TAKSUKSESSE: APRIL 2024

GAUTENG

GROTER PRETORIA-NOORD

Noord van die berg

  • Die tak se tuinspan het 1 958 swartsakke vullis opgetel.
  • Die tak se tuinspan het 77 vragte vullis weggery.
  • Die tak se tuinspan het 840 km afgelê om al die werk gedoen te kry.
  • Die tak se tuinspan het elke Maandag 13 parke skoongemaak.
  • Taklede help elke Vrydag om die Heldeakker skoon te maak.

Bronkhorstspruit

  • Die buurtwag het ondersteuning gebied op drie ongelukstonele deur die tonele te beveilig, verkeer te reguleer en nooddienste te ontbied.
  • Taklede het danksy volgehoue druk op die Tshwane-metro gesorg dat 41 straatligte herstel word.
  • Die tak het aanhoudend druk op die Tshwane-metro geplaas, waarna munisipale amptenare 62 slaggate met 13 ton teer opgevul het.
  • Buurtwaglede het deurlopend sigbaarheidspatrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.

Groter Moot

  • Die buurtwag het 1 159 km in 120 manure gepatrolleer waartydens 91 patrollies afgehandel is.
  • Die tak se buurtspan het ’n totaal van 251 manure met bossiekappers in die hand bestee.
  • Die tak se buurtspan het in totaal 1,2 ha gras gesny.
  • Die tak se buurtspan het 21 sakke teer gebruik om sewe slaggate op te vul.
  • Die buurtwag se inligtingsnetwerk het nóg drie suksesse behaal.
  • Taklede het die Villieria-waterpunt skoongemaak en al die ander omliggende waterpunte gesirkuleer sodat die water skoon bly.

Wes-Moot

  • Die buurtwag het die SAPD ondersteun tydens onluste in die omgewing.
  • Taklede het werknemers van die Tshwane-metro gehelp om ’n hoëdrukwaterpyp te herstel.
  • Die tak het plaaslike brandweerspanne gehelp om ’n brand op die hoek van Theo Slabbertlaan en Hjalmerstraat onder beheer te bring; ’n foutiewe transformator was die oorsaak van die brand.

Moreletapark

  • Die tak het drie LPR-kameras opgerig.
  • Taklede het R26 000 gebruik om slaggate rondom Wingate Park-buiteklub op te vul.

Pretoria-Noord

  • Al AfriForum se Pretoria-Noord-buurtwagte het aan die organisasie se nasionale massapatrollie deelgeneem om hul gemeenskap te beveilig.
  • Al AfriForum se Pretoria-Noord-takke het voorstelle ingedien op die Tshwane-metro se geïntegreerde ontwikkelingsplan (GOP).

GROTER PRETORIA-SUID

Centurion

  • Die tak se buurtspan het ’n skoonmaakprojek gehou langs die Sasol-vulstasie op die hoek van Selbornelaan en Trichardtweg.
  • Buurtwaglede het onwettige advertensieborde verwyder.
  • Die tak se buurtspan het padveiligheid rondom die Laerskool Swartkop verbeter.
  • Die tak se buurtspan het die gevaarlike kruising op die hoek van Oslo- en Campbellweg skoongemaak.
  • Die buurtwag het brandbestrydingsopleiding vir sy lede aangebied.
  • Die tak se buurtspan het slaggate rondom die Laerskool Swartkop opgevul.
  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem om hul gemeenskap te beveilig.
  • Buurtwaglede het opleiding in noodhulp ontvang (vlak 1 en 2).
  • Die tak se buurtspan het inwoners van Eldo Urban tydens ’n opruimingsaksie gehelp.
  • Buurtwaglede het gehelp om 427 onwettige advertensieborde te verwyder.

Pionier

  • Taklede het straatligte in die Silverton- en Murrayfield-omgewing herstel.
  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem om hul gemeenskap te beveilig.

Hennopsrivier/Hills and Dales

  • Buurtwaglede het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem om hul gemeenskap te beveilig.

Pretoria-Wes

  • Al AfriForum se Pretoria-Wes-buurtwagte het aan die organisasie se nasionale massapatrollie deelgeneem om hul gemeenskap te beveilig.

WES-RAND EN VAALDRIEHOEK

Krugersdorp

  • Die buurtwag het vlugtig gereageer ná ’n huisbraak in Volstruisstraat.
  • Buurtwaglede het ondersteuning gebied op ’n ongelukstoneel in Viljoenstraat deur die toneel te beveilig, verkeer te reguleer en nooddienste te ontbied.
  • Die buurtwag het twee verdagtes vir bedrog in hegtenis geneem en hulle aan die SAPD oorhandig.
  • Taklede het gehelp om ’n brand by ’n lapa in Britsstraat te bestry.
  • Buurtwaglede het ondersteuning gebied aan ’n beseerde voetganger nadat ’n vragmotor teen ’n paal in Ericaweg vasgejaag het.
  • Die buurtwag het ’n verdagte aan die SAPD oorhandig wat gevaarlike wapens aan hom gedra het.
  • Buurtwaglede het ondersteuning gebied op ’n ongelukstoneel in Sterkfonteinweg deur die toneel te beveilig, verkeer te reguleer en nooddienste te ontbied.

Midvaal

  • Die buurtwag het ’n operasie saam met die SAPD gehou waartydens drie onwettige sjebeens gesluit en twee persone in hegtenis geneem is.
  • Buurtwaglede het ’n operasie saam met die SAPD gehou tydens AfriForum se nasionale massapatrollie; twee onwettige sjebeens is gesluit en sewe onwettige immigrante is in hegtenis geneem.
  • Die buurtwag het ’n operasie saam met die SAPD gehou waartydens ses persone in hegtenis geneem is vir bestuur onder die invloed van alkohol.
  • Buurtwaglede het gehelp om ’n verdagte wat ’n TV gesteel het vas te trek en aan die SAPD te oorhandig.

