|

Veiligheidskameras help om verdagte voertuig en gesteelde goedere op te spoor

AfriForum se Malalane-buurtwag het op 30 September 2021 bygedra tot die suksesvolle opsporing van ’n verdagte voertuig en gesteelde goedere nadat dié buurtwag se veiligheidskameras gebruik is om dié voertuig op te spoor. Die organisasie se Malalane-buurtwag het dié kameras op 9 September 2021 in samewerking met Nkomazi Security Solutions opgerig.

Kort nadat daar by ’n huis ingebreek is, is ’n verdagte voertuig op die kamerabeeldmateriaal van die huis langsaan opgemerk. Inligting oor die verdagte voertuig is aan Nkomazi Security Solutions se beheerkamer deurgegee en die voertuig is op die kameras gesoek. Die inligting is met speurders gedeel en die SAPD in Malalane het die voertuig en gesteelde goedere ter waarde van ongeveer R60 000 opgespoor.

“Hierdie sukses wys hoe belangrik die kameraprojek is en ons gaan ons kameranetwerk in Malalane binnekort vergroot,” sê Alwin Carstens, leier van AfriForum se Malalane-buurtwag.

Raak vandag nog deel van AfriForum se Malalane-buurtwag: SMS “Malalane” na 45340 (R1).

Soortgelyke plasings