|

Mooirivier-buurtwagte hou hul gemeenskappe veilig in Augustus

Die AfriForum-buurtwagte in Mooirivier het in samewerking met die SAPD en ander veiligheidsinstansies hul onderskeie omgewings in Augustus beveilig. Daar is meer as 600 patrollies deur die volgende buurtwagte gery: Sasolburg, Hartbeesfontein-buurt- en plaaswag, Potchefstroom, Songloed (Klerksdorp), Orkney en Stilfontein.

In Sasolburg is daar ’n oorgrenspatrollie gehou. Die Hartbeesfontein-plaaswag was betrokke by die opsporing van ’n verdagte voertuig en die arrestasie van kabel- en veediewe. In Potchefstroom het die buurtwag ’n sigbaarheidspatrollie gehou, asook in die landelike gebiede. Die Stilfontein-buurtwag het die SAPD bygestaan by ongelukstonele en inbrake.

Die Hartbeesfontein-buurtwag het die SAPD gehelp om verkeer te reguleer tydens ongelukke, het die gemeenskap tydens talle brande bygestaan, ’n arrestasie vir betreding uitgevoer en eiendom teruggevind wat tydens ’n huisbraak gesteel is. Die Songloed-buurtwag het hulp verleen tydens ’n voorval van huisgeweld. Die Orkney-buurtwag het ’n sigbaarheidspatrollie gehou, ’n inbreker gearresteer en ’n brand by ’n kragstasie onder beheer gebring. Die Bothaville-buurtwag is geskok deur die skielike afsterwe van hul buurtwagleier, Gawie Pretorius. Die buurtwag het as laaste eerbetoon aan Pretorius ’n witligpatrollie deur die dorp gehou, waaraan ongeveer 70 voertuie en meer as 300 mense deelgeneem het.

“Die Mooirivier-buurtwagte doen uitstekende werk in hul onderskeie gemeenskappe om die inwoners veilig te hou. Daar is vandag ook geen twyfel daaraan dat ’n mens na jou eie veiligheid moet omsien nie. Indien jy nog nie betrokke is by ’n buurtwag nie, stel ek voor dat jy onverwyld betrokke raak,” sê Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir Mooirivier.

Raak vandag nog by AfriForum se buurtwagte betrokke. Jy kan help om jóú omgewing te beveilig: SMS “Buurtwag” na 45353 (R1).

Soortgelyke plasings