Roodepoort

  • Die tak se tuinspan het 42 swartsakke vullis opgetel.   
  • Die tak se tuinspan het 530 m² gras gesny.
  • Buurtwaglede het 4 000 km in 704,5 manure gepatrolleer om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die buurtwag se protospan is ontbied om ’n maatskappy te beveilig waar daar voorheen ingebreek en diefstal gepleeg is. Verdagte voertuie is ook op die maatskappy se kamerastelsel waargeneem.     
  • Buurtwaglede het ondersoek ingestel na die aktiwiteite en bewegings van kabeldiewe in die omgewing.
  • Die tak is deur AfriForum se hoofkantoor versoek om Franse joernaliste ’n oorsig te gee van die tipe misdaad waaraan tak- en buurtwaglede daagliks blootgestel word, asook hoe daar saam met eksterne veiligheidsrolspelers soos Help24, BCI Security, GP Tactical Security, Custodia Security en Gauteng Crime Prevention gewerk word om misdaad te bekamp. Daar is onder meer gefokus op zama-zamas se onwettige mynboubedrywighede en hoe dit aanleiding gee tot ander kriminele aktiwiteite.       
  • Die buurtwag het deelgeneem aan AfriForum se eerste nasionale massapatrollie vir 2024. Hulle het saam met ander veiligheidsrolspelers van die Wes-Rand-steunkring (wat Roodepoort, Randfontein en Krugersdorp insluit) patrollies gery om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig. 
  • Buurtwaglede het sekuriteitsdienste gelewer én mediese ondersteuning gebied tydens die Danie Voges Stoeitoernooi.  
  • Die buurtwag het die SAPD gehelp om onwettige mynboubedrywighede deur zama-zamas in Jerusalema, CRG Mines, Ransleases Hostel, Fleurhof, New Canada en Eitemal te bekamp.  
  • Die tak is uitgenooi om die Civilian Crime Intelligence Network National Convention by te woon wat deur BCI Security aangebied is.
  • Die tak het ’n nuwe hommeltuig aangekoop. Die M30T sal deur sowel tak- as buurtwaglede gebruik word in die bekamping van misdaad.
  • Die buurtwag het die nuwe ANPR Lite-voertuigopsporingstelsel bekom ten einde ’n beter kans te staan om misdaad in die gebied meer doeltreffend te bekamp.

Vanderbijlpark

  • Die buurtwag het in samewerking met ER24 en die SAPD ondersteuning gebied by ’n Shell-vulstasie nadat boosdoeners ’n OTM op die perseel opgeblaas het.      
  • Buurtwaglede het gereageer ná ’n onderonsie tussen ’n sekuriteitswag en ’n lid van die publiek by ’n winkelsentrum.
  • Die buurtwag is ontbied na Cramptonstraat nadat ’n huis in dié straat leeg gesteel is; selfs die dakplate is weggedra.
  • Buurtwaglede het ondersoek ingestel by ’n huis in De Foreststraat nadat inligting ontvang is dat diewe besig was om die huis leeg te dra. Die huis se geiser en verskeie koperpype was reeds gesteel.
  • Die buurtwag het inligting ontvang oor ’n verdagte voertuig naby die Coke-fabriek; dit was egter net onskuldige jongmense in die voertuig.          
  • Buurtwaglede het gehelp om ’n brand by ’n huis te blus; die brand het na bewering in die kombuis ontstaan.
  • Taklede het gras gesny op die sypaadjies in Louw Wepenerstraat, asook vullis opgetel.  
  • Die tak het ’n skoonmaakprojek in Phoenix-park gehou waartydens gras met bossiekappers gesny is, terwyl vullis ook opgetel is.
  • Taklede het ’n skoonmaakprojek rondom die plaaslike AfriForum-tak gehou en vullis na die vullisterrein weggery.
  • Die tak het 133 sakke teer gebruik om 21 slaggate op te vul én die padoppervlak oor die algemeen te verbeter in Flora Gardens.
  • Taklede het gras gesny op die middelmanne en sypaadjies in Pasteurboulevard.
  • Die tak het sy padherstelprojek naby die Laerskool Eligwa afgesluit.              
  • Taklede het gras gesny op die middelmanne van Barrageweg (R42).    
  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem om hul gemeenskap te beveilig.

OOS-RAND

Alberton

  • Die buurtwag het ’n sigbaarheidspatrollie gehou met ’n spesifieke fokus op hekmotordiefstal.
  • Buurtwaglede het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem waartydens 494 km afgelê is. Die hoofdoel daarvan was om die Alberton-gemeenskap te beveilig.
  • Die buurtwag het die SAPD ondersteun op ’n toneel waar ’n gekaapte voertuig opgespoor is.
  • Buurtwaglede het in samewerking met plaaslike rolspelers ondersteuning gebied op ’n ongelukstoneel op die R21. Die beseerde motoriste is deur nooddienste na die Arwyp- mediese sentrum vervoer.
  • Die buurtwag het in samewerking met plaaslike veiligheidsrolspelers aan ’n operasie deelgeneem waartydens hul hommeltuig ingespan is om vyf verdagtes op te spoor wat in sowel ’n kaping as ’n rooftog in Kliprivierweg betrokke was.
  • Buurtwaglede het die Ekurhuleni-metropolisie ondersteun nadat ’n taxibestuurder wat afgetrek is in ’n stryery met die metropolisie betrokke geraak het. ’n Lid van die buurtwag het die taxibestuurder in hegtenis geneem en aangekla vir roekelose en nalatige bestuur, aanranding op ’n polisiebeampte en versuim om ’n rybewys te toon.
  • Die buurtwag het ’n uiters suksesvolle bewusmakingsdag oor gemeenskapsveiligheid by die Brackendowns-polisiestasie gehou. Talle veiligheidsrolspelers het ook die dag bygewoon.
  • Die tak het gehelp om na ’n vermiste kind te soek. Die kind is uiteindelik veilig aan sy familie terugbesorg.

Brakpan

Benoni

  • Die buurtwag het in samewerking met Wolf Protection, ’n plaaslike sekuriteitsmaatskappy, ’n kabeldief in Celia Nestadtweg vasgetrek.

