelgeneem waartydens sigbaarheid en paraatheid verseker het dat geen grootskaalse protesaksies in Kempton Park plaasgevind het nie.
  • Die tak het ’n herwinningstasie vir papier, plastiek en glas by Norkem Park Primary School op die been gebring.

Springs

  • het ná volgehoue druk daarin geslaag om die munisipaliteit te oorreed om die park in Edelweiss se gras te sny.
  • Die tak het druk op die Ekurhuleni-metro geplaas deur ’n Paia-aansoek te bring om antwoorde te voorsien oor die ooreenkomste met diensverskaffers wat aangestel is om die dorp se parke se gras te sny.
  • Die buurtwag het suksesvolle strategieë geloods om die infrastruktuur in Daggafontein te beskerm en het reeds kabeldiefstal uit gedeeltes van dié gebied verdryf.
  • bestuur het in aanloop tot die EFF se beplande #NationalShutdown gebeurlikheidsplanne opgestel en dit saam met plaaslike veiligheidsrolspelers in plek gesit. Hierdie planne het ingesluit die voorbereiding van waterkarre wat ontplooi sou word indien nodig. Hierdie waterkarre is ook aangewend tydens die Vischkuil/Endicott-onluste.

MPUMALANGA

Algemeen

  • AfriForum se Mpumalanga-takke het opleiding ontvang.
  • AfriForum se Mpumalanga-buurtwagte het in samewerking met die SAPD en verskeie sekuriteitsmaatskappye ondersteuning gebied tydens die EFF se mislukte #NationalShutdown.

Bethal

  • Die tak se waterpunt kan deur die gemeenskap gebruik word indien die dorp se watertoevoer onderbreek word.
  • Taklede en Skipgo Teksa het weekliks 30 vullisdromme in die dorp gediens.
  • Die tak het nuwe aanplantings vir die winter gemaak in die gemeenskapstuin waarmee die tak verskeie organisasies ondersteun.

Teks (Trichardt, Evander, Kinross en Secunda)

  • Die buurtwag het ondersteuning gebied op verskeie ongelukstonele.
  • Die tak het slaggate in Secunda opgevul.

Delmas

  • Die tak het slaggate opgevul tydens die EFF se mislukte #NationalShutdown.
  • Die Delmas Valke-buurtwag het gehelp om onluste in die gebied onder beheer te hou.

Witbank

  • Die tak het ’n nuwe tuinspan in die dorp aangestel om spesifieke gebiede in die dorp skoon te maak.
  • Taklede het vrugtebome by skole in die dorp geplant.

Middelburg

  • Die tak het ’n skoonmaakprojek van stapel gestuur en onder meer die konsentrasiekampbegraafplaas skoongemaak.

Standerton

  • Taklede het die Voetsporemonument skoongemaak en opgeknap.

Piet Retief

  • Die tak het ’n insamelingsprojek vir minderbevoorregte mense gehou.

Nelspruit

  • Die buurtwag het gereeld patrollies gehou om die gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het voortgegaan met sy volhoubare skoonmaakprojek op die Kaapsehoop-pad.
  • Buurtwaglede het tydens patrollies op verskeie ongelukstonele met verkeerbeheer en toneelhantering gehelp.
  • Taklede het staproetes in die Steiltes-natuurreservaat oopgesny.
  • Die buurtwag het die plaaslike GPF en SAPD ondersteun tydens die EFF se mislukte #NationalShutdown.
  • Taklede het AfriForum se media-opleiding in Middelburg bygewoon.

Witrivier

  • Die buurtwag het tydens patrollies op verskeie ongelukstonele met verkeerbeheer en toneelhantering gehelp.
  • Buurtwaglede het die plaaslike GPF en SAPD ondersteun tydens die EFF se mislukte #NationalShutdown.

Lydenburg

  • Die buurtwag het gereeld patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het R3 200 aan die plaaslike sakekamer geskenk vir besteding op skoonmaakprojekte.
  • Die buurtwag het gehelp om die dorp op te ruim ná hewige storms groot skade veroorsaak het.
  • Buurtwaglede het die plaaslike GPF en SAPD ondersteun tydens die EFF se mislukte #NationalShutdown.
  • Taklede het AfriForum se media-opleiding in Middelburg bygewoon.

Belfast

  • Die tak se noodwaterpunte het suksesvol gefunksioneer tydens watertekorte

in die dorp.

  • Die tak se vullisdromprojek het daartoe bygedra om die dorp skoon en netjies te hou.

Machadodorp

  • Die buurtwag het gereeld patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Taklede het die munisipaliteit gehelp om stukkende waterpype te herstel.
  • Buurtwaglede het die plaaslike GPF en SAPD ondersteun tydens die EFF se mislukte #NationalShutdown.
  • Taklede het AfriForum se media-opleiding in Middelburg bygewoon.

Dullstroom

  • Die buurtwag het gereeld patrollies saam met die plaaslike GPF gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het twee koeëlvaste baadjies ontvang.
  • Taklede het AfriForum se media-opleiding in Middelburg bygewoon.

