Onwettige storting en plakkers

AfriForum eis dat die Tshwane Metro sy verpligtinge nakom en die stortingsterrein in Daan De Wet Nelstraat, Dorandia weer op standaard kry, en ook onwettige plakkers daar verwyder. Hierdie is ’n groot kopseer vir inwoners van Pretoria-Noord en dit begin gesondheidsrisiko’s en groot implikasies vir die gemeenskap inhou.

  1. Probleem: Onwettige storting en plakkers langs die stortingsterrein in Daan de Wet Nelstraat.
  2. Oorsaak: Die Tshwane Metro verwyder nie vullis vanaf die stortingsterrein nie, dus stort die gemeenskap vullis onwettig langs die stortingsterrein

AfriForum se Noord van die berg-tak wil druk toepas op die Tshwane Metro om die stortingsterrein in stand te hou en oop te maak vir die publiek om hulle vullis daar te stort sodat daar nie meer onwettige storting plaasvind nie, en om onwettige plakkers te verwyder.

AfriForum se Noord van die berg-tak kort inwoners van Pretoria-Noord se ondersteuning om hierdie probleem aan te spreek. Voltooi asseblief die petisie.

Die Tshwane Metro moet sy mandaat nakom, die terrein op standaard kry en die onwettige plakkers verwyder.

"*" indicates required fields

Naam en van*
This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Soortgelyke plasings