| | |

Pampoene skep hoop in Bethal-gemeenskap

AfriForum se Bethal-tak het gehelp om pampoene vir die dorp se sopkombuis te oes wat ’n boer van die omgewing geskenk het nadat hy besef het die oes is nie groot genoeg om winsgewend mark toe te neem nie.

Lede van die tak het die eerste vrag pampoene op die land gaan oes en die pampoene het ’n groot hupstoot aan kosvoorrade gegee. Diegene betrokke by die Bethal-sopkombuis is daarna ingespan om ’n groot gedeelte van die oes te verwyder.

Ongeveer vier bakkievragte pampoene is tot dusver geoes en daar is steeds pampoene oor wat gepluk moet word. Van die pampoene is ook aan behoeftige gesinne in Morgenzon en Hendrina geskenk. ’n Bakkievrag van die pampoene is na Solidariteit Helpende Hand se Josef Silo in Witbank geneem en geruil vir koekmeel, brood en piesangs wat na die sopkombuis geneem is.

“Hierdie geskenkte pampoene is weer eens ’n bewys dat gemeenskappe kan saamstaan en dat selfs ’n misoes van waarde is vir mense wat in nood verkeer,” sê Hennie Bekker, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Laeveld.

Nóg ’n boer van die omgewing het ook intussen pampoene geskenk en dit sal na Helpende Hand geneem word om aan behoeftige mense te versprei.

Indien inwoners in die omgewing enige voedselskenkings wil maak, kan hulle Hennie Bekker by 081 217 6091 skakel.

Saam is ons sterker. Help ons om ander te help: SMS “Bethal” na 45350 (R1).

Soortgelyke plasings