|

Pietersburg-buurtwag hou trolliepatrollie

AfriForum se Pietersburg-buurtwag het op 25 April saam met ander buurtwagte in die area ’n trolliepatrollie uitgevoer terwyl vullistrokke sakke vol rommel by huishoudings opgelaai het.

Dié aksie behels die inspeksie van die waentjies en trollies van diegene wat voor die tyd deur die vullis in munisipale asblikke sif. Verdagte items soos koperkabels en wapens word gekonfiskeer en, indien nodig, word die verdagte gearresteer. 

Die trollies wat aan ’n bepaalde winkelgroep behoort word ook gekonfiskeer en na ’n sentrale punt geneem waar die betrokke winkels hul trollies kan kom afhaal.

Hierdie inisiatief gaan elke maand in ’n ander buurt uitgevoer word om sodoende buurte onderskeidelik te help.

“Deur hierdie trolliepatrollie poog AfriForum om ons buurte meer veilig en skoon te maak. Ons wil booswigte afskrik en wys dat ons gemeenskap saamstaan,” sê Cee-J van der Walt, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Soutpansberg.

Die buurtwag moedig die gemeenskap aan om by soortgelyke projekte betrokke te raak en sodoende ’n daadwerklike verskil te maak. Klik hier vir meer inligting.

Soortgelyke plasings