|

Lees nou oor hoe AfriForum saamstaan en saamdoen!

Die Julie-uitgawe van Forum Tydskrif, AfriForum se ledetydskrif, het reeds by meeste van ons lede uitgekom.

Baie dankie vir die positiewe terugvoer wat ons gekry het! Dié uitgawe is midde-in die COVID-19-krisistyd saamgestel en ’n sprekende voorbeeld van hoe gemeenskappe in moeilike tye nie gaan lê nie, maar saamwerk en na mekaar uitreik.

Tydens die krisis was AfriForum in samewerking met Solidariteit Helpende Hand en die familieboernetwerk, Saai, by tientalle projekte betrokke waar kos aan behoeftige gemeenskappe uitgedeel is. Meer as 600 ton voedsel is landwyd versprei.

Die krisis het ons almal baie meer van saamstaan en saamdoen geleer. Die verwagting is dat die ekonomie nie binnekort gaan herstel nie en dat die gevolge van die pandemie nog lank met ons sal wees. Daarom veg en bou AfriForum steeds voort om gemeenskappe sterker te maak ten einde hulle in staat te stel om meer onafhanklik van die staat te word.

In die uitgawe is daar ook artikels oor hoe AfriForum die ANC-regering tydens COVID-19 gereeld in die hof gepak het rondom irrasionele regulasies wat aangekondig is asook ander hofsake wat steeds voortgaan.

Gaan lees gerus die hier tydskrif aanlyn.

Soortgelyke plasings