Springs gemeenskap besoek Voortrekkermonument


AfriForum se Springs-tak het as deel van dié tak se kultuur-en-erfenisprojek die Voortrekkermonument op 27 Oktober 2018 besoek.

’n Groep gemeenskapslede het saam met die jeug uit Springs vertrek om die dag in Pretoria deur te bring. ’n Toergids is aan die groep beskikbaar gestel om hulle behoorlik met die nodige kennis en inligting toe te rus wat die geskiedenis betref.

“Dit is belangrik dat veral ons jeug by aksies soos hierdie betrokke raak om meer van ons kultuur en geskiedenis te wete te kom. Die jeug is ons toekomstige leiers en hulle moet weet waarvandaan hulle kom om sodoende saam ’n toekoms vir die volgende generasie te kan skep,” se Cornel Swart, AfriForum se Springs-tak voorsitter.
“Dit was ’n heerlike dag en het ons dit geniet om weer eens te kon leer en as ’n gemeenskap stories met mekaar te kon deel,” sluit Swart af.

Soortgelyke plasings