Boksburg

Edenvale

  • Die tak het ’n skoonmaakprojek op die hoek van Terrace- en Andries Pretoriusweg in Eastleigh gehou.
  • Die buurtwag het aan ’n operasie saam met die SAPD en die GPF deelgeneem waartydens onwettige betreders en hulle besittings by substasies in die omgewing verwyder is. Een verdagte is ook in hegtenis geneem vir onwettige betreding.
  • Buurtwaglede het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem. Tien patrolleerders het sowat 890 km afgelê om die Edenvale-omgewing te beveilig.
  • Die buurtwag het ondersteuning gebied op ’n ongelukstoneel in Lombardy-Oos waartydens die toneel beveilig is, verkeer gereguleer is en nooddienste ontbied is.
  • Buurtwaglede het gehelp om twee voertuie van ’n koeriermaatskappy wat onlangs in Lombardy-Oos gesteel is, op te spoor.

Kempton Park

  • Die tak het gereorganiseer en gevolglik ’n nuwe takbestuur verkies.
  • Taklede het in samewerking met plaaslike rolspelers ’n skoonmaakprojek by die Zuurfontein-begraafplaas gehou.
  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem. Dertien patrolleerders het 375 km afgelê om Kempton Park se inwoners te beveilig.

Springs

  • Die buurtwag het ’n suksesvolle opleidingsdag gehou waartydens sy lede gebeurlikheidsplanne vir die komende verkiesingsdag ingeoefen het. Die buurtwaglede sal dus op ’n gereedheidsgrondslag wees vir moontlike onluste op stemdag.
  • Buurtwaglede het gehelp om ’n veldbrand in Ermeloweg in Strubenvale te bestry.
  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem. Sewe patrolleerders het nagenoeg 275 km afgelê om Springs en sy inwoners te beveilig.

MPUMALANGA

Bethal

  • Die tak het verskeie strate met doleriet herstel, waaronder Blesbok-, Gemsbok-, Impala-, Buffel-, Eland-, Malherbe-, Van Riebeeck-, Kleynhans-, Du Plooy- en Markstraat, asook Van der Stellaan, en Hoëveldlaan.
  • AfriForum se noodwaterpunte by die Gereformeerde Kerk en die Afrikaanse Christelike Kerk is deur inwoners gebruik tydens wateronderbrekings in die dorp.
  • Die tak het in samewerking met Skipgo Teksa weekliks 30 vullisdromme in die dorp leeggemaak.
  • Die tak het 240 kg tamaties uit sy eie gemeenskapstuin aan die Silwerjare-ouetehuis en die Bethal-sopkombuis geskenk.
  • Taklede het ’n grassnyprojek rondom die plaaslike DBV voltooi.
  • Die tak het ’n slaggatherstelprojek in Tsibitso Sibanyonistraat voltooi. 200 sakke teer is tydens dié projek gebruik.

Teks (Trichardt, Evander, Kinross en Secunda)

  • Die tak het sy hommeltuigvlieënier vir gevorderde opleiding gestuur.
  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem om sy gemeenskap te beveilig.

Delmas

  • Die Delmas Valke-buurtwag het twee tenkwaens, een Isuzu-vragmotor en een Toyota Prado teruggevind nadat dit onlangs gekaap is. Buurtwaglede het ook vyf inhegtenisnames tydens twee ander voorvalle gemaak en mediese ondersteuning gebied tydens ses ander voorvalle.
  • Delmas Valke-buurtwaglede het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die Delmas Valke-buurtwag het drie nuwe koeëlvastebaadjies ontvang.

Piet Retief

  • Buurtwaglede het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die buurtwag het ’n nuwe vuurvegter ontvang.

Standerton

  • Taklede het gras rondom die Voetsporemonument gesny en die terrein opgeknap.
  • Die buurtwag het twee operasies in samewerking met die Departement van Binnelandse Sake, die plaaslike SAPD en Kasselman Sekuriteit voltooi. Onwettige burgers is in hegtenis geneem en onwettige ondernemings is gesluit.

Ermelo

  • Die Ermelo- en Chrissiesmeer-buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.

Middelburg

  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem om sy gemeenskap te beveilig.

Nelspruit

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Taklede het die park in Skylabsingel skoongemaak.
  • Die tak het gras gesny op die verkeerseiland in Ferreirastraat.
  • Taklede het gras gesny by die T-aansluiting van Belladonna- en Besembosstraat.
  • Die tak het slaggate in Uitkykweg opgevul.
  • Taklede het die skouer van die pad in Uitkykweg skoongemaak vanaf die Steiltes-verkeersirkel tot by Shandon Estate.
  • Die tak se LPR-kameras het veiligheidsrolspelers gehelp om gesteelde voertuie op verskeie punte te identifiseer.
  • Die tak se noodwaterpunt is deur die stad se inwoners gebruik tydens watertekorte.
  • Taklede het gras gesny vanaf die Rob Ferreira Hospitaal se uitgang tot by die Sonpark-winkelsentrum.
  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem om hul gemeenskap te beveilig.

Witrivier

  • Die buurtwag se herhaler is met 4 m gelig om beter radiokommunikasie teweeg te bring. 

Lydenburg

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Buurtwaglede het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het R4 000 aan die Lydenburg Sakekamer geskenk om te help met volhoubare skoonmaakprojekte in die dorp. 

Belfast

  • Die tak se noodwaterpunte is deur die dorp se inwoners gebruik tydens watertekorte.
  • Die tak se asblikprojek het daartoe bygedra om die dorp skoon en netjies te hou.
  • Taklede het ’n nuwe noodwaterpunt opgerig.
  • Die tak het met munisipale amptenare vergader en aanhoudend druk op die munisipaliteit geplaas weens die voortslepende watertekorte en swak dienslewering in die dorp.

Machadodorp

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Buurtwaglede het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het sonkragligte ter waarde van R17 000 aangekoop.

Dullstroom

  • Die tak het vier bykomende sonkragligte in die dorp opgerig.
  • Die buurtwag het deurlopend patrollies saam met die GPF in Dullstroom gery om hul gemeenskap te beveilig.

LIMPOPO

Naboomspruit    

  • Taklede het verkeerstekens in die dorp vervang en padstrepe oorgeverf.
  • Die tak het ’n straatnaamprojek van stapel gestuur.
  • Taklede het gehelp om die mediese sentrum skoon te maak.
  • Die tak het die dorp se hoofstraat skoongemaak.
  • Die tak het Solidariteit Helpende Hand se nasorgsentrum vir skoliere skoongemaak.
  • Taklede het slaggate opgevul.
  • Die buurtwag het ’n gemeenskapsvergadering gehou.

