|

Malema moet duisende rande se regskoste aan AfriForum betaal!

Die Konstitusionele Hof het Julius Malema en die EFF se aansoek om verlof tot appèl teen ’n interdik wat AfriForum in 2017 bekom het van die hand gewys. Hierdie interdik het Malema en die EFF verbied om mense aan te hits om private eiendom te betree en dit onwettig te beset. Malema en die EFF het in Januarie 2023 by die Hooggeregshof in Pretoria om verlof tot appèl in dié saak aansoek gedoen. Die Hooggeregshof het hul aansoek van die hand gewys en die EFF was genoop om die Konstitusionele Hof met hierdie aangeleentheid te nader.

Die Hooggeregshof het ook gelas dat Malema en die EFF AfriForum se regskoste moet betaal. Dié uitspraak het die ongrondwetlikheid van aanhitsing tot betreding van privaat eiendom en die ernstige kriminele aard van enige aanhitsing om eienaars van privaat eiendom of die reg op privaat eiendom in gevaar te stel, beklemtoon.

Willie Spies, AfriForum se regsverteenwoordiger, sê die uitspraak bevestig dat Malema en die EFF strafregtelik vervolg kan word vir aanhitsing tot grondbesetting. Wat die hooggeregshof se kostebevel in AfriForum se guns beslis, sê Spies as Malema en die EFF dit nie betaal nie, daar voortgegaan sal word om op hul bates beslag te lê.

“Die uitspraak is ’n groot oorwinning vir privaat eiendomsreg en ’n groot slag vir diegene wat misdadigheid, geweld of wetteloosheid wil aanhits,” sê Ernst van Zyl, veldtogtebeampte vir strategie en inhoud by AfriForum.

Soortgelyke plasings