|

Nog geen verhoordatum byna twee jaar ná arrestasie vir eenvoudigde veediefstalsaak

Die nimmereindigende mislukking van die strafregstelsel verras AfriForum se privaatvervolgingseenheid nog steeds. Ná bykans twee jaar, 10 uitstelle en skrapping van die saak is daar steeds nie ’n verhoordatum vasgestel in die eenvoudige saak van veediefstal nie. Ikogomotseng Molefe en Manang Bopalale word daarvan aangekla dat hulle ’n trofee njala-bul ter waarde van nagenoeg R12 000 gestroop het.

Ná ’n vlugtige verskyning in die Swartruggens-landdroshof is die saak teen die twee beskuldigdes uitgestel tot 18 Oktober 2023. Die rede hierdie keer is dat die prokureur van die beskuldigdes kraamverlof neem en ’n nuwe prokureur aangestel sal moet word. Dit kan net nóg verdere vertragings in die afhandeling van hierdie saak beteken. Dit is ook nie die eerste keer dat die beskuldigdes van verdigingspan verander nie.

Die polisie het die twee beskuldigdes op 26 September 2021 in hegtenis geneem terwyl hulle in besit was van ’n afgeslagte njala-karkas. Die privaatvervolgingseenheid het die klaer Charl Visser bygestaan, met die eerste van sy soort DNS analise, wat eienaarskap van die oorskot bevestig het. Ten spyte van hierdie oortuigende bewyse, blyk dit dat die saak skynbaar vir ewig uitgestel gaan word.

In Julie verlede jaar is die saak van die rol geskrap omdat die ondersoek nie afgehandel is nie en die landdros verdere uitstel geweier het.

Destyds, toe die eenheid met die ondersoekbeampte AO Motlhajwe opgevolg het, het hy die skuld op die kantoor van die Direkteur van Openbare Vervolging (DOV) gepak en beweer dat die DOV in besit van die dossier was.

In dié brief het adv. Gerrie Nel, hoof van AfriForum se privaatvervolgingseenheid gesê: “We are not satisfied that the investigating officer is serious about his work. His protracted failure to complete the investigation has set free suspects who should be in court facing a criminal trial on very serious offences.”

Nel het verder die bestuur van die polisie ondersoek eenheid gekritiseer en gesê dat die swak stand van sake op die bestuur van die eenheid reflekteer.

Barry Bateman, woordvoerder van die eenheid sê dat die regsbeginsel, geregtigheid vertraag is geregtigheid ontneem , gepas is. “Dit is as gevolg van onnodige vertragings soos hierdie dat geregtigheid altyd buite bereik is. Dit vererger die voorkoms van misdade van veediefstal en stropery in landelike gebiede.

“As ondersoekers en aanklaers hul werk reg gedoen het en verseker het dat daar aanspreeklikheid is, sou daar minder gevalle van sulke misdade wees aangesien dit die vertroue in die regsisteem sal herstel,” sê Bateman.

Soortgelyke plasings