Warmbad

  • Taklede het Apiesdoringpark skoongemaak.

Phalaborwa

  • Die tak het gemeenskapslede ondersteun ná ’n onlangse watertekort in die dorp.
  • Taklede het gehelp om die ingang na die dorp skoon te maak.

Potgietersrus  

  • Buurtwaglede het ’n vuurwapensindikaat in samewerking met die SAPD vasgetrek.
  • Die buurtwag het opleiding vir sy lede aangebied.
  • Buurtwaglede het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem om hul gemeenskap te beveilig.

Groblersdal

  • Die tak het ’n AfriForum-buurtwag op die dorp gestig.
  • Buurtwaglede het skietopleiding bygewoon.
  • Die tak het ’n gemeenskapsvergadering oor veiligheid gehou.

Marble Hall

  • Die buurtwag het ’n heining tussen ’n onwettige plakkerskamp en die dorpsgebied gespan.

Ellisras

  • Buurtwaglede het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die Beska-plaaswag het ’n gemeenskapsvergadering gehou.

Messina

  • Die buurtwag het op Sondae patrollies rondom die begraafplaas gehou sodat inwoners van die dorp hul afgestorwe geliefdes se grafte kon besoek.
  • Buurtwaglede het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem om hul gemeenskap te beveilig.

Pietersburg

  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem om hul gemeenskap te beveilig.

Thabazimbi

  • Die tak het straatname op randstene aangebring.
  • Taklede het die plaaslike park skoongemaak.
  • Die tak het die dorp se watertoevoer herstel.
  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem om hul gemeenskap te beveilig.

NOORDWES

MOOIRIVIER

Klerksdorp

  • Die Songloed- en Hartbeesfontein-buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die Songloed- en Hartbeesfontein-buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.
  • Die tak het gehelp met buurtvernuwingsprojekte in La Hoff en Doringkruin.
  • Taklede het die gras van ’n terrein gesny waar ’n pretdraf/pretloop sou plaasvind.
  • Taklede het sopkombuise skoongemaak.
  • Die tak het ’n geskenk aan die Super 12-deelnemers van die Laerskool Saamtrek oorhandig om hulle sterkte toe te wens met dié kompetisie.

Potchefstroom

  • Die buurtwag se 193 aktiewe lede het 152 patrollies aangepak waartydens 5 260 km in 559 manure afgelê is.
  • Die buurtwag het ’n suksesvolle skietdag vir sy lede aangebied.
  • Buurtwaglede het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.
  • Die tak het ’n geskenk aan die Super 12-deelnemers van die Laerskool Mooirivier oorhandig om hulle sterkte toe te wens met dié kompetisie.

Stilfontein

  • Die tak se plaaslikeregeringsakeverteenwoordiger het daagliks probleme soos water- en rioollekkasies, asook ander plaaslikeregeringsakekwessies by die Matlosana Plaaslike Munisipaliteit aangemeld én dit opgevolg.
  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Buurtwaglede het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.

MARICO

Algemeen

  • Die AfriForum-takke in Zeerust, Lichtenburg en Coligny het hulle voorstelle vir die jaarlikse geïntegreerde ontwikkelingsplan (GOP) by die Ramotshere Moiloa Plaaslike Munisipaliteit en die Ditsobotla Plaaslike Munisipaliteit ingedien. Al drie takke het voorgestel dat meer aandag aan instandhoudings- en herstelwerk gegee moet word
  • AfriForum se takke in Brits, Hartbeespoort, Mooinooi, Koster en Swartruggens het hulle voorstelle vir die jaarlikse geïntegreerde ontwikkelingsplan (GOP) by die Madibeng Plaaslike Munisipaliteit en die Kgetlengrivier Plaaslike Munisipaliteit ingedien.
  • Die AfriForum-buurtwagte in Marico het aan dié organisasie se nasionale massapatrollie deelgeneem. Altesaam 346 patrolleerders het 7 810 km in 191 voertuie afgelê in ’n poging om misdaad die hoof te bied. Veiligheidstrukture in die volgende dorpe het patrollie gery: Hartbeespoort, Koster, Coligny, Brits, Rustenburg, Mooinooi, Zeerust, Lichtenburg en Ventersdorp.

 

Rustenburg

  • Taklede het verskeie parke in dié dorp as deel van ’n volhoubare projek skoongemaak en in stand gehou en meer as 4 ha gras met die tak se trekker en bossiekappers kafgedraf.
  • Die tak het sy voorstelle vir die jaarlikse geïntegreerde ontwikkelingsplan (GOP) by die Rustenburg Plaaslike Munisipaliteit ingedien en onder meer in sy voorstelle gesê dat die munisipaliteit die instandhouding van elektriese infrastruktuur moet prioritiseer.

Zeerust

  • Die buurtwag het gemeenskapslede opgelei om broodnodige hulp tydens noodsituasies te verleen. Altesaam 12 gemeenskapslede, wat deel van dié buurtwag vorm, het onlangs vlak 1-noodhulpopleiding ontvang. Die opleidingsprogram is deur Forum Sekuriteit saamgestel en word vir al AfriForum se buurtwaglede aangebied om hulle te ontwikkel en te versterk.
  • ’n Monument en terrein op Zeerust, ter nagedagtenis aan burgers van die destydse Zuid-Afrikaansche Republiek (ZAR) wat in 1900 en 1901 tydens drie veldslae gedurende die Anglo-Boereoorlog (1899–1902) omgekom het, is weer deur AfriForum se plaaslike tak opgeknap.

Lichtenburg

  • Die tak het ’n reeks indrukwekkende teerprojekte suksesvol afgehandel, wat ’n positiewe impak op die gemeenskap sal hê. In totaal is ’n indrukwekkende 43,75 ton teer en drie dromme ss60-bitumen gebruik om hierdie projekte te voltooi.

