|

Kroonstad-tak help om konsentrasiekampbegraafplaas skoon te hou

Die AfriForum-tak in Kroonstad het op 28 Mei in samewerking met die Erfenisstigting, die FAK en lede van die publiek ’n skoonmaakprojek by die Anglo-Boereoorlog-konsentrasiekamp in hierdie dorp geloods.

Weens baie reëns en die terrein wat ontoeganklik was, het onkruid oorgeneem.

“Dit is noodsaaklik om historiese terreine en gebiede skoon te hou. Ons erfenis is belangrik. Sonder ’n verlede en ’n geskiedenis het ons geen identiteit nie. Ons pluk vandag die vrugte van ’n ryke verlede en moet veg om dit te behou,” sê Gabrie Grobbelaar, voorsitter van die Kroonstad-tak.

“Kroonstad het ’n ryk geskiedenis en dit moet bewaar word,” sê hy verder.

Verdere projekte om die terrein skoon te hou word beplan, en ook om byeenkomste daar te hou in samewerking met kultuur en erfenisstigtings.

Besoek gerus AfriForum se Kroonstad-tak op Facebook om betrokke te raak.

Chris Morgan, distrikskoördineerder vir die Hoogland, moedig die gemeenskap aan om by hierdie tak aan te sluit en sodoende te help bou aan ’n beter toekoms: SMS “Kroonstad” na 45344 (R1).

Soortgelyke plasings