|

Bethal-tak skenk kos aan tehuise

AfriForum se Bethal-tak het al gedurende Mei op twee verskillende geleenthede kos uit hul gemeenskapstuin aan die Palmoord-aftreeoord en Silwerjare Tehuis vir bejaardes in Bethal geskenk. Die spinasie wat uit dié tuin geoes en geskenk is, weeg ongeveer 100 kg.

Hierdie gemeenskapstuinprojek word deur die plaaslike AfriForum-tak onderhou en verbou tans groente en vrugte soos pampoen, kool, blomkool en aarbeie. Die tak wil die projek nog verder uitbrei om sodoende ook ander organisasies met voedsel te help.

“Hierdie projek is drie jaar terug begin en het tot ’n belangrike bate in die gemeenskap gegroei. In die moeilike finansiële tye gaan projekte soos dié noodsaaklik wees om organisasies te ondersteun,” sê Hennie Bekker, distrikskoördineerder vir AfriForum in die Hoëveld.

Soortgelyke plasings