Water
|

Standerton-tak voorsien plaaslike Ampath van water

Die AfriForum-tak in Standerton het op 4 September 1 000 liter water aan die plaaslike Ampath voorsien nadat ’n wateronderbreking dié laboratorium se dienste tot ’n stilstand gedwing het.

Hierdie wateronderbreking is die gevolg van die implementering van hoër fases beurtkrag. Dit veroorsaak dat die drukpompe by die reservoirs vir ’n tydperk buite werking is, veral wanneer die waterverbruik drasties toeneem. Dit neem dan sowat vier ure vir die watertoevoer om te herstel.

“Dienslewering, waaronder wateronderbrekings, is oor die algemeen besig om teen ’n spoed agteruit te gaan in Standerton. Ons moedig die gemeenskap aan om ’n dag of twee se water op te gaar en te stoor sodat daar tyd is om planne te beraam indien die probleem weer opduik,” sê Leon Enslin, voorsitter van AfriForum se Standerton-tak.

Raak by Standerton se AfriForum-tak betrokke en help om jou gemeenskap ’n beter plek te maak. Klik hier om aan te sluit.

Soortgelyke plasings