|

Krugersdorp-tak bederf vroue by ouetehuise op Moedersdag

AfriForum se Krugersdorp-tak het op 13 Mei vroue by die Jack Cotton-, Pioneer- en President-ouetehuise met ’n ete en ’n geskenk bederf. Vir baie van dié vroue is dae soos hierdie moeilik en eensaam aangesien hul kinders soms ver woon. Daarom het die tak besluit om die dag vir die bejaardes spesiaal te maak. Die geskenke is gegee om al die moeders te wys dat hulle gewaardeerde lede van die gemeenskap is en dat hulle nie vergeet word nie.

“Die Krugersdorp-tak bedank diegene wat die dag met hul bydraes moontlik gemaak het, soos Angela Snyman, Karen van Karen Lambert Rekenmeesters, Neal Davis van Ouklip Slaghuis, Johan Reyneke van Mogale Gaz en Quinton Brink van Brink’s Panelbeaters. Ons bedank ook die raadslede Trudie Naude, wat toestemming gekry het om die aksie by die ouetehuise te hou, en Amy Steyn, wat dit bygewoon het. Die tak wil ook die inwoners van die betrokke ouetehuise bedank vir hul tyd en liefde,” sê Stephanus Blignault, distrikskoördineerder vir die Wes-Rand.

“Dit is belangrik dat ons ons seniorburgers wys dat hulle nog belangrik is en dat ons hul nog nodig het. Ek wil ook die bestuur, patroleerders en jeug van AfriForum se Krugersdorp-tak bedank vir hul tyd om die dag vir die vroue spesiaal te maak,” sluit Blignault af.

Klik hier om by die tak betrokke te raak en sodoende ’n verskil te maak.

Soortgelyke plasings