|

Lees jou Forum Tydskrif nou op WhatsApp!

Die Maart-uitgawe van Forum Tydskrif is vandeesweek vir die heel eerste keer digitaal aan al AfriForum se lede gestuur! Maak daardie WhatsApp-boodskap oop. Ons wil graag weet wat jy van die formaat dink en hoe jy die tydskrif in die toekoms wil ontvang. In hierdie uitgawe fokus ons op die krag van gemeenskapsfederalisme en wat ons te doen staan in die lig van toenemende staatsverval. Ons toekoms is in ons eie hande en ons hoef nie die ANC se toestemming te vra om instellings te bou wat vir ons ’n vry, veilige en voorspoedige voortbestaan sal verseker nie. Ons hoor graag van ons lede. Kommentaar kan gestuur word na navrae@forumtydskrif.co.za. Laai die tydskrif af of  lees dit by https://forumtydskrif.co.za/29.

Soortgelyke plasings