|

Oos-Rand-buurtwagte reageer op 25 voorvalle tydens nasionale patrollie

Die AfriForum-buurtwagte aan die Oos-Rand het op 19 April aan dié organisasie se nasionale massapatrollie deelgeneem en op 25 voorvalle in samewerking met die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) en private sekuriteitsmaatskappye gereageer. AfriForum se buurtwagte in Alberton, Benoni, Boksburg, Brakpan, Edenvale, Germiston, Kemptonpark en Springs was sigbaar tydens die patrollie. Die patrollie het om 20:00 die aand begin en tot 07:00 die volgende oggend geduur.

Een honderd en vyftien AfriForum-buurtwaglede in 96 voertuie, sowel as private sekuriteitsmaatskappye, mediese vennote en ander veiligheidsorganisasies het aan dié patrollie deelgeneem waartydens meer as 8 435 km afgelê is.

“AfriForum voer hierdie nasionale patrollies uit om sigbaarheid te verhoog. Dit bewerkstellig en verbeter ook effektiewe samewerking tussen AfriForum-buurtwagte, die SAPD, private sekuriteitsmaatskappye en ander veiligheidstrukture wat uiters belangrik is vir die gemeenskap se veiligheid,” sê Jurie Ferreira, distrikskoördineerder vir AfriForum aan die Oos-Rand.

“Ek wil graag elke rolspeler en vennoot bedank wat betrokke was om van hierdie patrollie ’n sukses te maak, sowel as elke patrollielid vir hulle bereidwilligheid om hul tyd op te offer om die gebiede in die Oos-Rand te beveilig,” sluit Ferreira af.

Kontak jou naaste tak om ’n verskil maak of sluit aan by www.wordlid.co.za.

Soortgelyke plasings