|

Mpumalanga-buurtwagte ontvang opleiding

AfriForum se buurtwagte in Mpumalanga het op 23 April ’n opleidingsdag in Middelburg bygewoon wat uit drie verskillende modules bestaan het.

Die eerste module is regs-en-risiko-opleiding en het ten doel om buurtwaglede met kennis te bemagtig oor hoe om korrek en volgens die wet op te tree.

Die tweede module het gehandel oor toneelhantering omdat buurtwaglede op verskillende situasies reageer en soms help om tonele te beveilig en bewyse te bewaar.

“Buurtwaglede is soms die eerste persone op ’n toneel en moet verseker dat soveel moontlik bewyse behoue bly sodat ’n ondersoek suksesvol afgehandel kan word,” sê Arlo Van Heerden, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Laeveld.

Die derde module het gefokus op gebeurliksheidsbeplanning. Hierdie opleiding help buurtwagte om voor te berei vir verskillende situasies soos onluste en voertuigdiefstal.

“Gebeurlikheidsbeplanning help ons buurtwagte om onmiddellik suksesvolle en effektiewe optredes te loods saam met die nodige rolspelers,” sê Hennie Bekker, AfriForum se distrikskoördineerder in die Hoëveld.

Soortgelyke plasings