water
|

Piet Retief-tak help met instandhouding van waterpompe

AfriForum se Piet Retief-tak het op 6 Februarie die Mkhondo Plaaslike Munisipaliteit gehelp met die instandhoudingswerk van die dorp se waterpompe.

Piet Retief se water pompe is gesetel in die Assegaairivier en die hele dorp se water word deur dié pompe gelewer. Hierdie pompe se inlate is beskerm met ’n staal sif wat verhoed dat daar enige rommel of takke in die pompe ingaan. Hierdie sif moet gereeld skoongemaak word maar is in die laaste tien jaar byna glad nie skoongemaak nie. Wanneer die siwwe ’n blokkasie het verhoed dit dat genoegsame water deur die pompe gesuig word wat veroorsaak dat die waternetwerk onder erge druk verkeer.

AfriForum se Piet Retief-tak het die dienste van Delta One Rescue Diving ingeroep om te help met die taak aangesien die sif onderwater is. Tydens hierdie projek – wat ongeveer vier ure geneem het – is daar vasgestel dat die rame só geroes het dat dit nie meer moontlik is om dit in een stuk uit die water te kry nie. Daarom het die duikspan die siwwe net skoongemaak terwyl nuwe siwwe aangeskaf gaan word om die ou siwwe heeltemal te vervang.

“Hierdie AfriForum-tak is alreeds besig met die proses om nuwe siwwe aan te skaf en hoop dat dit sal help om die dorp se water krisis te verlig,” sê Louis Malan, voorsitter van AfriForum se Piet Retief-tak.

Sluit vandag nog aan by die Piet Retief-tak, SMS “Piet Retief” na 45340 (R1)

Soortgelyke plasings