|

Noord van die berg-tak se tuinspan woeker voort

AfriForum se Noord van die berg-tak se tuinspan se hande staan vir niks verkeerd nie. Hulle het die laaste week in September hard in Pretoria-Noord gewoeker.

Dié span het meer as 200 swartsakke se vullis opgetel en verwyder. Die volgende areas is skoongemaak: Pretoria-Noord se stadsaal in Emily Hobhousestraat, Suur Klapper-park, Monumentpoort-park in President Steynstraat, die Jackson van Zyl-park in Francoisstraat, die park in Theresapark in Bokmakieriestraat asook Wolmer-park.

Daar is ’n muur in Daan de Wet Nel-rylaan en Rachel de Beerstraat oorgeverf en die begraafplaas  in Heatherdale is ook skoongemaak.

“Ons moedig die Pretoria-Noord-gemeenskap aan om aktief by dié tak se projekte soos hierdie een betrokke te raak. Ons het weereens bewys dat proaktiewe optrede tesame met volhoubare projekte wel ’n oplossing bied om misdadigers die gebied te ontsê. Ons is dankbaar vir elke AfriForum-lid vir hulle bydraes om projekte soos hierdie moontlik te maak,” sê Sampie Steinberg, distrikskoördineerder vir Groter Pretoria-Noord.

AfriForum se Noord van die berg-tak doen ’n beroep op die gemeenskap om betrokke te raak. Die gemeenskap kan aktief betrokke raak en/of donasies maak in ’n poging om die noorde van Pretoria weer netjies te kry.

Om by die projekte of die tak betrokke te raak, kontak Quentin Meyer by 082 304 8985 en sluit met ’n maandelikse vrywillige bydrag aan of SMS “Noord van die berg” na 45340 (R1).

Soortgelyke plasings