TAKSUKSESSE: NOVEMBER 2022

NOORDSTREEK

GAUTENG

GROTER PRETORIA

Centurion

  • Die tak het gereeld skoonmaakprojekte by ’n rioolpompstasie gehou om vandalisme te verhoed.
  • Taklede het voortgegaan met hulle neem-’n-park-aan-inisiatief deur Furman Park in Valhalla op te knap.
  • Die buurtwag het ’n beveiligingsoperasie by alle pompstasies in Centurion geloods.
  • Die tak se herwinningsprojek het verder uitgebrei nadat ’n derde skool ook die ooreenkoms onderteken het.
  • Taklede het ook voortgegaan met hulle skoonmaakprojek by Montaque Kneen Park in Valhalla, nóg ’n park wat deel vorm van die tak se neem-’n-park-aan-inisiatief.
  • Die tak het hand bygesit tydens die Centurion-parkwedloop om die roete mooi en skoon vir deelnemers te hou. 

Pionier

  • Die tak het om veiligheidsredes die lang gras by sekere gevaarlike stopstrate en kruisings kort gesny.  

Groter Moot

  • Die tak se buurtspan het voortgegaan met talle van sy projekte.
  • Taklede het padstrepe oorgeverf by Moultonlaan, Trumperstraat en Darlingstraat.
  • Die tak se buurtspan het twee bankies gebou vir die park in Haarhoffstraat.
  • Die buurtspan het die rondomtalie in die park in Haarhoffstraat herstel.
  • Die buurtspan het gras gesny in Hertzog- en Fratesstraat.
  • Die buurtspan het gras op verskeie padhoeke omgeskoffel en gras wat deur die plaveisel groei, met gif behandel.
  • Taklede het bome verwyder wat tydens ’n harde reënbui omgewaai het.
  • Buurtwaglede het ’n verdagte in hegtenis geneem wat by breek-en-gryp-voorvalle betrokke was.
  • Die buurtwag het ’n operasie in samewerking met die SAPD, die Tshwane-metropolisie en die Stad Tshwane in Colbyn Ridge uitgevoer.
  • Die buurtwag het daagliks patrollies gery, asook drie operasies deur die loop van die maand uitgevoer.

Wes-Moot

  • Die buurtwag het sigbaarheidspatrollies gehou tydens die gospelmusiekfees.
  • Taklede het sommige bome gesnoei en ander verwyder.
  • Buurtwaglede het sigbaarheidspatrollies by winkelsentrums tydens Swart Vrydag gehou.
  • Die tak het ’n skoonmaakprojek in Driftstraat gehou.
  • Die buurtwag se beheerkamer het ’n verdagte vasgetrek wat met kabeldiefstal verbind word.
  • Buurtwaglede het “red zone”-patrollies tydens beurtkrag gehou.
  • Die buurtwag het ’n operasie in samewerking met die SAPD, die HGPF en ander veiligheidsrolspelers gehou.

Noord van die berg

  • Die tak se tuinspan het talle van sy projekte voortgesit.

