|

#MyMaatskappyIsMyne

Keer dat die regering jou maatskappy beheer!

  1. Die Kommissie vir Maatskappye en Intellektuele Eiendom (CIPC) sal die maatskappy-aandeleregisters aan enige persoon beskikbaar kan stel “soos voorgeskryf”. Boonop gaan daar ook ’n openbare register van aandeelhouers in alle geregistreerde maatskappye gehou word. Dit maak die deur oop vir meer regeringsinmenging in die besit van maatskappye.
  1. Ingevolge die voorgestelde wysiging sal die Maatskappyetribunaal die bevoegdheid hê om sake oor breëbasis- swart ekonomiese bemagtiging (BBSEB) aan te hoor wat vanaf die BBSEB-kommissie verwys word. Die Maatskappyetribunaal sal BBSEB dus meer bindend en verpligtend kan maak. Dit is ’n kommerwekkende gevolg.
  1. Maatskappye sal verplig word om aan te dui wie hul grootste salarisverdieners is, die kleinste, die gemiddelde salaris asook die gaping tussen die boonste en onderste 5%.

AfriForum gaan kommentaar teen hierdie wysigingswet indien om jou maatskappy te beskerm. Jy kan help.

  1. Teken die petisie hier onder.
  2. Sluit by AfriForum Sakenetwerk aan deur jou sakeonderneming gratis by www.afriforumsakenetwerk.co.za te lys.

Soortgelyke plasings