|

Potchefstroom-buurtwag bied skietopleiding aan

Die AfriForum-buurtwag in Potchefstroom het op 1 Oktober ’n skietdag vir patrollielede en hul gades aangebied. Daar is voorsiening gemaak vir groentjies wat vir die eerste keer geskiet het sowel as vir gesoute skuts. Altesaam 27 lede, wat ook kinders insluit, het aan die dag deelgeneem.

Die baan was baie goed uitgelê en die groentjies is deur Peet Pretorius, die buurtwag se eie gekwalifiseerde baanbeampte, gewys hoe om ’n vuurwapen te hanteer. Veiligheid is deurentyd gehandhaaf; hulle is geleer hoe om patrone in die magasyn te laai, hoe om die vuurwapen af te vuur en hoe om die wapen veilig te maak nadat die sneller getrek is.

Vir die meer gevorderde lede was daar ’n baan met teikens wat hulle moes skiet en hulle moes ook die magasyn tussendeur ruil. Die groot uitdaging het egter gekom toe dit donker geword het en die lede met flitse na die teikens moes skiet. Elkeen wat die dag bygewoon het, het dit baie geniet en ook baie geleer, asook die gesoute skuts. Die buurtwag bedank Pretorius en Riaan Blignaut vir die reëlings van hierdie suksesvolle dag.

“Dit is baie belangrik dat buurtwagte skietopleiding aan hulle lede bied en daarom is ek baie dank aan Potchefstroom se AfriForum-buurtwag verskuldig vir hierdie inisiatief. Ek glo dit is die eerste van baie sulke dae,” sê Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir Mooirivier.

Raak by Potchefstroom se AfriForum-buurtwag betrokke en help om jou omgewing veilig te hou. Kontak vir Cornelia Blignaut by 073 390 4133 om aan te sluit.

Soortgelyke plasings