OOS-RAND

Alberton

  • Die tak het 12 slaggate opgevul, terwyl taklede terselfdertyd die omliggende velde skoongemaak het.
  • Die tak het met behulp van die GPF en die SAPD ’n 5-jarige seuntjie wat vermis was binne drie ure opgespoor.
  • Die buurtwag se patrolleerders het bystand gebied op ’n toneel waar ’n minibus aan die brand geslaan het op die Swartkoppies-pad. Die patrolleerders het die brandweer ontbied en geen beserings is opgedoen nie.
  • Taklede het ’n vragmotorbestuurder bygestaan nadat hy sy vrag op die Kliprivier-pad verloor het. Taklede het gehelp om die vragmotor veilig uit die pad te verskuif, terwyl hulle ook die SAPD gekontak het.
  • Die tak het sowat 40 mense met trauma-ontlonting bygestaan na afloop van ’n gewapende rooftog in Tulisa Park.
  • Taklede het ondersteuning gebied nadat ’n patrolleerder van die buurtwag op ’n ongelukstoneel op die N12-snelweg afgekom het. Die Johannesburgse metropolisie is ontbied om die toneel oor te neem. Geen ernstige beserings is opgedoen nie.
  • patrolleerder het op ’n motorongeluk op die Swartkoppies-pad afgekom en die nooddienste ontbied. Geen ernstige beserings is aangemeld nie.
  • Die tak het bystand op ’n ongelukstoneel gebied; twee pasiënte is deur paramedici versorg en na die naaste hospitaal vervoer.
  • Taklede het in samewerking met die DA ’n park naby die Gatwick Park Circle skoongemaak.
  • Die buurtwag het ’n gemeenskapslid bygestaan nadat hy aangerand is en sy voertuig se sleutels in ’n bebosde gebied ingegooi is. Buurtwaglede en ander organisasies het gehelp om die sleutels te soek en het dit die volgende dag opgespoor.
  • Die buurtwag het ’n oproep van ’n gemeenskapslid ontvang dat daar tydens die vroeë oggendure ’n inbraak by haar woning was en haar skootrekenaar gesteel is. Hoewel die verdagte die sekuriteitsmaatskappy ontvlug het, is die skootrekenaar ten minste gevind en terugbesorg aan die eienaar.
  • ’n Buurtwagpatrolleerder is deur die gemeenskap in kennis gestel dat ’n maatskappy se bossiekapper van hulle perseel gesteel is. Beskikbare informasie is intern binne die buurtwag gedeel. Die buurtwag het die verdagte ’n paar dae later opgespoor nadat die SAPD ontbied is; hy is in hegtenis geneem en het verdere ondervraging ondergaan.
  • Die tak het sy radionetwerk opgradeer en dit ook na ’n nuwe punt in die dorp verskuif. Die opgradering en verskuiwing het sowel die buurtwag as die radiokommunikasienetwerk in staat gestel om ’n baie groter gebied te dek en die buurtwag se kommunikasievermoë na ’n nuwe vlak te neem.
  • Buurtwaglede het gemeenskapslede bygestaan nadat hulle voertuig se band geruil moes word. Die gemeenskapslede was baie verlig dat AfriForum teenwoordig was in hulle oomblik van nood.
  • Die buurtwag het op ’n toneel afgekom waar ’n dame in haar voertuig flou geword het. Nooddienste is ontbied en met behulp van Fox Sekuriteit en die ambulansdienste is die dame gestabiliseer en na die hospitaal vervoer.
  • Die tak het ’n oproep ontvang dat ’n gemeenskapslid se huis aan die brand geslaan het. Die buurtwag se patrolleerders het na die toneel gehaas, bystand gebied en nooddienste ontbied.
  • Buurtwaglede het waargeneem hoe ’n verdagte kabels en elektriese onderdele van lamppale op die Swartkoppies-pad steel. Privaat sekuriteitsdienste is ontbied en die verdagte is aangehou totdat die SAPD op die toneel opgedaag en die verdagte in hegtenis geneem het.
  • Die buurtwag het aan ’n suksesvolle operasie (Operasie Vala Konke) saam met die SAPD deelgeneem waartydens sigbaarheid verhoog en hoëmisdaadgebiede geteiken is. Tydens die operasie is vyf persone in hegtenis geneem vir die besit van dwelms, drie persone vir die besit van vermoedelik gesteelde goedere, asook drie persone vir die bestuur onder die invloed van alkohol.

Brakpan

  • Die tak het ’n inisiatief geloods wat fokus op onwettige immigrante, onwettige drankhandel en zama-zama-bedrywighede. Tydens die aksie het patrolleerders met behulp van die SAPD 13 suksesvolle arrestasies uitgevoer.
  • Taklede het drie gesteelde voertuie opgespoor en aan die SAPD oorhandig.
  • Die tak het operasies en beplanningsessies gehou wat daarop gemik was om onwettige kragverbindings te ontwrig en te voorkom.
  • Die tak het #KiekieKorps van stapel gestuur om operasies te steun met ’n fotografiese vermoë.
  • Protospan- en buurtwaglede het Stop the Bleed-opleiding bygewoon.
  • Die tak het ’n suksesvolle seminarium saam met aangrensende Oos-Rand-takke gereël om op ’n strategiese manier ’n gekonsolideerde en geordende aanslag teen swak dienslewering met die Ekurhuleni-metro op te neem.
  • Taklede het met behulp van plaaslike rolspelers op ’n prominente dwelmhool in die dorp toegeslaan om toekomstige probleme vir die aangrensende gebied en gemeenskap te verminder.
  • Die tak het met twee kommersiële plaaslike sakevennote binne die gemeenskap onderhandel en met prosesse begin om twee ambulanse beskikbaar te stel ten einde die tak se vermoë om ramptoestande beter te bestuur, te verbeter.

