|

Solidariteit wil mense bemoedig met #OnsBou-veldtog

 

Die vakbond Solidariteit het op Woensdag, 18 Mei tydens hul nasionale kongres ʼn reuseveldtog, #OnsBou, van stapel gestuur wat ten doel het om mense aan te moedig en te bemagtig om self aan hul toekoms te bou.

As deel van dié veldtog sal daar  ʼn reeks projekte oor die volgende vier maande op verskeie platforms geloods word.

Tony Leon, voormalige DA-leier, wat as spreker by die kongres opgetree het, het Solidariteit se #OnsBou-veldtog geloof omdat die vakbond mense wil aanmoedig om self aan iets bou en nie net “slagoffers” van omstandighede te wees nie.

Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, het by die kongres verduidelik dat Afrikaners deur die eeue baie bestaanskrisisse oorleef het. Buys het benadruk dat die vakbond se werk vir die volgende geslag is en nie vir die volgende verkiesing nie.

“Ons toekoms is te belangrik om dit net aan die ANC oor te laat.”

Besoek Solidariteit se webtuiste vir meer inligting.

Soortgelyke plasings