STELLALAND

Algemeen

  • Die AfriForum-buurtwagte in Bloemhof, Christiana, Delareyville, Biesiesvlei, Vryburg en Wolmaransstad het in samewerking met die SAPD, die plaaslike gemeenskapspolisiëringsforum (GPF), gemeenskapslede, verskeie sekuriteitsmaatskappye en veiligheidsinstansies ’n massapatrollie in hul onderskeie gebiede uitgevoer om polisiëringsigbaarheid te skep. Die aksie het omstreeks 16:00 begin en tot 04:00 die volgende oggend voortgeduur.  Altesaam 102 patrolleerders het aan die patrollie deelgeneem en 2 207 km in 60 voertuie afgelê. Die hoofdoel van die patrollie was om sigbaarheid in die onderskeie gebiede te verhoog en sodoende misdaad hok te slaan. Geen ernstige voorvalle is tydens die patrollies aangemeld nie.

Vryburg

  • Die tak het die konsentrasiekampbegraafplaas skoongemaak, asook vier leë erwe. Die skoonmaak van erwe is veral belangrik omrede misdadigers dit gebruik om weg te kruip. Die tak het ook oop stukke veld se gras gesny.

Delareyville, Sannieshof en Ottosdal

  • Die AfriForum-takke in Delareyville, Sannieshof en Ottosdal het hul voorstelle vir die jaarlikse geïntegreerde ontwikkelingsplan (GOP) by die Tswaing Plaaslike Munisipaliteit ingedien. Die takke het al drie voorgestel dat daar aandag aan die infrastruktuur en instandhouding gegee moet word. Gedurende die laaste jaar is daar nie veel aandag gegee aan instandhouding van infrastruktuur binne die munisipaliteit nie. Binne-in die GOP spreek die takke hul kommer uit oor die verval van infrastruktuur, maar veral die water- en rioolwerke se infrastruktuur. Die takke vra dat die munisipaliteit in die begroting genoeg befondsing voorsien dat die probleem aangepak en opgelos kan word en dit ook as die belangrikste prioriteit dien, veral in Delareyville waar inwoners soms weke lank sonder water moet klaarkom as gevolg van swak infrastruktuur

VRYSTAAT

ROSESTAD

Algemeen

  • Volhoubare skoonmaakprojekte is weekliks by die volgende plekke gehou:
  • Du Plessisstraat (asook die park)
  • Gardeniapark (park)
  • Rayton-Heuwelsig (parke)
  • Brits-monument
  • Ou Presidensie se tuin
  • Pres. Brand-begraafplaas
  • Al AfriForum se Bloemfontein-buurtwagte het aan die organisasie se nasionale massapatrollie deelgeneem; 122 patrolleerders in 80 voertuie het 2 270 km afgelê.

Pellissier

  • Die buurtwag het ’n klagte ontvang oor ’n man wat onder die invloed van alkohol was, sy vuurwapen rondgeswaai het en na sy vrou gesoek het. Patrolleerders het ook kennis geneem dat hul 8-jarige kind alleen by die huis gelos is terwyl die ouers gaan drink het. Die SAPD se kinderbeskermingseenheid is gekontak vir verdere ondersteuning.
  • Buurtwaglede het ses patrollies uitgevoer waartydens 800 km afgelê is.

Wilgehof

  • Buurtwaglede het 86 patrollies gery waartydens 1 230 km afgelê is.
  • Die buurtwag het nuwe toerusting vir sy lede aangekoop.
  • Die buurtwag het 59 aktiewe patrollielede wat die woonbuurt help beveilig.  
  • Die buurtwag het opleiding in die volgende modules vir sy lede aangebied: Bevel-en-beheer (16 lede), insameling van informasie (13 lede) en die teenkapingsmodule (14 lede).
  • Buurtwaglede het gebeurlikheidsplanne ingeoefen.
  • Die buurtwag het drie nuwe gedragskodes ontvang.  
  • Die buurtwag het sigbaarheidspatrollies gehou tydens kerkdienste by die LIG Gemeente, asook tydens ’n sokkie by die Hoërskool Jim Fouché. Ouers verbonde aan dié skool was baie dankbaar dat die patrollielede na hulle kinders se veiligheid omgesien het.
  • Buurtwaglede het patrollies gery tydens ’n optrede van Bok van Blerk by ’n skool. Hulle het ook met verkeerbeheer gehelp na afloop van die optrede.  
  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem om hul gemeenskap te beveilig.
  • Buurtwaglede het drie AM-destabiliseerders uit die gebied verwyder.
  • Die buurtwag het ’n outistiese minderjarige kind op ’n fiets sonder ouertoesig teëgekom en hom/haar tydelik veilig gehou, waarna hulle die kind weer aan sy/haar ouers terugbesorg het.
  • ’n Lid van die buurtwag se protospan het noodhulp op ’n pasiënt toegedien totdat Priority Care-ambulansdienste opgedaag het. Die buurtwag het ook die verkeer gereguleer en die ongelukstoneel help beveilig.
  • Vier nuwe lede het by die tak aangesluit.

Uitsig

  • Danksy die buurtwag se aktiewe patrollies het inbrake in dié buurt drasties afgeneem. AfriForum se distrikskoördineerder vir die Rosestad het ook positiewe gesprekke hieroor met die SAPD en die Mangaung-metro gevoer.
  • Buurtwaglede het 250 km afgelê tydens patrollies.
  • Die buurtwag het opleiding vir ses van sy lede aangebied.
  • Sewe nuwe lede het by die tak aangesluit.
  • Die buurtwag het 25 brandkrane geïdentifiseer wat op ’n sektorkaart aangebring sal word vir toekomstige gebruik.

Hospitaalpark

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Vyf-en-twintig lede het nuwe buurtwagborde ontvang.

Bloemfontein-Noord en Bloemfontein-Noord-landelik

  • Die buurtwag het ’n noodroep ontvang oor bedrywighede van moontlike kabeldiewe. Die buurtwag en sy lugvleuel het saam met die SAPD en sekuriteitsmaatskappye gewerk om ’n suksesvolle arrestasie uit te voer.

