| |

MISDADIGERS WAT DEUR BUURTWAGLEDE EN POLISIE IN HEGTENIS GENEEM IS, WORD GEVONNIS

Lede van die AfriForum-buurtwag in Potgietersrus het die polisie verlede jaar gehelp om twee motordiewe in hegtenis te neem. Die diewe is op 4 Maart in die Potgietersrus Landdroshof tot sewe jaar tronkstraf gevonnis.

Die inhegtenisname het gevolg nadat die diewe ’n voertuig gesteel het en weggejaag het vir die polisie en die buurtwag. Die gesteelde voertuig het egter gerol op die R101-pad tussen Pietersburg en Naboomspruit.

Hennie de Vos, voorsitter van AfriForum se Potgietersrus-tak, het sy waardering uitgespreek oor die wyse waarop hierdie saak afgeloop het. “Die buurtwaglede maak baie opofferinge vir die gemeenskap en dit is ’n beloning as ’n saak soos hierdie van begin tot einde suksesvol deurgesien word. Ons is dankbaar vir die samewerking tussen alle betrokke partye.”

“AfriForum se buurtwagte is uniek. Nie net ontvang buurtwaglede self regsbystand vanaf AfriForum vir enige optrede wat binne die raamwerk van die wet is nie, maar daar word ook van lede verwag om 16 opleidingsmodules te voltooi, waaronder die prosedure rondom inhegtenisname en die hantering van tonele ingesluit is. Dit vestig ’n landswye standaard vir buurtwagte wat gedissiplineerd en bekwaam is om ondersteuning te lewer aan die polisie en gemeenskappe te help beveilig.”

Lees die vorige mediaverklaring hier: https://afriforum.co.za/afriforum-buurtwag-in-potgietersrus-help-om-voertuigdief-vas-te-trek/

Om betrokke te raak by die AfriForum-tak in Potgietersrus, laai die Telegram-toep af en soek vir @AfriForumBuurtBot (https://t.me/AfriForumBuurtBot).

Soortgelyke plasings