LIMPOPO

Ellisras

  • Die tak het ’n nuwe buurtwagleier verkies.
  • Die tak het ’n nuwe tesourier verkies.
  • Die tak het ’n nuwe voorsitter verkies.
  • Die tak is in proses om ’n plaaswag te stig.
  • Die tak werk tans aan verskeie grondeise.
  • Die tak het deelgeneem aan die munisipaliteit se geïntegreerde ontwikkelingsplan (GOP)-proses.

Pietersburg

  • Die buurtwag het gereeld patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het ’n vullisterreinoudit uitgevoer.
  • Die tak het deelgeneem aan die munisipaliteit se geïntegreerde ontwikkelingsplan (GOP)-proses.

Tzaneen

  • Die tak het ’n vullisterreinoudit uitgevoer.
  • Die tak het deelgeneem aan die munisipaliteit se geïntegreerde ontwikkelingsplan (GOP)-proses.
  • Die buurtwag het gereeld patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Taklede het ’n vergadering gehou.

Messina

  • Die buurtwag het patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het ’n braai gereël vir sy buurtwaglede wat op bystand was tydens die EFF se mislukte #NationalShutdown.
  • Die tak het ’n vullisterreinoudit uitgevoer.
  • Die tak het voortgegaan met sy sesmaandeprojek.

Thabazimbi

  • Die tak het ’n vullisterreinoudit uitgevoer.
  • Taklede het talle slaggate opgevul.
  • Die tak het ’n braai vir sy nuwe lede gehou.
  • Die tak het water aan inwoners verskaf terwyl taklede die pyplyn herstel het.

Marble Hall

  • Die buurtwag het 93 patrollies deur die loop van die gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Buurtwaglede het proaktief opgetree tydens onluste in die dorp.
  • Taklede het hand bygesit tydens die Sonskynvallei-rugbyweek
  • Die buurtwag het ’n arrestasie help uitvoer.
  • Buurtwaglede het in samewerking met die SAPD twee persone in hegtenis geneem en beslag op hul voertuig gelê nadat hulle brandstof ingegooi en weggejaag het sonder om daarvoor te betaal.
  • Die buurtwag het ’n gesteelde voertuig teruggevind en die persoon verantwoordelik daarvoor in hegtenis geneem.

Warmbad

  • Die tak het sy volhoubare parkskoonmaakprojek voortgesit.
  • Taklede het al die ingange na die dorp skoongemaak.

Groblersdal

  • Die tak het ’n herwinningsnetwerk by skole in die dorp opgerig.
  • Die tak het ’n watertenk by die CVO Gromar Landbou-akademie opgerig.
  • Die tak beplan ’n groentetuinprojek by sowel die Utopia-tehuis vir gestremdes as die CVO Gromar Landbou-akademie.
  • Die tak het borge probeer werf vir sy veiligheidsdag.
  • Die tak het sy beplanning vir die veiligheidsdag by die DLU-saal gefinaliseer.
  • Taklede het met opknappingswerk by die Utopia-tehuis vir gestremdes gehelp.

TAKSUKSESSE: MAART 2023 – SENTRAALSTREEK

VRYSTAAT

MOOIRIVIER

Bothaville

  • Die tak het in samewerking met die Nala Plaaslike Munisipaliteit, Trots Bothaville en die Mieliehoofstad Sakekamer 53 ton teer gebruik om 530 m² se slaggate in Presidentstraat op te vul. Bogenoemde rolspelers het ook geld ingesamel om voort te gaan met die projek.
  • Die buurtwag het daagliks patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig; tydens die EFF se #NationalShutdown het buurtwaglede 24 uur per dag gepatrolleer.
  • Die tak het ’n vullisterreinoudit uitgevoer en slegs 3% daarvoor toegeken.

Deneysville

  • Die tak het saam met die Metsimaholo Plaaslike Munisipaliteit die ingange na Deneysville en Oranjeville skoongemaak.
  • Die buurtwag het ekstra patrollies gery tydens die EFF se #NationalShutdown.
  • Die tak het ’n vullisterreinoudit uitgevoer en slegs 3% daarvoor toegeken.

Heilbron

  • Taklede en ’n aantal boere wat teen die Elandspruit woon het twee afgevaardigdes van die Departement van Water en Sanitasie (DWS) op ’n toer begelei om hulle te wys waar die besoedeling van die Elandspruit vandaan kom.
  • Die tak het ’n vullisterreinoudit uitgevoer en slegs 1% daarvoor toegeken.

Parys

  • Die tak het ’n sakeontbyt aangebied waartydens gemeenskapslede se mening oor ’n mobiele watersuiweringsaanleg getoets is; dit blyk egter dat inwoners eerder gebruikswater in hulle krane wil hê.
  • Die tak het klagtes van inwoners oor water- en kragonderbrekings hanteer, waarna taklede dit weer by die munisipaliteit aangemeld het.
  • Die tak het ’n vullisterreinoudit uitgevoer en slegs 1% daarvoor toegeken.
  • Die buurtwag het sigbaarheidspatrollies gehou tydens die EFF se #NationalShutdown.