Benoni

  • Taklede het basiese opleiding bygewoon.
  • het deur die loop van die maand meer as 2 960 km in 483 manure afgelê.
  • Die tak het 18 patrolleerders gekies wat ’n gevorderde opleidingsessie bygewoon het wat oor drie dae gestrek het.
  • Taklede is deur die TEAM-groep van Rynfield genooi om by hulle aan te sluit en die gemeenskap te ontmoet. Die dag was ’n groot sukses.
  • Die tak het ’n gesprek oor goeie gesondheid aan meer as 200 leerders van die Liverpool Secondary School aangebied. Dit vorm deel van ’n projek getiteld Sheroes Menstrual Drive.
  • Taklede het 47 slaggate in die Rynfield- en Morehill-omgewing opgevul danksy ’n skenking van 70 sakke teer deur die gemeenskap.
  • Die tak het bystand op ’n toneel in Mackenzie Park gebied waar ’n inwoner gevind is wat uit ’n rolstoel geval het. Die nooddienste is ontbied en die persoon is op die toneel dood verklaar. Taklede het die persoon se familie gekontak en bystand gebied totdat die oorledene se liggaam verwyder is.
  • Taklede het bystand gebied op ’n ongelukstoneel in Mackenzie Park deur die verkeer te reguleer totdat die Ekurhuleni-metropolisie op die toneel opgedaag het.
  • Die tak het sy hulp aangebied op die N12-hoofweg deur die verkeer te reguleer ná ’n motorbotsing.
  • Taklede het bystand gebied deur ’n ongelukstoneel in Peensstraat te beveilig totdat die Ekurhuleni-metropolisie opgedaag het.
  • Die tak het inwoners bygestaan nadat ’n fabriek in Brentwood Park aan die brand geslaan het.
  • het ’n ongelukstoneel op die hoek van Range View-weg en Heronstraat beveilig.
  • Die tak het gehelp met die opsaag en opruiming van ’n boom wat deur weerlig geslaan is en in die pad geval het.
  • Buurtwaglede het gehelp op ’n toneel waar ’n vrou in haar voertuig van haar besittings beroof is. Bure het die rumoer gehoor en ’n boodskap op AfriForum se gemeenskapsgroep geplaas. Sekuriteitsmaatskappye en die SAPD het ook binne minute hulp verleen.

Boksburg

  • Die tak het bystand in Beyerspark verleen tydens ’n mediese noodgeval; ’n gemeenskapslid het ’n aanval gehad en taklede het by die persoon gebly totdat Netcare 911 opgedaag het.
  • Taklede het bystand gebied op ’n ongelukstoneel nadat ’n Toyota Corolla ’n afleweringsvoertuig getref het.
  • Die tak het sy hulp aangebied op ’n toneel waar ’n voertuig ’n hond raakgery het. Die insittendes van die voertuig het gelukkig geen beserings opgedoen nie. Die hond is egter dood aan sy beserings.
  • Taklede het uitgehelp op ’n ongelukstoneel in Ravenswood nadat twee voertuie teen mekaar gebots het.
  • Die tak het ’n verdagte vasgetrek wat by ’n aanrandingsvoorval betrokke was en in sy voertuig probeer vlug het. Die verdagte is aangehou totdat die Ekurhuleni-metropolisie by die toneel opgedaag het.
  • Taklede het blitsig gereageer op ’n huisbraak in Boksburg-Noord.
  • Die tak het bystand aan ’n jong man in Elspark gebied nadat hy oor ’n palissade gespring en homself beseer het. Taklede het by hom gewag totdat Netcare 911 op die toneel opgedaag het.
  • Die tak het bystand aan ’n vrou in Whitfield gebied nadat sy in ’n muur vasgery het. Die vrou is darem nie beseer nie, maar is wel deur paramedici ondersoek.

Edenvale

  • Die buurtwag se geliefde hond Storm het die SAPD tydens ’n suksesvolle klopjag by die Edenvale-taxistaanplek bygestaan waartydens 62 pakkies vooraf verpakte dagga gekonfiskeer is en ’n onwettige immigrant gearresteer is.
  • Die tak het slaggate tydens Projek Gatvul opgevul. Nagenoeg 50 slaggate is die afgelope twee maande in die dorp opgevul.

