|

Noord van die berg-tak maak die Heldeakker-begraafplaas skoon

AfriForum se Noord van die berg-tak het op 15 April die Heldeakker-begraafplaas opgeruim. Hulle het onder meer die gras gesny, bossies uitgetrek, grafstene afgevee en rommel opgetel. Ander gemeenskapslede het ook op dié dag gehelp om die begraafplaas netjies te maak, wat bygedra het tot die sowat 150 swartsakke vol rommel en tuinvullis wat eindelik verwyder is.

Dit is algemeen bekend dat die verval van munisipaliteite landwyd meegebring het dat begraafplase nie meer skoongemaak en in stand gehou word nie. Dit is ook in talle gevalle deesdae baie onveilig vir mense om die grafte van hul oorlede geliefdes te besoek om dit self skoon te maak.

“Ons onderneem om die projek verder te vat en sal binnekort ’n opvolgprojek loods om die terrein verder op te knap,” sê Sampie Steinberg, AfriForum se distrikskoördineerder vir Groter Pretoria-Noord. “Dit is belangrik om hierdie terreine skoon en netjies te hou sodat ons geskiedenis behoue kan bly vir die volgende generasies.”

Klik hier om vandag nog by AfriForum se Noord van die berg-tak betrokke te raak.

Soortgelyke plasings