|

Wes-Moot-tak blus huisbrand

AfriForum se Wes-Moot-tak het op 11 Oktober ’n huisbrand in Sarellaan in Mountain View geblus.

Dié tak se brandspan het die brandweer met die beveiliging van die toneel bygestaan sowel as die brandbestryding self. Groot gedeeltes van die motorhuis is in die brand beskadig maar met vinnige optrede deur die publiek, die tak se brandspan en die plaaslike brandweer is verdere groot skade aan die huis voorkom.

“Die Wes-Moot-tak het weereens bewys dat hulle ’n belangrike en relevante rol in die gemeenskap speel. Die omgewing is bevoorreg om hierdie span vrywilligers te hê wat na die gemeenskap se welstand omsien,” sê Sampie Steinberg, distrikskoördineerder vir Groter Pretoria-Noord.

Sluit gerus vandag nog aan en SMS “Wes-Moot” na 45340 (R1).

Soortgelyke plasings