Germiston

  • Die tak se traumaberaders het ’n ma en dogter bygestaan met traumaberading ná ’n voorval van gesinsgeweld.
  • Taklede het ’n vrou bygestaan wat ’n miskraam gehad het totdat nooddienste opgedaag het en haar na ’n hospitaal geneem het.
  • Die tak het in samewerking met die AfriForum-buurtwag, sekuriteitsmaatskappye en die GPF aan Operasie Okae Maloa deelgeneem.
  • Buurtwaglede het bystand gebied op ’n ongelukstoneel waarby ’n motorfiets betrokke was.
  • Die tak het in samewerking met D-TEQ- privaat ondersoekers ’n familie vir meer as sewe ure bygestaan totdat ’n vermiste familielid aan die familie terugbesorg is.
  • Taklede het ondersteuning gebied op ’n ongelukstoneel nadat ’n bakkie en ’n taxi teen mekaar vasgery het. Daar is vasgestel dat die bakkie gesteel is en die bestuurder daarvan is gevolglik in hegtenis geneem.
  • Die buurtwag het hulp aangebied nadat hulle bewus geraak het van ’n voorval van ontvoering. Daar is egter vasgestel dat ’n tiener probeer weghardloop het. Danksy die hulp van ’n plaaslike kerk is die tiener aan die familie terugbesorg.
  • Taklede het blitsige bystand gebied op ’n ongelukstoneel nadat die bestuurder van ’n BMW beheer daaroor verloor het.
  • Die tak het gehelp om ’n massiewe gebarste waterpyp te herstel.
  • Die buurtwag het in samewerking met First Help patrollies in Klopperpark gery.
  • Buurtwaglede het tydens ’n voetpatrollie ’n gemeenskapslid wat staal vervoer het geadviseer oor hoe om staal veilig te vervoer.
  • Die buurtwag was betrokke by ’n ondersoek van huisbraak in Klopperpark. Twee verdagtes het ’n koevoet gebruik om te probeer inbreek.
  • Buurtwaglede het veiligheidsopleiding ontvang oor hoe om misdaadtonele te hanteer.
  • Die buurtwag het op gesteelde eiendom en implemente afgekom en dit by die Primrose-polisiestasie aangemeld en ingegee.
  • Die tak het ’n verdagte vir die besit van dwelmverwante middels aangekeer en dit aan die Primrose-polisiestasie oorhandig.
  • Taklede het die SAPD gehelp om ’n gesteelde voertuig op te spoor.
  • Die tak het ’n inwoner bygestaan wat ’n mediese noodgeval gehad het. Die tak is agterna bedank vir hul vinnige reaksie.
  • Buurtwaglede het aan ’n sigbaarheidspatrollie deelgeneem waartydens twee nuwe lede gewerf is.
  • Die buurtwag het bystand gebied tydens ’n gewapende rooftog met behulp van die SAPD, plaaslike sekuriteitsmaatskappye en plaaslike GPF-lede.

Kempton Park

  • Die tak se gesondheidsentrum het ’n addisionele bedieningspunt – Allen Park-tehuis vir bejaardes – bygekry en bedien dus tans drie plekke in Kempton Park.
  • Die tak het watertoetse op drie verskillende liggings binne Kempton Park uitgevoer, wat ’n boorgat, ’n kraan en ’n ERWAT (Ekurhuleni Water Care Company) insluit.
  • Die tak het twee addisionele LPR-kamerastelsels by Target in Monumentweg en Moto-Track in Dannweg geïnstalleer om die gemeenskap se veiligheid te bevorder.
  • Die tak het ’n mobiele LPR-kamerastelsel in hulle Ford Ranger geïnstalleer om die veiligheidstrukture ook te steun.
  • Die tak het ’n projek van stapel gestuur wat behels om die Voortrekkers in die omliggende gebied by hulle jeuginisiatiewe te betrek.
  • Die tak het ’n suksesvolle skoonmaakprojek by die park in Tigerweg in Birchleigh gehou; vullis is opgetel en gras is gesny.
  • Taklede het ’n suksesvolle vergadering met plaaslike rolspelers gehou met betrekking tot die voorkoming van onluste ten opsigte van die Zuma-sage, terwyl hulle ook ’n gebeurlikheidsplan geaktiveer en ingeoefen het.

Springs

  • Die tak het ondersteuning gebied op ’n ongelukstoneel in Butlerweg.
  • Taklede het die gemeenskap op twee geleenthede bygestaan met die verwydering van bome in Zigzagweg.
  • Die tak het gemeenskapslede bygestaan met die hantering van onluste.
  • Taklede het die gemeenskap bygestaan om ’n boom uit Clydesdaleweg te verwyder.

WES-RAND EN VAALDRIEHOEK

Heidelberg

  • Die tak het agt dae lank slaggate opgevul.
  • Die tak het vier dae lank vullis opgetel.

Krugersdorp

  • Die buurtwag het bystand gelewer op 11 ongelukstonele.
  • Buurtwaglede het gehelp met die soektog na twee vermiste persone.
  • Die buurtwag het gehelp om gemoedere te kalmeer tydens drie gevalle waar mense selfmoord wou pleeg.
  • Buurtwaglede het vinnig gereageer op noodroepe tydens drie huisbrake.
  • Die buurtwag het bystand gelewer om ’n inbraak by ’n sakeperseel te fnuik.
  • Buurtwaglede het ondersteuning gebied om ’n motorkaping af te weer.

