|

Nuwe tuinspan begin Emalahleni op te knap

AfriForum se Witbank-tak het gedurende die week van 6-9 Maart die nuwe tuinspan in Emalahleni in die werk gesteek.

Dié tuinspan gaan deur die tak ingespan word om verskeie areas in die dorp op te ruim en skoon te maak. Die span bestaan tans slegs uit twee individue maar sal uitbrei soos die projek ontwikkel. Nuwe toerusting onder meer twee bossiekappers en ’n kettingsaag is vir die projek aangeskaf.

Die eerste projek, waar die lede sowel as verskeie mense uit die gemeenskap by betrokke is, fokus op Woltemadestraat. Die tak het reeds ’n stootskraper gehuur om die terrein gelyk te stoot en die span het oorgroeide bosse afgesny en verwyder. Hierdie stuk veld in Woltemadestraat is deur ’n menigte sluipslapers as slaapplek gebruik, wat misdaad in die omgewing verhoog het.

“Die span gaan ’n daadwerklike verskil in Emalahleni maak en help om die agteruitgang van die dorp stop te sit,” sê Alfred Friess, voorsitter van AfriForum se Witbank-tak.

Sluit vandag nog by AfriForum se Witbank-tak aan: SMS “Witbank” na 45340 (R1).

Soortgelyke plasings