Laat jou stem hoor!

Ons roep die Tswaing Plaaslike Munisipaliteit tot verantwoording oor

  1. onwettige kragverbindings;
  2. slaggate;
  3. algehele verval van die dorp a.g.v. swak bestuur;
  4. waterprobleme (pompe werk nie);
  5. straatligte en kragpale wat buite werking is;
  6. die rioolsubstasie in Proteastraat wat oorloop;
  7. die vullisterrein wat nie op standaard is nie;
  8. infrastruktuur en sportfasiliteite wat gevandaliseer word; en
  9. munisipale werkers wat laat opdaag vir werk en in die openbaar alkohol misbruik gedurende werksure.

Jy kan help om die munisipaliteit tot verantwoording te bring. Voeg jou naam by hierdie klag:

Soortgelyke plasings