Roodepoort

  • Die buurtwag het ’n inbreker in Witpoortjie aangekeer en aan die SAPD oorhandig.
  • Buurtwaglede het die SAPD bygestaan met die soektog na ’n verdagte persoon wat voertuie steel.
  • Die buurtwag het bystand gelewer op ’n ongelukstoneel op die hoek van Oranje- en Koebergstraat
  • Die tak het in samewerking met die gemeenskap ’n skoonmaakprojek in Len Rutter Park gehou.

Vanderbijlpark

  • Die buurtwag het bystand gelewer deur ’n doringboom uit die pad te verwyder nadat dit deur weerlig raakgeslaan is.
  • Die buurtwag het ’n substasie in Carpentierstraat help beveilig nadat booswigte op twee geleenthede probeer het om kabels te steel.
  • Die tak het 780 klagtes rakende kragonderbrekings ontvang en dit by die munisipaliteit aangemeld.
  • Die tak het agt klagtes rakende water- en rioollekkasies ontvang en dit by die munisipaliteit aangemeld.
  • Taklede het 60 bome by die Nanescol-kleinhoewes en Vaalpets aangeplant.
  • Die tak het gras gesny en skoongemaak in Louw Wepenerstraat.
  • Taklede het gras gesny en skoongemaak in Pasteurboulevard. 
  • Die tak het slaggate in Faraday- en Livingstonboulevard opgevul.
  • Die tak het die Laerskool Kollegepark se insamelingsprojek ondersteun in samewerking met die Centurions Motorfietsklub.
  • Taklede het gras gesny en skoongemaak by die Vredesmonument in Vereeniging. 
  • Die tak het die Centurions Motorfietsklub se “Toy Run” ondersteun in samewerking met Solidariteit Helpende Hand.
  • Taklede het gras gesny en skoongemaak in Pasteurboulevard. 
  • Die tak het gras gesny by die Jeugland- en Herfsoord-tehuis vir bejaardes.
  • Taklede het gras gesny in die park in Louw Wepenerstraat.
  • Die tak het gras gesny op die middelman voor die plaaslike AfriForum-takkantoor.
  • Taklede het slaggate in Livingstonboulevard opgevul.
  • Die tak het slaggate in Jan van Riebeeck-boulevard opgevul.
  • Taklede het slaggate in Westinghouseboulevard opgevul.
  • Die tak het slaggate in Hendrik van Eck-boulevard opgevul.
  • Taklede het slaggate in Frikkie Meyer-boulevard opgevul.
  • Die tak het slaggate in Rossiniboulevard opgevul.
  • Taklede het slaggate in Faradayboulevard opgevul.

Westonaria

  • Die tak het 24 klagtes rakende kragprobleme ontvang en dit by die munisipaliteit aangemeld.
  • Taklede het 31 klagtes rakende waterprobleme ontvang en dit by die munisipaliteit aangemeld.
  • Die tak het 33 klagtes rakende rioolprobleme ontvang en dit by die munisipaliteit aangemeld.
  • Taklede het 23 klagtes rakende vullisverwydering ontvang en dit by die munisipaliteit aangemeld
  • Die tak het vyf klagtes oor die dorp se parke ontvang en dit by die munisipaliteit aangemeld.

MPUMALANGA

Nelspruit

  • Die buurtwag het gereeld patrollies gery deur die loop van die maand.
  • Die tak het voortgegaan met sy volhoubare skoonmaakprojek op die Kaapsehoop-pad.
  • Die buurtwag het tydens patrollies ondersteuning gebied op verskeie ongelukstonele deur te help met verkeerbeheer en toneelhantering.
  • Die tak het nuwe vullisdromme in die Steiltes Natuurreservaat opgerig.
  • Taklede het met Silulumanzi vergader om onwettige rioolstorting te bespreek.
  • Die tak het in samewerking met die Berg en Bos-kompleks druk op Silulumanzi geplaas om ’n rioolpyp wat riool in die Steiltes Natuurreservaat stort, af te blok.
  • Die buurtwag het ’n verdagte in hegtenis geneem wat vir poging tot moord gesoek is.
  • Buurtwaglede het ’n sigbaarheidspatrollie gehou in samewerking met Lowveld Joint Operations Command, ’n veiligheidstaakgroep wat uit verskillende veiligheidsrolspelers in Nelspruit bestaan.
  • Die tak het R5 000 aan die Waterval Primêre Skool se Knipmesbraaifonds geskenk. Die doel daarvan was om geld in te samel vir kinders wie se ouers nie in staat is om skoolgeld te betaal nie.

