|

Delmas Valke-buurtwag trek twee inbrekers vas

AfriForum se Delmas Valke-buurtwag het op 9 Mei twee inbrekers in samewerking met CamFX Security en ander plaaslike veiligheidsmaatskappye vasgetrek.

CamFX se beheerkamer het omstreeks 01:00 drie verdagte persone in ’n stegie agter ondernemings in die hoofstraat van Delmas opgemerk. Die Delmas Valke-buurtspan is ontbied en kon daarin slaag om twee van die verdagtes vas te trek. Hulle is op die toneel deur die Delmas-SAPD gearresteer.

Met verdere ondersoek het die Valke-buurtspan vasgestel dat die verdagtes by die PEP-winkel in Sarel Cilliersstraat ingebreek het. Die inbrekers het deur die dak toegang tot die winkel gekry en verskeie items is tydens die inbraak beskadig.

“Ons is dankbaar vir die goeie samewerking wat ons het met CamFx en ander veiligheidsmaatskappye in Delmas het. Dit help ons om ’n daadwerklike verskil in die dorp te maak,” sê Hennie Bekker, distrikskoördineerder vir die Hoëveld.

Soortgelyke plasings