Sasolburg

  • Die tak het 25 ha gras gesny deur die loop van die maand.
  • Die tak het met die DA-bestuur van die Metsimaholo Plaaslike Munisipaliteit vergader waartydens die probleme wat met die munisipaliteit ondervind word, bespreek is.
  • Die tak het ’n suksesvolle Paasmark by die Hoëveldse Tuine gehou. Die tak hou ook elke laaste Saterdag van die maand hier ’n mark.
  • Die buurtwag het verskeie patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig en het altesaam 2 074 km afgelê.
  • Die buurtwag het ’n ten volle toegeruste gesamentlike operasionele sentrum (GOS) tot stand gebring; ’n herhaler is ook geïnstalleer sodat taklede in Sasolburg en Vaalpark goed met mekaar kan kommunikeer.
  • Buurtwaglede het substasies en groenstroke tydens beurtkrag en kragonderbrekings gepatrolleer om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die buurtwag het ’n ekstra 1 590 km afgelê aan sigbaarheidspatrollies tydens die EFF se #NationalShutdown.
  • Die buurtwag het twee van sy lede vir opleiding in Orania gestuur.
  • Die tak het ’n vullisterreinoudit uitgevoer en slegs 10% vir die vullisterrein in Sasolburg toegeken. Die oorlaaistasie in Vaalpark het ’n punt van 73% behaal.

HOOGLAND

Welkom

  • Die tak het voortgegaan om water via sewe noodwaterpunte aan die gemeenskappe van Welkom, Ventersburg en Riebeeckstad te voorsien. Die eerste waterpunte is al in Desember 2022 tot stand gebring.

ROSESTAD

Algemeen

  • Volhoubare skoonmaakprojekte is weekliks by die volgende plekke gehou:
  • Nelson Mandelaweg
  • Curielaan
  • Du Plessisstraat (asook die park)
  • Gardeniapark (park)
  • Rayton-Heuwelsig (parke)
  • Hillsboro (park)
  • Brits-monument
  • Ou Presidensie se tuin
  • Pres. Brand-begraafplaas
  • Die AfriForum-takke in Bloemfontein, asook dié in Dealesville, Boshof en Zastron het GOP-kommentaar ingedien.
  • Die buurtwagpatrolleerders het tydens die EFF se #NationalShutdown verskeie verantwoordelikheidsgebiede gepatrolleer. Buiten dat die protesaksies vreedsaam verloop en die SAPD dit puik hanteer het, het die buurtwagpatrolleerders ook verskeie suksesse behaal. Daaglikse SITRAPS is aan die gemeenskap deurgegee om hulle op hoogte van gebeure te hou.

Bloemfontein-Noord, Rayton-Heuwelsig en Bloemfontein-Noord Landelik

  • Die buurtwagte het gesamentlike operasies met die SAPD en GPF’s gehou. Vullisterreine is bekend vir hul onwettige inwoners en die meerderheid van dié inwoners is verbind aan bendes en hul betrokkenheid by verskeie misdade. Die doel van die operasie was om onwettige inwoners van vullisterreine aan te keer, te deursoek vir dwelms, wapens en gesteelde goedere, en verdagtes dan polisiestasie toe te neem vir uitskakeling van ernstige misdade.

Fichardtpark

  • Die buurtwag se veiligheidspan het twee verdagte mans in Curielaan gewaar, waarna hulle in samewerking met die SAPD die twee verdagtes gestop en deursoek het. Verskeie selfone en dagga is op een van die mans gevind.
  • Buurtwaglede het die SAPD en Recon Tactical ondersteun tydens die arrestasie van twee verdagtes wat vermoedelik by ’n perseel ingebreek het.  
  • Die buurtwag het ’n noodroep ontvang vir hulp tydens ’n gyselaarsituasie in Fichardtpark. Die SAPD het ’n verdagte in hegtenis geneem.

Gardeniapark

  • Die buurtwag het inligting ontvang oor ’n verdagte persoon in Wilgehof wat in besit van ’n duur bergfiets (met ’n waarde van sowat R40 000) was. Tesame met die SAPD en ander buurtwagte is die verdagte met die vermoedelik gesteelde fiets aangekeer en vir ondervraging geneem.
  • Buurtwaglede het hulp aan die SAPD, die brandweer, Centlec en nooddienste verleen op ’n ongelukstoneel op die hoek van Stals- en Walter Sisuluweg. Die beseerdes is behandel en na ’n hospitaal vervoer.

NOORDWES

MOOIRIVIER

Klerksdorp

  • Die tak het ’n vullisterreinoudit uitgevoer en slegs 59% (Klerksdorp) en 6% (Hartbeesfontein) daarvoor toegeken.
  • Die tak het ’n opknappingsprojek in Buffelsdoornweg van stapel gestuur in samewerking met ondernemings wat in dié besige straat geleë is. Daar is onder meer skoongemaak en gras gesny. Nadat ’n skrywe aan die Matlosana Plaaslike Munisipaliteit gestuur is, het munisipale werkers ook begin om die betrokke straat op te knap.
  • Die Songloed- en Hartbeesfontein-buurtwag, asook die Hartbeesfontein-plaaswag het ekstra sigbaarheidspatrollies gery tydens die EFF se #NationalShutdown.
  • Die Hartbeesfontein-buurtwag het ’n groot sukses behaal deur mieliediewe vas te trek.

