|

Moreletapark-tak skep volhoubare tuinprojek by kleuterskool

Die AfriForum-tak in Moreletapark het op 22 Julie by Kleuterskool Doring en Rosie ’n volhoubare groentetuin gevestig.

Die tak het vier groot groentebokse gemaak waarin onder meer spinasie, blaarslaai en bruin uie geplant is. Die kleuterskool gaan hierdie tuin onderhou en die groente vir hul etes gebruik.

“Hierdie projek is op die beginsel gegrond om kinders te leer om vis te vang eerder as om net vir hulle ’n vis in die hand te stop. Voedsel moet op ’n volhoubare en selfstandige wyse verbou word om mense in tye van nood te help,” sê Arno Venter, sekretaris van AfriForum se Moreletapark-tak.

“Die gemeenskap het werklik hande gevat om ’n sukses van hierdie volhoubare projek te maak. Baie dankie aan almal wat hierdie projek moontlik gemaak het. Ek wil die gemeenskap uitnooi om betrokke te raak by AfriForum se Moreletapark-tak en ander aksies wat die omgewing verhef,” sê Sampie Steinberg, distrikskoördineerder vir die Groter Pretoria-Noord.

Raak vandag nog by AfriForum se Moreletapark-tak betrokke: Besoek www.wordlid.co.za.

Soortgelyke plasings