|

Pionier-tak hou aftree-oord se koskaste vol

AfriForum se Pionier-tak het nie-bederfbare voedsel en gevriesde vleisprodukte aan die Beterskap Aftree-oord geskenk. Dié skenking sluit onder meer pastas, koffie, mieliemeel, skoonmaakmiddels, hoender en maalvleis in.

Volgens Dewet Ungerer, AfriForum se distrikskoördineerder vir Groter Pretoria-Suid, is AfriForum se strukture altyd gereed om te help in tye van nood. “Ons kan nie net arms gevou sit terwyl mense in ’n aftree-oord bekommerd is oor waar hulle volgende bord kos vandaan gaan kom nie. Sover as wat dit vir ons moontlik is sal ons hulp aanbied.”

Ungerer voeg by dat dit verblydend is om te sien watse verskil bydraes uit die gemeenskap in hierdie mense se lewens maak.

Om aan te sluit by die Pionier-tak en hul projekte te ondersteun besoek www.wordlid.co.za.

Soortgelyke plasings