|

Secunda opgeknap ná Teks-buurtspan die strate invaar

AfriForum se Trichardt-Evander-Kinross-Secunda-tak (oftewel die Teks-tak) se buurtspan het verlede week vier groot groenstroke skoongemaak wat gesamentlik ’n oppervlak van meer as 7 500 m², oftewel 0,75 hektaar, uitmaak. Die stroke, geleë tussen Vaalrivier- en Rietspruitstraat, Rietspruit- en Wolwespruitstraat, Wolwespruit- en Krokodilrivierstraat en Krokodilrivier- en Paardekraalstraat, se gras het hemelhoog gestaan, maar die buurtspan het vinnig werk daarvan gemaak en dit gesny, opgehark en verwyder.

Die span het ook alle vullis wat op die groenstroke gestrooi was opgetel en verwyder. Meer as 12 vragte rommel en tuinvullis is eindelik deur Skipgo Secunda Teksa verwyder.

“AfriForum se Teks-tak ruk die dorp straat vir straat reg. Verby is die dae dat die Govan Mbeki Plaaslike Munisipaliteit Secunda laat agteruitgaan. AfriForum, en die gemeenskap wat die burgerregteorganisasie getrou ondersteun, sal self die verval stuit,” sê Jan Du Plessis, voorsitter van die Teks-tak.

Inwoners wat AfriForum se Teks-tak wil ondersteun kan www.wordlid.co.za besoek vir meer inligting.

Soortgelyke plasings