|

Midbrak stig ’n AfriForum-buurtwag

AfriForum se Mosselbaai-tak het op 16 Mei ’n buurtwag in die Midbrak-gebied gestig. Hans Meiring sal dien as buurtwagleier, Martus Visagie as operasionele spanleier, Jean Lategan as inligting spanleier en Amanda Lategan as steun spanleier.

Volgens Meiring kan die beveiliging van ’n gebied nie in silos bedryf word nie en die Midbrak-buurtwag sluit hom hiermee aan by ’n netwerk van ander AfriForum-strukture. AfriForum glo daarin dat alle veiligheidsrolspelers aan ’n gemeenskaplike doel moet saam werk en vat graag hande met die groter gemeenskap van Mosselbaai en omliggende gebiede om dit te beveilig.

“Die veiligheidsuitdagings wat ons gemeenskappe deesdae in die gesig staar vereis dat ’n buurtwaglid toegerus is met die nodige kennis om met selfvertroue op te tree en goeie besluitneming aan die dag te kan lê. Ons het ’n uitgebreide opleidingsprogram en sal dus spoedig daarmee afskop,” sê David Olivier, AfriForum se veiligheidspesialis vir die suidstreek.

Raak vandag by AfriForum se veiligheidstrukture betrokke. Klik hier om aan te sluit.

Soortgelyke plasings