HOOGLAND

Bethlehem

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Buurtwaglede het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.
  • Die buurtwag se hommeltuigspan het ongeveer 50 boere toegespreek oor die rol van hommeltuie in die bekamping van plaasveiligheid, veral teen die grens. Die boere het van Ladybrand, Clocolan en Marseilles gereis om die toespraak by te woon.
  • Die buurtwag het ’n optog deur lede van Operasie Dudula suksesvol ontlont in samewerking met die SAPD en die onlustepolisie.
  • Die tak se buurtspan het vier weke lank gewerk om die watervoor in Golfstraat skoon te maak deur rommel en onkruid te verwyder, die watervore oop te grawe en die gras te sny.

Brandfort

  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.

Bultfontein

  • Geen

Frankfort

  • Die tak het aan ’n sakegesprek saam met die Mafube Plaaslike Munisipaliteit, die Mafube Business Forum en die Mafube Sakekamer deelgeneem om oplossings vir selfstandigheid te bespreek.

Harrismith

  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.

Kroonstad

  • Die tak se werkerswaentjie word tans toegerus om aan taklede se spesifieke behoeftes te voldoen. 

Reitz

  • ’n Nuwe takbestuur is suksesvol verkies.

Steynsrus

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Buurtwaglede het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.
  • Taklede het die gemeenskap ondersteun deur water aan inwoners te voorsien en hulle vullis te verwyder tydens betogings wat die munisipaliteit verhoed het om basiese dienste te lewer.

MOOIRIVIER

Bothaville

  • Die buurtwag het 30 patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Buurtwaglede het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.
  • Die buurtwag het die SAPD ondersteun om ’n inbreker in hegtenis te neem.

Heilbron

  • Die tak het gras gesny by die Voortrekkerterrein en die Riemland Museum.
  • Taklede het die gras rondom die kliniek gesny.
  • Die tak het stormwaterafvoerpype in Piercestraat skoongemaak.
  • Taklede het die middelmanne en sypaadjies in Kerkstraat skoongemaak, asook gras gesny op die sypaadjies.
  • Die tak het die middelmanne in Langmarkstraat én rondom die kliniek met gif behandel.
  • Taklede het ’n noodwaterpunt in die dorp opgerig.

Parys

  • Die tak het ’n denkbeeldige begrafnis vir dienslewering in die dorp gehou.
  • Taklede het drie stoptekens by gevaarlike kruisings in die dorp opgerig.
  • Die tak het randstene in die hoofstraat begin verf.

Sasolburg

  • Die tak het 33 ha gras gesny en 0,1 ha skoongemaak.
  • Taklede het ’n stalletjie beman by ’n nuwe mark wat by Die Veiling gehou word.
  • Die buurtwag het elke Sondag die plaaslike begraafplaas vir twee ure lank beveilig sodat inwoners hul afgestorwe geliefdes se grafte kon besoek.
  • Buurtwaglede het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.
  • Buurtwaglede het gereeld patrollies gery by die parkeerterrein waar die plaaslike Spur en ’n apteek geleë is om sodoende die openbare misbruik van drank en misdaad te bekamp.
  • Die buurtwag het gehelp om die ontvoering van ’n meisie buite ’n kerk op die dorp te voorkom.

Viljoenskroon

  • Taklede het die leë erf oorkant die plaaslike ouetehuis skoongemaak aangesien dit as ’n brandpunt vir dwelmhandel in die dorp geïdentifiseer is.

NOORD-KAAP

Kamiesberg

  • Taklede het Kamieskroon se strate gereeld skoongemaak en vullis na die vullisterrein weggery.
  • Die tak het deurlopend water-, krag- en rioolprobleme aan die Kamiesberg Plaaslike Munisipaliteit se inbelsentrum deurgegee sodat herstelwerk kan plaasvind.
  • Die tak het ’n volhoubare projek van stapel gestuur om Kamieskroon en omliggende dorpe 24 uur per dag, sewe dae ’n week van drinkwater te voorsien met behulp van drie boorgatpompe wat AfriForum in die omgewing geïnstalleer het.
  • Taklede het ’n sonkraglig aan die Kamieskroon SAPD geskenk.
  • Die tak het groente en vrugte soos aartappels, pampoen, uie, beet, wortels en lemoene aan die Merwehof-ouetehuis geskenk.
  • Taklede het ’n sonkraglig aan die N.G. Kerk Kamieskroon geskenk.
  • Die tak het kommentaar ingedien op die Kamiesberg Plaaslike Munisipaliteit se geïntegreerde ontwikkelingsplan (GOP).

Kakamas

  • Die tak het deurlopend water-, krag- en rioolprobleme aan die Kai !Garib Plaaslike Munisipaliteit se inbelsentrum deurgegee sodat herstelwerk kan plaasvind.
  • Taklede het die dorp se watergehalte voortdurend gemoniteer en voortgegaan om druk op die munisipaliteit toe te pas om skoon drinkwater vir Kakamas se inwoners te verseker.
  • Die tak het ondersteuning gebied aan sekere gemeenskappe in Kakamas wat nie toegang tot drinkwater het nie deur ’n waterkar vir inwoners te reël.
  • Taklede het twee sonkragligte aan die Pikkiebult Preprimêre Skool geskenk.
  • Die tak het twee sonkragligte aan die Kakamas Belangegroep geskenk, wat dit weer op hul beurt by die Kakamas-gemeenskapstuin gaan installeer om beter beligting te verskaf.
  • Die tak het kommentaar ingedien op die Kai !Garib Plaaslike Munisipaliteit se geïntegreerde ontwikkelingsplan (GOP).

Kathu

  • Die buurtwag het in samewerking met Rhino Sekuriteit en die SAPD deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het die parkeerterrein voor Fit-It gereeld skoongemaak en die bome wat die tak in die parkeerterrein geplant het, natgelei.
  • Die tak het deurlopend water-, krag- en rioolprobleme aan die Gamagara Plaaslike Munisipaliteit se inbelsentrum deurgegee sodat herstelwerk kan plaasvind.
  • Taklede het twee sonkragligte aan die Laerskool Kathu geskenk.
  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het kommentaar ingedien op die Gamagara Plaaslike Munisipaliteit se geïntegreerde ontwikkelingsplan (GOP).

Keimoes

  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem om hul gemeenskap te beveilig.
  • Taklede het ’n gebeurlikheidsplan ingeoefen wat gehandel het oor hoe om ’n brand te blus.

