KROONSTAD VEREIS DAADWERKLIKE OPTREDE

KROONSTAD VEREIS DAADWERKLIKE OPTREDE EN ANTWOORDE VAN MOQHAKA MUNISIPALITEIT OOR DEKADE LANGE RIOOLVLOEIPROBLEEM.

  1. Riool wat al jare lank oral uitborrel in sakegebiede, woongebiede, veld en vleie en in die Valsrivier beland.
  2. Verstopte rioollyne en pompstasies wat buite werking is.
  3. Die werklike probleem word nie hanteer en herstel nie, naamlik die rioolsuiweringswerke wat al geruime tyd nie 100% funksioneel is nie. Selfs na ’n besoek van ’n regeringsafvaardiging in September 2021 is die rioolplaasprobleem nog nie opgelos nie.
  4. Miljoene rande wat gespandeer word in pogings om die rioolplaas weer werkend te kry.
  5. Tenderprosesse wat nie volgens wet toegepas word nie en fondse wat nie beskikbaar is nie.
  6. Verplasing van die probleem deur riool van verstopte lyne te herlei sodat dit in vloedwaterafvoere en sodoende in die Valsrivier en omliggende gebiede beland.
  7. Die ekologie en die omgewing word vernietig. Visvrektes kom voor en selfs bome vrek langs die rivier.
  8. Instandhouding van noodsaaklike toerusting word nie gedoen nie. Is personeel bevoeg?
  9. Die Valsrivier, wat deur Kroonstad kronkel, word vanaf verskeie punte en woongebiede daagliks met riool gevoed, wat dan in die Vaalrivier en uiteindelik in die Oranjerivier beland. So dra Mokhaka by tot die algehele besmetting van Suid-Afrika.

Hoe lank gaan AfriForum en inwoners van Kroonstad nog met hierdie situasie kan saamleef?

Drastiese daadwerklike, werkende en blywende oplossings word geëis.

KOM, KROONSTAD, STAAN SAAM EN RED ONS MOOI DORP EN ALMAL WAT HIER WOON!

Soortgelyke plasings