
SLUIT AAN BY JOU NAASTE BUURTWAG
Die waarde van buurtwagte is al oor en oor bewys, veral wanneer hulle saam met ander veiligheidstrukture soos gemeenskapspolisiëringsforums (GPF’s) en die SAPD werk.
AfriForum het reeds meer as 168 buurtwagte reg oor die land op die been gebring en die teenwoordigheid van dié buurtwagte lei gereeld tot beter veiligheid, die voorkoming van misdaad en die aankeer van verdagte persone.
Alle buurtwaglede word deeglik opgelei om hulle van hul regte en verantwoordelikhede in te lig, terwyl hulle ook opleiding in selfbeskerming en radiogebruik ontvang.
"*" indicates required fields
WAAR IS JOU NAASTE BUURTWAG?
AfriForum het landwyd 166 veiligheidstrukture en meer as 10 000 vrywilligers wat ’n reuserol speel om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
Limpopo
Mpumalanga
Gauteng
Noordwes
Vrystaat
KwaZulu-Natal
Oos-Kaap
Noord-Kaap
Wes-Kaap
BUURTWAGSTATISTIEKE
GRENSWAG
AfriForum het ’n nuwe projek van stapel gestuur wat ten doel het om Suid-Afrika se grense te beveilig.
Die Grenswag Inisiatief fokus daarop om AfriForum se veiligheidstrukture in grensgebiede reg oor die land te versterk en te ondersteun. Verskeie individue en organisasies het reeds aangedui dat hulle graag toerusting sal wil borg vir die buurt- en plaaswagte in grensgebiede.
Open Borders, ’n dokumentêr wat AfriForum vervaardig het, ontbloot die absolute gebrek aan grensbeheer op Suid-Afrika se grens met Zimbabwe en ondersoek die vlaag misdaad wat dit tot gevolg het.
Jy kan help.
Sitrap:
AfriForum se strukture kan jou ingelig hou d.m.v. ‘n SITRAP wat per WhatsApp gestuur word tydens onluste.
Vul jou besonderhede hier in om op hoogte te bly:
"*" indicates required fields