Kuruman

  • Die Kuruman- en Bankhara-buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die tak het deurlopend water-, krag- en rioolprobleme aan die Ga-Segonyana Plaaslike Munisipaliteit se inbelsentrum deurgegee sodat herstelwerk kan plaasvind.
  • Taklede het die beheerkamer se kameras herstel om te help met veiligheid in die dorp.
  • Die tak het twee sonkragligte aan die Laerskool Seodin geskenk.
  • Taklede het twee sonkragligte aan die Hoërskool Kalahari geskenk.
  • Die tak het kommentaar ingedien op die Ga-Segonyana Plaaslike Munisipaliteit se geïntegreerde ontwikkelingsplan (GOP).
  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem om hul gemeenskap te beveilig.

Springbok

Upington

  • Die buurtwag het in samewerking met Rhino Sekuriteit deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Taklede het die tak se eerste nommerplaatherkenningskamera by die kruising van die N10-N14-hoofroete geïnstalleer. Rhino Sekuriteit se beheerkamer gaan dié kamera in samewerking met AfriForum-hoofkantoor en die SAPD moniteer.
  • Die tak het deurlopend water-, krag- en rioolprobleme aan die Dawid Kruiper Plaaslike Munisipaliteit se inbelsentrum deurgegee sodat herstelwerk kan plaasvind.
  • Die tak het druk op die Dawid Kruiper Plaaslike Munisipaliteit uitgeoefen oor die rioolkwessie by die Kalahari-winkelsentrum. Die Groen Skerpioene het ook ondersoek daarna ingestel.
  • Taklede het gemeenskapsvergaderings oor die waterprobleem in Kalksloot en Klippunt bygewoon, waarna daar uiteindelik opgetree en van die stukkende waterpype herstel is.
  • Die tak het onmiddellike optrede van die Menseregtekommissie (MRK) en die Groen Skerpioene vereis met betrekking tot die rioolprobleem in Upington.
  • Taklede het twee sonkragligte aan die Kameel SAPD geskenk.
  • Taklede het kommentaar ingedien op die Dawid Kruiper Plaaslike Munisipaliteit se geïntegreerde ontwikkelingsplan (GOP).
  • Die tak het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem om hul gemeenskap te beveilig.

Williston

De Aar, Hanover en Britstown (nie tans ’n aktiewe tak nie)

  • AfriForum het ’n skrywe aan die Emthanjeni Plaaslike Munisipaliteit gestuur oor dié drie dorpe se waterprobleme.

OOS-KAAP

Elliot

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Buurtwaglede het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem om hul gemeenskap te beveilig.
  • Taklede het kommentaar ingedien op die Sakhisizwe Plaaslike Munisipaliteit se geïntegreerde ontwikkelingsplan (GOP).

Cradock

Gamtoosvallei

Jeffreysbaai

  • Taklede het tien nuwe pale opgerig waarop addisionele kameras geïnstalleer sal word om die gebied te beveilig.

Oos-Londen

  • Die tak het kommentaar ingedien op die Buffalo City Metropolitaanse Munisipaliteit se geïntegreerde ontwikkelingsplan (GOP).
  • Die tak het met Eco Scorpions vergader om ’n buurtwag op die been te bring.

Port Elizabeth

  • Die tak se 21 noodwatertenks het water aan die gemeenskap voorsien in tye wat woonbuurte in dié stad se krane droog was.
  • Die tak het kommentaar ingedien op die Nelson Mandelabaai Metropolitaanse Munisipaliteit se geïntegreerde ontwikkelingsplan (GOP).
  • Die Broadwood- en Walker Drive-buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die tak se jeugvleuel het ’n veld skoongemaak.
  • Walker Drive-buurtwaglede het hul hommeltuig ingespan en die SAPD sodoende ondersteun met die inhegtenisname van twee verdagtes wat betrokke was by ’n huisroof en ’n skietvoorval met die SAPD.
  • Die Walker Drive-buurtwag en die tak se jeugvleuel het tydens ’n massapatrollie paaseiers by ’n ouetehuis uitgedeel, asook aan kinders in die woonbuurt.
  • Die Winterberg-plaaswag en Walker Drive-buurtwag het ’n gesteelde vragmotor opgespoor, asook ’n inhegtenisname gemaak.
  • Walker Drive-buurtwaglede het gesteelde kabels op die N2-hoofweg teruggevind.
  • Die Walker Drive-buurtwag het gehelp om ’n motoris wat vermoedelik in ’n tref-en-trap-ongeluk betrokke was, op te spoor en aan die SAPD te oorhandig.
  • Die tak het ’n nuwe AfriForum-buurtwag in Colchester gestig.
  • Colchester-buurtwaglede het vlak 1-opleiding in vuurwapenwetgewing ontvang.
  • Die Walker Drive-, Broadwood- en Colchester-buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.

Uitenhage

  • Die Winterberg-plaaswag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het kommentaar ingedien op die Nelson Mandelabaai Metropolitaanse Munisipaliteit se geïntegreerde ontwikkelingsplan (GOP).
  • Die Winterberg-plaaswag en Walker Drive-buurtwag het ’n gesteelde vragmotor opgespoor, asook ’n inhegtenisname gemaak.
  • Die Winterberg-plaaswag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem om hul gemeenskap te beveilig.

WES-KAAP

De Doorns

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Buurtwaglede het die SAPD tydens ’n veiligheidsoperasie ondersteun deur hul hommeltuig in te span.

Helderbergkom

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Buurtwaglede het aan protospanopleiding, asook ander vlak 2-opleiding deelgeneem én dit suksesvol voltooi.
  • Taklede het ’n kleuterskool besoek en leerders oor padveiligheid ingelig.
  • Die tak het in samewerking met die plaaslike brandweerdiens die Laerskool Gordonsbaai besoek en leerders toegespreek oor brandbewustheid en -veiligheid.

Overstrand

  • Die Alfa-buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Alfa-buurtwaglede het die SAPD en wetstoepassingsowerhede gehelp met die bekamping van misdaad en die vastrek van onwettige stropers deur die beskikbaarstelling van hul hommeltuig.
  • Die tak het in samewerking met die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye kennisgewingborde opgerig in die mariene reservaat langs Onrus en Harderbaai.
  • Die Alfa-buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem om hul gemeenskap te beveilig.