Potchefstroom

  • Die tak het ’n vullisterreinoudit uitgevoer en onderskeidelik 94% vir die vullisterrein en 78% vir die oorlaaistasie toegeken.
  • Die tak het slaggate in Chief Albert Luthuliweg en Paryslaan opgevul.
  • Taklede het ’n stormwaterinlaat in Chief Albert Luthuliweg skoongemaak.
  • Die buurtwag het ekstra patrollies gery tydens die EFF se #NationalShutdown om hul gemeenskap te beveilig.

Stilfontein

  • Die tak het ’n vullisterreinoudit by die Orkney-oorlaaistasie uitgevoer en slegs 3% daarvoor toegeken.
  • Die tak se plaaslikeregeringsakeverteenwoordiger het talle probleme (soos water- en rioollekkasies) by die munisipaliteit aangemeld en dit gereeld met navrae opgevolg.
  • Die buurtwag het daagliks patrollies gery; ekstra patrollies is ook tydens die EFF se #NationalShutdown geskeduleer.

Ventersdorp

  • Die tak het ’n vullisterreinoudit uitgevoer en 0% daarvoor toegeken.
  • Buurtwaglede het sigbaarheidspatrollies gery tydens die EFF se #NationalShutdown om hul gemeenskap te beveilig.

Wolmaransstad

  • Die tak het ’n vullisterreinoudit uitgevoer en slegs 3% daarvoor toegeken.
  • Buurtwaglede het ekstra sigbaarheidspatrollies geskeduleer tydens die EFF se #NationalShutdown.

STELLALAND

Christiana

  • Sowel die tak as die buurtwag het gedurende die vloed wat die dorp in Februarie getref het die gemeenskap ondersteun deur mense wat vasgekeer was te ontruim en patrollies te verhoog om steeds misdaad te bekamp. Verskeie borde is ook opgerig om aan te dui dat die pad ontoeganklik vir motoriste is. Die tak het skenkings vanuit die gemeenskap self ontvang om mense wat deur die vloede geraak is te help.

Vryburg

  • Taklede het die openbare verhoor oor die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette (beter bekend as die Bela-wet) in die dorp bygewoon. Wilton Viljoen, ondervoorsitter van die Vryburg-tak, het namens AfriForum ’n voorlegging by dié verhoor gelewer.

MARICO

Brits

  • Die buurtwag het ekstra patrollies gery tydens die EFF se #NationalShutdown. Goeie beplanning en reaksie het verhoed dat die betogers paaie versper of inwoners geïntimideer het.
  • Buurtwaglede het ’n voertuig agternagesit wat oor ’n rooi verkeerslig gejaag het. Die bestuurder daarvan is uiteindelik deur die SAPD in hegtenis geneem.
  • Taklede het waargeneem hoe brandkrane gesteel is. Reaksielede is ontplooi, waarna ’n verdagte in hegtenis geneem is en ses sakke koper in sy besit gevind is.

 Rustenburg

  • Taklede het meer as 5 ha gras gesny. Daar is veral gefokus op die h.v. Kerk- en Heferstraat, die h.v. Bovenstraat en Helen Josephweg, asook die h.v. Kruger- en Bultstraat.
  • Takverteenwoordigers het die openbare verhoor oor die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette (beter bekend as die Bela-wet) in Rustenburg bygewoon en ’n voorlegging daaroor gedoen.

Zeerust

  • Die tak het die Burgher-monument op die dorp skoongemaak. Dít is een van die tak se volhoubare projekte.

KWAZULU-NATAL

Newcastle

  • Die tak het verskeie GOP-voorstelle by die Newcastle Plaaslike Munisipaliteit ingedien. Hierdie voorstelle sluit in dat rioolstorting aangepak word; dat strate herstel en slaggate opgevul word; dat beter kommunikasie met die gemeenskap gevestig word; en dat die vullisterrein opgradeer word.
  • Die buurtwag het gesamentlike gebeurlikheidsplanne in plek gestel vir die EFF se #NationalShutdown.

Utrecht

  • Die tak het aan die munisipaliteit se GOP-proses deelgeneem en die volgende voorstelle ingedien: Opgradering van die Van Rooyen-kraglyn; die herstel van strate en opvul van slaggate; asook die opgradering van die plaaslike vullisterrein.

Vryheid

  • Die tak het aan die munisipaliteit se GOP-proses deelgeneem en die volgende voorstelle ingedien: Opgradering van verskeie elektriese lyne; die herstel van strate en opvul van slaggate; beter kommunikasie met die gemeenskap; onmiddellike opgradering van die plaaslike vullisterrein; konstante watervoorsiening moet verseker word; die rioolprobleme in Vryheid moet opgelos word; die skoonmaak van die begraafplaas; en die Abaqulusi Plaaslike Munisipaliteit moet hulle rekeninge uitsorteer.
  • Die buurtwag het vir die EFF se #NationalShutdown voorberei en observasiepunte saam met die SAPD beman.

