| |

Wes-Moot-tak se LPR-kameras lei tot arrestasie

AfriForum se Wes-Moot-tak het op 8 Februarie LPR-kameras, wat van kunsmatige intelligensie gebruikmaak om nommerplate te ontleed, aan verskeie databasisse gekoppel. Binne die eerste uur nadat die kameras aktief was, is vier verdagte voertuie positiewe geïdentifiseer en ’n arrestasie is gemaak. Op 9 Februarie is daar nog twee verdagte voertuie positief nagespoor en die inligting is aan die plaaslike polisie deurgegee.

Hierdie kameras is die eerste van twee LPR-kameras wat as deel van ’n kameraprojek oor groot gedeeltes van die Wes-Moot-area geïnstalleer is. Tans kan die kameras slegs een baan se verkeer moniteer, maar die tak beplan om in die toekoms genoeg kameras te installeer om al vier bane te moniteer.

“Hierdie projek is uiters belangrik vir ons gemeenskap en dit is net een van vele maniere waarop AfriForum-buurtwagte misdaad help bekamp,” se Sampie Steinberg, distrikskoördineerder vir die Groter Pretoria-Noord.

Sluit met ’n maandelikse vrywillige bydrae aan: SMS “Wes-Moot” na 45340 (R1).

Soortgelyke plasings