Maand van Selfstandigheid-veldtog: Bloemhof-tak vervang 16 verkeerstekens

 

AfriForum se Bloemhof-tak het gedurende die afgelope maand 16 nuwe toegee- en stoptekens opgerig as deel van dié burgerregte-organisasie se Maand van Selfstandigheid-veldtog, wat vandag tot ’n einde kom.

“Daar is baie verkeerstekens in die dorp wat óf weg óf versteek is, wat alle padgebruikers se veiligheid in gedrang bring. Die tak beplan om stelselmatig nóg verkeerstekens te vervang,” sê Alta Pretorius, AfriForum se streekskoördineerder vir Stellaland.
“Dis lekker om te sien dat daar inwoners is wat ander se veiligheid en die toestand van die dorp op hul harte dra. Inwoners pluk die vrugte wanneer hulle self inspring om ’n verskil te maak daar waar die munisipaliteit versuim om sy plig teenoor die gemeenskap na te kom.”

Volgens Pretorius beplan dié tak om in die toekoms talle soortgelyke aksies in Bloemhof aan te pak.

Soortgelyke plasings