Paarl

  • Buurtwaglede het op ’n noodroep van ’n taklid gereageer en sodoende ’n moontlike aanval voorkom nadat dié taklid se vragmotor onklaar geraak het.

Stellenbosch

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Buurtwaglede het die SAPD tydens verskeie veiligheidsoperasies ondersteun deur hul hommeltuig in te span.
  • Die tak het aanhoudend druk op die Stellenbosch Plaaslike Munisipaliteit uitgeoefen rakende waterbesoedeling in die omgewing.
  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem om hul gemeenskap te beveilig.

Strand

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het gereorganiseer en ’n nuwe bestuur verkies.
  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem om hul gemeenskap te beveilig.
  • Buurtwaglede het aan protospanopleiding, asook ander vlak 2-opleiding deelgeneem én dit suksesvol voltooi.
  • Sowel die tak as die buurtwag het verskeie operasies saam met die SAPD en ander sekuriteitsmaatskappye uitgevoer.

Worcester

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Buurtwaglede het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem om hul gemeenskap te beveilig.

George

  • Die Geelhoutboom-, Herold- en Kammanassie-plaaswag, asook die Hoekwil-plotwag en Victoriabaai-buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig. 
  • Die Victoriabaai-buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die Geelhoutboom- en Herold-plaaswag, asook die Hoekwil-plotwag het ’n gebeurlikheidsplan ingeoefen en ’n plaasaanval gesimuleer. Hierdie oefening het ook as praktiese opleiding vir die traumavrywilligers gedien.

Hessekwa

  • Die Riversdal-buurtwag en Albertinia-plaaswag het deurlopend patrollies gery om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die Riversdal-buurtwag en Albertinia-plaaswag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem, asook lugsteun verleen aan die patrolleerders.
  • Die tak het met die munisipale bestuurder vergader oor die stand van die Heidelberg-vullisterrein, terwyl die moontlikheid van toekomstige samewerking ook bespreek is.
  • Albertinia-plaaswaglede het protospanopleiding bygewoon.

Kannaland

  • Die plaaswag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig

Mosselbaai

  • Die Herbertsdale- en Groter Brandwag-plaaswag, asook die Glentana-, Groot Brak- en Midbrak-buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die Herbertsdale-plaaswag, asook die Glentana-, Groot Brak- en Midbrak-buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die tak se jeugvleuel het ’n inligtingsdag aangebied wat oor basiese wapenveiligheid en bewustheid gehandel het.
  • Taklede het ’n bewusmakingstalletjie by die onlangse Garden Route Expo beman.

Oudtshoorn

  • Die Oudtshoorn- en De Rust-buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Oudtshoorn-buurtwaglede het buurtwagleier- én protospanopleiding ontvang.

Swellendam

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Buurtwaglede het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem om hul gemeenskap te beveilig.

Durbanville

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery – veral in die sentrale sakekern – om hul gemeenskap te beveilig. Buurtwaglede het heelparty patrollies op hul eie hanteer, maar het ook groot suksesse behaal tydens hul weeklikse operasie saam met die SAPD en sekuriteitsmaatskappye. 
  • Buurtwaglede het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem en groot suksesse bereik; die buurtwag se 112 lede het onder meer aan groot operasies van die SAPD en ander wetstoepassingsowerhede deelgeneem.

Kaapstad-Noord

  • Die Bellville-buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die Philippi-plaaswag het deurlopend patrollies gery en die SAPD tydens operasies ondersteun. Plaaswaglede het die SAPD veral gehelp om bendegeweld te bekamp.
  • Die tak het gereeld parke in die gebied skoongemaak.
  • Die Bellville-buurtwag en Philippi-plaaswag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.

Kraaifontein

  • Taklede het aan ’n opknappingsprojek deelgeneem waar hulle parke skoonmaak deur die gras te sny en vullis op te tel. Dit sluit die nuwe parke langs die Van Riebeeck-hoofingang in.
  • Die tak het gereorganiseer en gevolglik ’n nuwe bestuur verkies.
  • Die tak het ’n AfriForum-buurtwag in Kraaifontein gestig.
  • Sowel die tak as die buurtwag het uitgereik na die Botterblommetjies-plaasskool wat onder misdaad gebuk gaan. Tak- en buurtwaglede het ’n veiligheidstrategie aangeneem, radio’s is aangekoop, beplanning vir ’n noodgroep is gedoen en daar is proaktief opgetree.

Malmesbury

  • Die Rondeberg-buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig. Dié buurtwaglede het ook gereageer op die kameras in die area.
  • Die Malmesbury-buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig. Hulle het ook gereageer op noodroepe uit die gemeenskap.
  • Malmesbury-buurtwaglede het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die Malmesbury-buurtwag het die SAPD ondersteun nadat oproer tydens die onlangse tussenverkiesings plaasgevind het; oproeriges het klippe gegooi, bande aan die brand gesteek en ’n persoon in die biblioteek aangehou. Die biblioteek is gevolglik erg beskadig.

Matzikama

  • Die De Draai-, Draaihoek-, Holrivier-, Klawer-, Kleinrivier-, Koekenaap-, Lutzville-, Matzikama-, Nuwerus-, Spruitdrif-, Trawal- en Vanrhynsdorp-plaaswag, asook die Lutzville- en Vredendal-buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Al die plaas- en buurtwagte in die Matzikama-distrik het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die tak het positiewe gesprekke met die Matzikama Plaaslike Munisipaliteit gevoer nadat die munisipaliteit na die tak uitgereik het om samewerking tussen dié twee partye te bewerkstellig.
  • Tak- én buurtwaglede het aan die suidstreek se protospan- en spanleieropleidingskursusse deelgeneem.

Weskus

  • Die Langebaan-buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die Hopefield-plaaswag het deurlopend patrollies gery én observasieposte opgerig om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die Langebaan-buurtwag en Hopefield-plaaswag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig. 
  • Tak- én buurtwaglede het aan die suidstreek se protospan- en spanleieropleidingskursusse deelgeneem.

Soortgelyke plasings