Witrivier

  • Die buurtwag het gereeld patrollies gery deur die loop van die maand.
  • Buurtwaglede het tydens patrollies ondersteuning gebied op verskeie ongelukstonele deur te help met verkeerbeheer en toneelhantering.
  • Die tak het 25 spekbome by die Casterbridge-sirkel geplant.
  • Taklede het die drie groot renosterbeelde by die Casterbridge-sirkel oorgeverf.
  • Die tak het R2 000 aan die Waterval Primêre Skool se Knipmesbraaifonds geskenk. Die doel daarvan was om geld in te samel vir kinders wie se ouers nie in staat is om skoolgeld te betaal nie.

Lydenburg

  • Die buurtwag het gereeld patrollies gery deur die loop van die maand.
  • Buurtwaglede het tydens patrollies ondersteuning gebied op verskeie ongelukstonele deur te help met verkeerbeheer en toneelhantering.
  • Die buurtwag het in samewerking met die SAPD en ander veiligheidsrolspelers toegeslaan op ’n onwettige myn in die Mount Anderson-omgewing.
  • Die tak het R3 200 aan die plaaslike sakekamer geskenk wat aangewend moet word vir skoonmaakprojekte.
  • Die tak het ’n bedrag geld aan die Lydenburg-dienssentrum, wat minderbevoorregte mense met kos en basiese benodighede bystaan, geskenk.
  • Die tak het R5 000 aan die Waterval Primêre Skool se Knipmesbraaifonds geskenk. Die doel daarvan was om geld in te samel vir kinders wie se ouers nie in staat is om skoolgeld te betaal nie.

Belfast

  • Die tak se noodwaterpunte het suksesvol gefunksioneer tydens watertekorte in die dorp.
  • Die tak se asblikkeprojek het tot ’n skoner en netjieser dorp bygedra.

Machadodorp

  • Die buurtwag het gereeld patrollies gery deur die loop van die maand.
  • Die tak het gehelp met die oprig van ’n watertenk by die polisiestasie op die dorp om te verseker dat die stasie steeds kan funksioneer tydens watertekorte.
  • Die tak het R3 000 aan die Waterval Primêre Skool se Knipmesbraaifonds geskenk. Die doel daarvan was om geld in te samel vir kinders wie se ouers nie in staat is om skoolgeld te betaal nie.

Malelane

  • Die buurtwag het gereeld patrollies gery deur die loop van die maand.
  • Die tak het twee LPR-kameras op die N4-snelweg opgerig om sodoende misdaad te help voorkom.

Dullstroom

  • Die buurtwag is weer ten volle funksioneel nadat ’n nuwe buurtwagleier verkies is.

Bethal

  • Die tak se waterpunt kan deur inwoners gebruik word indien die dorp se watertoevoer onderbreek word.
  • Die tak het in samewerking met Skipgo Teksa weekliks 30 vullisdromme in die dorp gediens.
  • Taklede het ’n skoonmaakprojek by die Bethal-polisiestasie gehou.
  • Die tak het watertoetse uitgevoer as deel van AfriForum se blou-en-groendruppelprojek.

Teks (Trichardt, Evander, Kinross en Secunda)

  • Die buurtwag het ondersteuning gebied op verskeie ongelukstonele.
  • Buurtwaglede het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.
  • Die tak het watertoetse uitgevoer as deel van AfriForum se blou-en-groendruppelprojek.

Delmas

  • Die tak het in samewerking met Delmas Herleef slaggate opgevul.
  • Die Delmas Valke-buurtwag en Forum Sekuriteit het saamgewerk om die Laerskool Delmas te beveilig tydens onluste.

Witbank

  • Die tak het ’n projek afgehandel waartydens padstrepe en spoedhobbels oorgeverf is.

Ermelo

  • AfriForum se Chrissiesmeer-buurtwag het nuwe toerusting in ontvangs geneem.

LIMPOPO

Ellisras

  • Die tak het as ’n gemeenskapsorganisasie geregistreer en ’n skrywe aan die munisipaliteit gerig.

Pietersburg

  • Die buurtwag het gereeld patrollies gery deur die loop van die maand.
  • Die tak het as ’n gemeenskapsorganisasie geregistreer en ’n skrywe aan die munisipaliteit gerig.
  • Die tak het sy begroting vir 2023 afgehandel.