Paulpietersburg

  • Die tak het aan die munisipaliteit se GOP-proses deelgeneem en die volgende voorstelle ingedien: Die vestiging van ’n gelisensieerde vullisterrein; die herstel van strate en opvul van slaggate; die opgradering van die elektriese verspreidingsnetwerk; en die ontwikkeling en toepassing van bywette.
  • Die buurtwag het voorberei vir die EFF se #NationalShutdown en gereeld patrollies gery.
  • Die tak se gevorderde nommerplaatkamerastelsel het tot twee suksesse bygedra. ’n Gesteelde voertuig is teruggevind, waarna ’n  arrestasie gemaak is. Die stelsel het ook ’n verdagte voertuig geïdentifiseer waarin twee renosterhorings gevind is.

Pongola

  • Die tak het aan die munisipaliteit se GOP-proses deelgeneem en verskeie voorstelle ingedien: Die herstel van strate en opvul van slaggate; die opgradering en instandhouding van die vullisterrein; asook die aanpak van rioolprobleme in Pongola.

Hluhluwe

  • Die tak het ’n hommeltuig aangekoop, waarna twee buurtwaglede ’n hommeltuigvlieënierskursus voltooi het.
  • Die tak het aan die munisipaliteit se GOP-proses deelgeneem en die volgende voorstelle ingedien: Die ontwikkeling van ’n gelisensieerde vullisterrein; die herstel van strate en opvul van slaggate; die toepassing van bywette; en die bou van meer openbare ablusiegeriewe.
  • Sowel die tak as die buurtwag het deelgeneem aan proaktiewe patrollies in aanloop tot die EFF se #NationalShutdown.

Sodwana

  • Die tak het voorstelle ingedien vir die munisipaliteit se GOP, wat insluit die ontwikkeling van ’n vullisterrein en varswaterinfrastruktuur.
  • Die buurtwag het verskeie vergaderings gehou en saam met die SAPD voorberei vir die EFF se #NationalShutdown.

Richardsbaai

  • Die tak het deelgeneem aan die munisipaliteit se GOP-proses en die volgende voorstelle ingedien: Die opgradering van die huidige rioolnetwerk om groter kapasiteit te hanteer; asook dat bywette met betrekking tot onwettige stormwaterverbindings aan die rioolnetwerk aangespreek word.

Durban-Wes

  • Die tak het verskeie voorstelle ingedien vir die munisipaliteit se GOP-proses, wat die volgende insluit: Die herstel van strate, brûe en straatligte; die opvul van slaggate; asook die skoonmaak van parke.
  • Die tak het saam met ander organisasies voorberei vir die EFF se #NationalShutdown.

Amanzimtoti

  • Die tak het saam met ander organisasies ’n skoonmaakprojek van stapel gestuur.
  • Die tak het aan die munisipaliteit se GOP-proses deelgeneem en die volgende voorstelle ingedien: Die herstel van strate en opvul van slaggate; die opgradering van die rioolnetwerk en pomphuise; die opgradering van die voorstrand sodat dit blouvlagstatus kan verwerf; en die herstel van straatligte.

Laer Suidkus

  • Die tak het aan die munisipaliteit se GOP-proses deelgeneem en die volgende voorstelle ingedien: Die herstel van verskeie strate; die opgradering van die rioolstelsel; asook die opgradering van ’n watervoorsieningsnetwerk.
  • Die tak het verskeie patrollies gery tydens die EFF se #NationalShutdown.

TAKSUKSESSE: MAART 2023 – SUIDSTREEK

NOORD-KAAP

Bo-Karoo

  • Die buurtwag se jeugvleuel het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die takke in Douglas en Hopetown het aan AfriForum se nasionale vullisterreinouditprojek deelgeneem.

Delportshoop

  • Die tak het kommentaar ingedien op die Dikgatlong Plaaslike Munisipaliteit se geïntegreerde ontwikkelingsplan (GOP).
  • Die tak het aan AfriForum se nasionale vullisterreinouditprojek deelgeneem.

Kimberley

  • Die Kimberley-buurtwag en Modderrivier-plaaswag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die buurtwag en talle plaaslike veiligheidsrolspelers het die SAPD ondersteun om verskeie gemeenskappe te beveilig tydens betogings.
  • Die buurtwag het in samewerking met verskeie plaaslike rolspelers twee verdagtes tydens ’n inbraak in hegtenis geneem.
  • Die buurtwag het inwoners bygestaan met ’n plan van aksie ná die toename van misdaad in Klisserville.
  • Die tak het kommentaar ingedien op die Sol Plaatje Plaaslike Munisipaliteit se geïntegreerde ontwikkelingsplan (GOP).
  • Die tak het aan AfriForum se nasionale vullisterreinouditprojek deelgeneem.

