|

Rustenburg se strate opgeknap danksy #MyWoonbuurt-kompetisie

Die AfriForum-tak in Rustenburg het Manuka- en Kremetartlaan geteiken vir verbetering as deel van die organisasie se #MyWoonbuurt-kompetisie. Die projek het vanaf 5 April tot 4 Mei plaasgevind en het die sny van 0,65 hektaar se bosse en riete in die gebied behels. Die gemeenskap het hierdie area as ’n belangrike fokuspunt vir die projek gekies.

“Ons glo dat deur saam te werk, ons ’n skoner, gesonder en meer aangename omgewing vir ons gemeenskap kan skep. Ons is trots daarop om deel van hierdie projek te wees en wil almal aanmoedig om betrokke te raak en saam te werk om ons gemeenskap te verbeter,” sê Armand Viljoen, AfriForum se distrikskoördineerder vir Marico.

Die #MyWoonbuurt-kompetisie is ’n fantastiese geleentheid vir gemeenskappe om saam te werk om ’n omgewing te skep wat almal kan geniet. AfriForum se Rustenburg-tak nooi alle belangstellendes uit om by die projek betrokke te raak.

“Wanneer ons saamwerk, kan ons ongelooflike dinge bereik. Ons moedig almal aan om deel te word van die oplossing en om saam met ons hierdie projek ’n sukses te maak,” sê Viljoen.

Word vandag deel van die oplossing en sluit aan by AfriForum se Rustenburg-tak. Skakel vir Dawie Conradie by 082 930 9905 vir meer inligting.

Soortgelyke plasings