|

Laeveld-buurtwagte ontvang skietopleiding

Agt lede van AfriForum se buurtwagte in die Laeveld het op 2 September vlak een skietopleiding in Schoemanskloof ondergaan. Hulle het geleer hoe om hul vuurwapens doeltreffend te gebruik om hulself en hul naasbestaandes in noodsituasies te beskerm. AfriForum se Nelspruit-buurtwag in Mbombela het die opleiding aangebied.

Die doel van die skietopleiding was om te verseker dat patrolleerders hul basiese skiettegnieke en -oefeninge onder die knie het om sodoende korrek en veilig te kan optree indien ’n noodsituasie opduik.

“Met die misdaadstatistieke wat toeneem, is dit vir ons belangrik om ons buurtwaglede met opleiding te bemagtig. Lede wat opleiding ondergaan, reageer oor die algemeen beter in noodsituasies waar daar van hulle vereis word om ’n vuurwapen te trek of om daarvan gebruik te maak. Hierdie skietopleiding stel ons ook gerus met die wete dat ons buurtwaglede opgelei is om volgens die wet op te tree,” sê Arlo van Heerden, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Laeveld.

AfriForum se Nelspruit-buurtwag nooi die gemeenskap om by hierdie buurtwag aan te sluit: Klik hier vir meer inligting.

Soortgelyke plasings