|

AfriForum se Rustenburg-tak eis oplossings vir voortslepende kragkwessies

Die AfriForum-tak in Rustenburg het hul regspan opdrag gegee om ’n brief aan die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika (NERSA) te rig waarin antwoorde geëis word oor voortslepende kwessies rakende elektrisiteitsvoorsiening.  Dié brief is ook op 14 Junie by die Rustenburg Plaaslike Munisipaliteit ingehandig. 

Dit volg ná die Rustenburg Plaaslike Munisipaliteit erge kragonderbrekings ervaar as gevolg van swak instandhouding van infrastruktuur. Hierdie brief is aan NERSA gerig omdat die munisipaliteit nie aan die minimum standaarde, soos deur die lisensieverskaffer se kontraktuele verpligtinge bepaal, voldoen nie.

“Die inwoners van Rustenburg het genoeg gehad van die voortgesette swak dienslewering. Dit is ’n absolute skending van ons regte en dit is onaanvaarbaar. Ons as gemeenskap staan saam en eis daadwerklike optrede,” sê Armand Viljoen, AfriForum se distrikskoördineerder vir Marico.

“Ons eis verbeterde kommunikasie, ’n doeltreffende foutaanmeldingstelsel, sowel as vinnige en betroubare hersteltyd wanneer kragonderbrekings plaasvind,” sluit Viljoen af.

AfriForum sal verdere regstappe oorweeg indien NERSA en die munisipaliteit nie hul wetlike verpligtinge nakom nie. Inwoners van Rustenburg wat moeg is vir die voortslepende probleme kan hul stem by AfriForum se petisie voeg.

Sluit by AfriForum se Rustenburg-tak aan en word deel van die oplossing. Skakel vir Dawie Conradie by 082 930 9905.

Soortgelyke plasings