Prieska

  • Die tak het regshulp ingewin om die Siyathemba Plaaslike Munisipaliteit aan te spreek oor eiendomsbelasting.
  • Die tak het kommentaar ingedien op die Siyathemba Plaaslike Munisipaliteit se geïntegreerde ontwikkelingsplan (GOP).
  • Die tak het aan AfriForum se nasionale vullisterreinouditprojek deelgeneem.

Vaalharts

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die buurtwag en talle plaaslike veiligheidsrolspelers het die SAPD ondersteun om verskeie gemeenskappe te beveilig tydens betogings.
  • Die tak het kommentaar ingedien op die Phokwane Plaaslike Munisipaliteit se geïntegreerde ontwikkelingsplan (GOP).
  • Die tak het aan AfriForum se nasionale vullisterreinouditprojek deelgeneem.

Warrenton

  • Die tak het aan AfriForum se nasionale vullisterreinouditprojek deelgeneem.

Kamiesberg

  • Die tak het Kamieskroon se strate gereeld skoongemaak en vullis na die vullisterrein weggery.
  • Die tak het deurlopend water-, krag- en rioolprobleme aan die Kamiesberg Plaaslike Munisipaliteit se inbelsentrum deurgegee sodat herstelwerk kan plaasvind.
  • Die tak is besig om te reël vir nog ’n boorgatwaterpomp by Goegap omdat dié gemeenskap ook sukkel met toegang tot water.
  • Die tak het aan AfriForum se nasionale vullisterreinouditprojek deelgeneem.

Kakamas

  • Die tak het deurlopend water-, krag- en rioolprobleme aan die Kai !Garib Plaaslike Munisipaliteit se inbelsentrum deurgegee sodat herstelwerk kan plaasvind.
  • Die tak het gehelp met ’n dorpskoonmaakprojek.
  • Die tak is besig met die verbetering van Kakamas se vullisterrein.
  • Die tak het in samewerking met Lumber City spoedhobbels in Kakamas se hoofstraat voor die plaaslike hoërskool oorgeverf. Die projek duur voort.
  • Die tak het aan AfriForum se nasionale vullisterreinouditprojek deelgeneem.

Kathu

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het die parkeerterrein voor Fit-It gereeld skoongemaak en die bome wat taklede in die parkeerterrein geplant het, met water natgelei.
  • Die tak het deurlopend water-, krag- en rioolprobleme aan die Gamagara Plaaslike Munisipaliteit se inbelsentrum deurgegee sodat herstelwerk kan plaasvind.
  • Die tak het aan AfriForum se nasionale vullisterreinouditprojek deelgeneem.

Keimoes

  • Die Grootoog-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het weekliks die hoofstraat en die gebied rondom die waterwiel (wat tot ’n nasionale monument verklaar is) skoongemaak, vullis na die vullisterrein weggery, die gras gesny en die beddings skoongemaak.
  • Die tak het die badkamers by die waterwiel wat vir toeriste bedoel is, skoongehou.
  • Die tak het deurlopend water-, krag- en rioolprobleme aan Kai !Garib Plaaslike Munisipaliteit se inbelsentrum deurgegee sodat herstelwerk kan plaasvind.
  • Die tak het aan AfriForum se nasionale vullisterreinouditprojek deelgeneem.
  • Die tak het fotostaatpapier en vetkryte aan die Loxtonvale Primêre Skool en die Intermediêre Skool Friersdale geskenk om dié skole te help met basiese daaglikse behoeftes.
  • Die tak het besoek afgelê by die Loxtonvale Primêre Skool se watersuiweringsaanleg en idees uitgeruil om die watertekort te probeer oplos.

Kuruman

  • Die Kuruman- en Bankhara-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die tak het deurlopend water-, krag- en rioolprobleme aan die Ga-Segonyana Plaaslike Munisipaliteit se inbelsentrum deurgegee sodat herstelwerk kan plaasvind.
  • Die tak het ondersteuning gebied tydens brande in die Kuruman-, Daniëlskuil- en Postmasburg-omgewing.
  • Die tak het aan AfriForum se nasionale vullisterreinouditprojek deelgeneem.

Springbok

  • Die tak het deurlopend water-, krag- en rioolprobleme aan die Nama Khoi Plaaslike Munisipaliteit se inbelsentrum deurgegee sodat herstelwerk kan plaasvind.
  • Die tak het saam met die Nama Khoi Plaaslike Munisipaliteit gewerk om die plaaslike vullisterrein weer op standaard te bring.
  • Die tak het aan AfriForum se nasionale vullisterreinouditprojek deelgeneem.
  • Die tak het ’n onwettige vullisterrein toegesluit met ’n ketting en slotte en die sleutels aan die burgemeester oorhandig.
  • Die tak het druk op die Nama Khoi Plaaslike Munisipaliteit geplaas oor die toestand van Nababeep se rioolsuiweringsaanleg.