Tzaneen

  • Die tak het as ’n gemeenskapsorganisasie geregistreer en ’n skrywe aan die munisipaliteit gerig.
  • Die tak het sy jaarafsluiting gehou.
  • Buurtwaglede het gereeld patrollies gery deur die loop van die maand.

Messina

  • Taklede het aan die 5 km-pretstap deur die dorp deelgeneem.
  • Die tak het as ’n gemeenskapsorganisasie geregistreer en ’n skrywe aan die munisipaliteit gerig.

Naboomspruit

  • Die buurtwag het twee gesteelde voertuie opgespoor.
  • Buurtwaglede het drie misdadigers in hegtenis geneem.
  • Die buurtwag het ’n ongelisensieerde vuurwapen teruggevind.
  • Sowel tak- as buurtwaglede het aan die massa-optog teen plaasmoorde in Roedtan deelgeneem.
  • Die tak het die boorgate by die Nyl-pompstasie besoek en watermeterlesings van boorgate wat in werking is, geneem.
  • Taklede het die stoptekens en houtpale op die hoek van 7de Straat en 2de Laan vervang, asook op die hoek van 5de Straat en 5de Laan.
  • Die tak het gif rondom die Nyl-pompstasie gespuit om slange weg te hou en onkruid te laat vrek.

Warmbad

  • Die tak het voortgegaan met sy volhoubare projek om parke skoon te maak. Die Apiesdoringpark is dié maand skoongemaak.

Marble Hall

  • Die buurtwag het springstof teruggekry en aan die SAPD oorhandig.
  • Buurtwaglede het vyf gesteelde voertuie opgespoor danksy LPR-kameras.
  • Die buurtwag het op twee wildstrikke afgekom en dit verwyder.
  • Die tak het ’n skrywe aan die Sekhukhune Distriksmunisipaliteit gerig oor riool wat in Japonicastraat vloei.
  • Die tak het druk op die Sekhukhune Distriksmunisipaliteit geplaas om die vloei van riool in Japonicastraat tydelik te verlig.
  • Die tak het aan die munisipaliteit se belasting-en-waardasieproses deelgeneem. 
  • Sowel tak- as buurtwaglede het aan die massa-optog teen plaasmoorde in Roedtan deelgeneem.

Potgietersrus

  • Die buurtwag het ’n massapatrollie gehou.

Groblersdal

  • Die tak het geskenkbewyse aan leerders van die CVO Gromar Landbou Akademie en die Laerskool Julian Muller uitgedeel.

SENTRAALSTREEK

NOORDWES

MOOIRIVIER

Klerksdorp

  • Die tak het die ingang na Doringkruin skoon en netjies gemaak.
  • Songloed-buurtwaglede het munisipale werkers gehelp om straatligte te herstel.
  • Die Songloed-buurtwag het ’n gevaarlike slaggat opgevul.
  • Songloed-buurtwaglede het Leemhuisstraat netjies gemaak deur gras te sny, padgeute skoon te maak en vullis op te tel.

Potchefstroom

  • Die buurtwag het daagliks patrollie gery; 199 aktiewe patrolleerders was verantwoordelik vir 175 patrollies tussen 23 Oktober en 23 November. Altesaam 6 039 km is in 635 manure afgelê.
  • Die tak het talle plaaslikeregeringsakekwessies met die munisipaliteit bespreek, waaronder rioolprobleme en probleme met indringerbome.
  • Taklede het onkruid in Alexanderpark met onkruiddoder behandel.
  • Die tak het die gras in die konsentrasiekampkerkhof gesny.
  • Taklede het danksy die hulp van Mico Scrap Metal boomstompe uit die Mooirivier verwyder voor die onlangse vloede.
  • Die tak het indringerbome in Alexanderpark afgesaag.

Stilfontein

  • Die tak se plaaslikeregeringsakeverteenwoordiger het konstant druk op die munisipaliteit geplaas om oplossings vir probleme in die dorp te vind.
  • Die buurtwag het die gebied rondom Kowiesirkel en Stilfonteinweg skoongemaak.

Wolmaransstad

  • Die tak het teer aan die plaaslike hoërskool geskenk om slaggate rondom die skool op te vul, terwyl taklede ook self ’n paar slaggate in die dorp opgevul het.

MARICO

Lichtenburg

  • Die tak het ’n totaal van 322 m² se slaggate in die dorp opgevul. 22,4 ton teer en drie dromme SS 60 bitumen is hiervoor gebruik. Daar is veral gefokus op Kerk-, Greeff-, Buchanan- en Kerkpleinstraat.

