|

Mpumalanga-vullisterreine in haglike toestand

AfriForum het vanjaar 135 vullisterreine landwyd geoudit as deel van die organisasie se nasionale projek om die gehalte van vullisterreine in Suid-Afrika te meet.

Geen Mpumalanga-vullisterrein wat geoudit is, het aan die nasionale standaarde voldoen nie. Kragtens toepaslike wetgewing en regulasies, waaronder die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur: Vullis (Wet no. 59 van 2008), moet ’n vullisterrein aan bepaalde vereistes voldoen.

Só vergelyk die vullisterreine in Mpumalanga:

Naam van tak/vullisterrein Munisipaliteit/ verantwoordelike instelling Lisensienommer Nakomingstelling (%)
Mpumalanga: 2015 2016 2017 2018 2019 2020
Amersfoort Dr. Pixley Ka Isaka Seme PM 6
Barberton Mbombela PM B33/2/10960/P131 46
Belfast Emakhazeni PM 12/9/11/P95 8 10 14 41 48
Breyten Msukaligwa PM 0
Bethal Govan Mbeki PM 17/4/WL/MP/307/13/02 72 12 17 11 10 5
Carolina Albert Luthuli PM 0 4 0
Delmas Victor Khanye PM B33/2/220/9/P218 48 24 14 6 12 30
Dullstroom Emakhazeni PM 12 2 0 4 0
Ermelo Msukaligwa PM 16/2/7/C112/D1/Z1/P427 84 52 42 18 2 18
Evander Govan Mbeki PM 0 0 6
Kinross Govan Mbeki PM 17/4/WL/MP/307/15/01 6 6 6 4
Leandra Govan Mbeki PM 20 6 6
Lydenburg Thaba Chweu PM 56 12 35 36 33 10
Machadodorp Emakhazeni PM 16 16 6 3 10 6
Morgenzon Lekwa PM 1 1 0 0
Middelburg Steve Tshwete PM 16/2/7/B10/D33/Z1/P412 36 95 28 58
Nelspruit Mbombela PM 12/9/11/P5 64 80 74
Piet Retief Mkhondo PM 40 68 57 39 12 48
Secunda Govan Mbeki PM 17/4/WL/MP/307/13/01   76 42 19 24 10
Standerton Lekwa PM 17/4/A18/MP305/10/01 24 32 26 14 0 18
Volksrust Dr. Pixley Ka Isaka Seme PM 16 2 16
Witbank Emalahleni PM B33/2/210/32/P136 68 64 47 30 60 34
Witrivier-oorlaaistasi Mbombela PM 74 80 80

Die oudit bestaan uit ’n lys van 33 vrae wat die minimum vereistes vir vullisterreine in Suid-Afrika meet en sluit faktore soos toegangsbeheer, brande, mediese afval, omheining, rehabilitasie en dies meer in. ’n Vullisterrein moet minstens 80% behaal om aan wetgewing te voldoen.

Volgens Bronwen Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Hoëveld, is al die vullisterreine in dié provinsie in ’n haglike toestand, wat  hoofsaaklik toegeskryf word aan ’n tekort aan verantwoordbaarheid by munisipaliteite.

Pretorius sê voorts die algemeenste probleme wat AfriForum tydens die oudit ondervind het, is onder meer die afwesigheid van afvalbestuurslisensies en die algehele wanbestuur van die terreine.

AfriForum-takke sal ook druk op owerhede in hul gebiede plaas om afvalmoniteringskomitees te stig om die afvalbestuursproses te verbeter. Dié komitees sal bestaan uit munisipaliteite en belanghebbende partye wat vullisbestuur in die betrokke dorp wil verbeter. AfriForum gaan ook ná afloop van die projek ’n vergadering met Barbara Creecy, Minister van Omgewingsake, belê om terreine te identifiseer sodat dit herstel en weer op peil gebring kan word.

Die ouditverslag sal ook aan die Groen Skerpioene oorhandig word vir verdere ondersoek en optrede teen munisipaliteite wat nie aan die vereistes voldoen nie. AfriForum sal die proses deurlopend moniteer om te verseker dat die vullisterreine se standaard genoegsaam verbeter.

  • Lees die volledige verslag hier.

Soortgelyke plasings