|

Nuwe hommeltuig vir Middelburg-buurtwag om dorp te beskerm

AfriForum se Middelburg-buurtwag het op 9 Maart ’n nuwe hommeltuig aangekoop wat sal help om die gemeenskap te beveilig. Die hommeltuig kan tydens patrollies ingespan word, asook gedurende beveiligingsprojekte om die SAPD tydens onluste te help en om soek-en-reddingsaksies te doen.

Hierdie hommeltuig vorm deel van ’n verskeidenheid van toerusting, waaronder koeëlvastebaadjies, glimbaadjies en flitse, wat AfriForum-buurtwagte van gebruikmaak in ’n poging om hul omgewings te beveilig.

Forum Sekuriteit het ook opleiding aan AfriForum se hommeltuigvlieëniers aangebied sodat hulle wetlik met hierdie tuig hulp kan bied.

“Hierdie toerusting bemagtig ons om ons dorp beter te beskerm en ons gaan daadwerklik ’n verskil in die gemeenskap maak,” sê Mark Salzwedel, leier van die Middelburg-buurtwag.

Sluit vandag by AfriForum se Middelburg-tak aan: SMS “Middelburg” na 45340 (R1).

Soortgelyke plasings