Upington

  • Die tak het deurlopend water-, krag- en rioolprobleme aan die Dawid Kruiper Plaaslike Munisipaliteit se inbelsentrum deurgegee sodat herstelwerk kan plaasvind.
  • Die tak het ’n park naby die Kalahari-winkelsentrum skoongemaak en gebreekte takke en vullis na die vullisterrein weggery.
  • Die tak het die treinbrug (duikweg) skoongemaak, bome gesnoei en riete verwyder.
  • Die tak het watermonsters in die stormwater-uitloop in die duikweg geneem en dit by PathCare laat toets.
  • Die tak het aan AfriForum se nasionale vullisterreinouditprojek deelgeneem.
  • Die tak het die hoek van Schroderstraat en Dr Nelson Mandelarylaan skoongemaak en die vullis na die vullisterrein weggery.
  • Die tak het die park oorkant die OK-winkelsentrum skoongemaak en die vullis na die vullisterrein weggery.

Williston

  • Die tak het deurlopend water-, krag- en rioolprobleme aan die Karoo Hoogland Plaaslike Munisipaliteit se inbelsentrum deurgegee sodat herstelwerk kan plaasvind.
  • Die tak het aan AfriForum se nasionale vullisterreinouditprojek deelgeneem.

OOS-KAAP

Elliot

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het aan AfriForum se nasionale vullisterreinouditprojek deelgeneem.
  • Die buurtwag was op ’n hoë gereedheidsgrondslag na aanleiding van die EFF se beplande NationalShutdown op 20 Maart.
  • Die tak het kommentaar ingedien op die Sakhisizwe Plaaslike Munisipaliteit se geïntegreerde ontwikkelingsplan (GOP).

Cradock

  • Die tak het aan AfriForum se nasionale vullisterreinouditprojek deelgeneem.
  • Die tak was op ’n hoë gereedheidsgrondslag na aanleiding van die EFF se beplande #NationalShutdown op 20 Maart.
  • Die tak het kommentaar ingedien op die Inxuba Yethemba Plaaslike Munisipaliteit se geïntegreerde ontwikkelingsplan (GOP).

Gamtoosvallei

  • Die Sondagsriviervallei- en Kirkwood-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die tak het aan AfriForum se nasionale vullisterreinouditprojek deelgeneem.
  • Die Sondagsriviervallei- en Kirkwood-buurtwag was op ’n hoë gereedheidsgrondslag na aanleiding van die EFF se beplande #NationalShutdown op 20 Maart.
  • Die tak het kommentaar ingedien op die Kouga Plaaslike Munisipaliteit se geïntegreerde ontwikkelingsplan (GOP).

Jeffreysbaai

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die buurtwag was op ’n hoë gereedheidsgrondslag na aanleiding van die EFF se beplande #NationalShutdown op 20 Maart.
  • Die tak het aan AfriForum se nasionale vullisterreinouditprojek deelgeneem.
  • Die tak het kommentaar ingedien op die Kouga Plaaslike Munisipaliteit se geïntegreerde ontwikkelingsplan (GOP).

Oos-Londen

  • Die tak was op ’n hoë gereedheidsgrondslag na aanleiding van die EFF se beplande #NationalShutdown op 20 Maart.
  • Die tak het aan AfriForum se nasionale vullisterreinouditprojek deelgeneem.

Port Elizabeth

  • Die Walker Drive- en Broadwood-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die Walker Drive- en Broadwood-buurtwag was op ’n hoë gereedheidsgrondslag na aanleiding van die EFF se #NationalShutdown op 20 Maart.
  • Die tak het aan AfriForum se nasionale vullisterreinouditprojek deelgeneem.
  • Die tak se jeugvleuel het hulle eerste aksie van die jaar gehou.
  • Die tak het kommentaar ingedien op die Nelson Mandelabaai Metropolitaanse Munisipaliteit se geïntegreerde ontwikkelingsplan (GOP).
  • Die Walker Drive-buurtwag het hulle hommeltuig gebruik om die SAPD te help met die monitering van protesaksies.
  • Die Walker Drive-buurtwag het gehelp om ’n gesteelde motorfiets terug te vind.

Uitenhage

  • Die tak was op ’n hoë gereedheidsgrondslag na aanleiding van die EFF se beplande #NationalShutdown op 20 Maart.
  • Die tak het aan AfriForum se nasionale vullisterreinouditprojek deelgeneem.
  • Die tak het aan die jaarlikse inhandiging van die GOP-kommentaar deelgeneem.

WES-KAAP

De Doorns

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.

Overstrand

  • Die Stanford- en Hemel-en-Aarde-plaaswag, asook die Alfa-, Fisherhaven- en Pearly Beach-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.

Strand

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.

Worcester

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.

Durbanville

  • Die tak het kommentaar ingedien op die Stad Kaapstad Metropolitaanse Munisipaliteit se geïntegreerde ontwikkelingsplan (GOP).
  • Hoewel die tak nog nie oor ’n buurtwag beskik nie, het taklede saam met die SAPD aan operasies en patrollies deelgeneem waartydens heelparty suksesse behaal is.

Kaapstad-Noord

  • Die Bellville-buurtwag en Philippi-plaaswag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.

Kraaifontein

  • Taklede het deurlopend aan ’n projek deelgeneem waartydens parke skoongemaak en gras gesny is.

Malmesbury

  • Die Rondeberg-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het aan AfriForum se nasionale vullisterreinouditprojek deelgeneem.

