| |

Jeug maak Voetsporemonument skoon

Die AfriForum-tak in Standerton se jeugvleuel het op 26 Januarie 2020 die Voetsporemonument buite dié dorp skoongemaak.

Hierdie monument is etlike jare gelede deur die Standerton-tak “aangeneem” en die jeug maak dit gereeld skoon. Die gras om die monument is gesny en opgehark, terwyl die paadjie ook weer netjies gemaak is.

“Hierdie monument is deel van Standerton se geskiedenis en ons sal verseker dat dit behoue bly vir ons nageslag,” sê Bronwen Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Hoëveld.

Soortgelyke plasings