Matzikama

  • Die De Draai-, Draaihoek-, Holrivier-, Klawer-, Kleinrivier-, Koekenaap-, Lutzville-, Matzikama-, Nuwerus-, Spruitdrif-, Trawal- en Vanrhynsdorp-plaaswag, asook die Lutzville- en Vredendal-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die tak het aan AfriForum se nasionale vullisterreinouditprojek deelgeneem.
  • Die tak en verskeie ander veiligheidstrukture het die SAPD ondersteun tydens die EFF se beplande #NationalShutdown op 20 Maart.
  • Die tak het kommentaar ingedien op die Matzikama Plaaslike Munisipaliteit se geïntegreerde ontwikkelingsplan (GOP).

Weskus

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het ’n projek van stapel gestuur om die vullis rondom Langebaan se strandgebied op te tel.
  • Die tak het na die Hopefield-gemeenskap uitgereik en met hulle vergader om ’n nuwe plaaswag op Hopefield te stig.
  • Die tak het vullisterreinoudits in Langebaan en Vredenburg uitgevoer.
  • Die tak het kommentaar ingedien op die Saldanhabaai Plaaslike Munisipaliteit se geïntegreerde ontwikkelingsplan (GOP).

George

  • Die Geelhoutboom-, Outeniekwaland- en Harold-plaaswag, asook die Hoekwil-plotwag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig. 
  • Die tak het sy veiligheidstrukture gemobiliseer om die EFF se beplande #NationalShutdown op 20 Maart te monitor, terwyl hulle ook proaktief aksies geloods het ter beveiliging van hul gemeenskap.
  • Die tak se jeugvleuel het ’n vlugbalkompetisie op Hartenbos gehou.
  • Verskeie taklede het takbestuursopleiding bygewoon.

Hessekwa

  • Die Riversdal-buurtwag en Albertinia-plaaswag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die tak het sy veiligheidstrukture gemobiliseer om die EFF se beplande #NationalShutdown op 20 Maart te monitor, terwyl hulle ook proaktief aksies geloods het ter beveiliging van hul gemeenskap.
  • Verskeie taklede het takbestuursopleiding bygewoon.
  • Die tak het vullisterreinoudits in Albertinia en Riversdal uitgevoer.

Kaap Agulhas

  • Die tak het ’n trampolien aan ’n huis van veiligheid geskenk.
  • Verskeie taklede het takbestuursopleiding bygewoon.
  • Die tak het ’n plaaslike skool help beveilig deur ’n interkomstelsel met kringtelevisiekameras by hul voordeur aan te bring.
  • Die tak het ’n skenking van brandbestrydingstoerusting en tafels ontvang.
  • Die tak het aan AfriForum se nasionale vullisterreinouditprojek deelgeneem.

Knysna

  • Verskeie taklede het takbestuursopleiding bygewoon.
  • Die tak het aan AfriForum se nasionale vullisterreinouditprojek deelgeneem.
  • Die tak het gemobiliseer om die EFF se beplande #NationalShutdown op 20 Maart te monitor.

Mosselbaai

  • Die Herbertsdale- en Groter Brandwag-plaaswag, asook die Glentana- en Groot Brak-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die tak het hul veiligheidstrukture gemobiliseer om die EFF se beplande #NationalShutdown op 20 Maart te monitor, terwyl hulle ook proaktief aksies geloods het ter beveiliging van hul gemeenskap.
  • Die tak het aan AfriForum se nasionale vullisterreinouditprojek deelgeneem.
  • Verskeie taklede het takbestuursopleiding bygewoon.

Oudtshoorn

  • Die Oudtshoorn- en De Rust-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die tak het hul veiligheidstrukture gemobiliseer om die EFF se beplande #NationalShutdown op 20 Maart te monitor, terwyl hulle ook proaktief aksies geloods het ter beveiliging van hul gemeenskap.
  • Die tak het aan AfriForum se nasionale vullisterreinouditprojek deelgeneem.
  • Verskeie taklede het takbestuursopleiding bygewoon.
  • Die Oudtshoorn-buurtwag het aan ’n veiligheidsoperasie saam met munisipale wetstoepassers en sekuriteitsmaatskappye deelgeneem. Tydens die operasie is nege sluipslapers na ’n herberg vir hawelose mense verskuif.
  • Die tak se jeugvleuel het aan die George-tak se jeugvleuel se vlugbalkompetisie op Hartenbos deelgeneem.
  • Taklede het die bome in Luscombpark, Rademeyerstraat en Parkweg-Suid versorg.

Robertson

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.

Swellendam

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het hul veiligheidstrukture gemobiliseer om die EFF se beplande #NationalShutdown op 20 Maart te monitor, terwyl hulle ook proaktief aksies geloods het ter beveiliging van hul gemeenskap.
  • Verskeie taklede het takbestuursopleiding bygewoon.
  • Die buurtwag het die SAPD en lede van die munisipale verkeersafdeling genooi om buurtwagopleiding by te woon wat deur AfriForum se regs-en-risikobestuurder aangebied is.

Soortgelyke plasings