STELLALAND

Vryburg

  • Die tak het ’n sportfees gehou om bande met die gemeenskap te bou. Die naweek was ’n groot sukses met meer as 90 deelnemers wat aan verskeie sportsoorte deelgeneem het. ’n Rolbalaand het deel van die fees gevorm; altesaam 14 spanne vanuit die gemeenskap het daaraan deelgeneem. Dit het ook ’n ete ingesluit en almal het ná die tyd gesellig saam by die rolbalklub gekuier. ’n Gholfdag is ook gehou waaraan 32 spelers deelgeneem het; dit is afgesluit met ’n ete en prysuitdeling.
  • Taklede het hulle volhoubare skoonmaakprojek voortgesit en die konsentrasiekampbegraafplaas se gras gesny, bome se takke gesnoei en onkruid uitgetrek. Die tak hou hierdie begraafplaas deurlopend skoon en sal daarmee voortgaan in die nuwe jaar.  

VRYSTAAT

MOOIRIVIER

Bothaville

  • Buurtwaglede het 90 patrollies deur die loop van die maand gery om sigbaarheid te verhoog.
  • Die buurtwag het ’n sertifikaat van verdienstelikheid aan die Bothaville-polisiestasie oorhandig.

Heilbron

  • Die tak het ’n dringende skrywe aan sowel die Ngwathe Plaaslike Munisipaliteit as die Departement van Water en Sanitasie (DWS) gerig oor die besoedeling van die Elandspruit.

Parys

  • Buurtwaglede het ses patrollies deur die loop van die maand gery om sigbaarheid te verhoog.

Sasolburg

  • Taklede het 33,6 ha gras deur die loop van die maand gesny.
  • Die tak het ’n Kersmark in die Hoëveldse Tuine gehou.
  • Taklede het munisipale werkers gehelp met ’n skoonmaak- en grassny-aksie.

Viljoenskroon

  • Die tak het druk op die Moqhaka Plaaslike Munisipaliteit geplaas rakende voortslepende rioolstortings.

Deneysville

  • AfriForum het sowel ’n tak as ’n buurtwag in Deneysville gestig.

ROSESTAD

Algemeen

  • Die Bloemfontein-takke het in samewerking met Anchor of Hope voortgegaan met volhoubare skoonmaak- en instandhoudingsprojekte. Die takke het in November Nelson Mandelarylaan en Curielaan skoongemaak en in stand gehou. Hierdie twee strate vorm deel van Bloemfontein se hoofroetes na die stad.
  • Bloemfontein se buurtwagte het in samewerking met AfriForum Jeug aan die jaarlikse Kersprojek vir kinderhuise deelgeneem. Geskenke is aan die kinderhuis se kinders uitgedeel.

Pellissier

  • Anchor of Hope, die tak se kontrakteur, het as deel van sy volhoubare skoonmaakprojek die AfriForum-parkie skoongemaak.

Langenhovenpark

  • Anchor of Hope, die tak se kontrakteur, het as deel van sy volhoubare skoonmaakprojek die parkie in Du Plessisstraat skoongemaak.

Rayton-Heuwelsig

  • Die tak het as deel van sy volhoubare skoonmaakprojek drie speelparkies (insluitend Lucas Steyn Park) skoongemaak.

KWAZULU-NATAL

Sodwana

  • Die tak het ’n herhaler aangekoop om hul gemeenskap te bemagtig sodat betroubare kommunikasie altyd kan plaasvind.

Paulpietersburg

  • Die tak het twee gevorderde kameras geïnstalleer om die verkeer te moniteer; dit dra ook by tot die groter stelsel in Noord-Natal.

Durban-Wes

  • Die tak het ’n stalletjie tydens ’n Steve Hofmeyr-konsert by Werda Skool beman om bewusmaking rondom die tak se projekte te skep.

Newcastle

  • Die tak het aan die munisipaliteit se GOP-proses deelgeneem en voorstelle ingedien oor hoe om die rioolstelsel op te gradeer, terwyl hulle ook planne vir ’n nuwe vullisterrein bekendgemaak het.

 

SUIDSTREEK

NOORD-KAAP

Kamiesberg

  • Taklede het Kamieskroon se strate gereeld skoongemaak en vullis na die vullisterrein weggery.
  • Die tak het deurlopend water-, krag- en rioolprobleme aan die Kamiesberg Plaaslike Munisipaliteit se inbelsentrum deurgegee sodat herstelwerk kan plaasvind.
  • Taklede het twee nuwe boorgatwaterpompe geskenk én geïnstalleer in ’n poging om die waterprobleme in Kamieskroon te help oplos.

Kakamas

  • Die tak het deurlopend water-, krag- en rioolprobleme aan die Kai !Garib Plaaslike Munisipaliteit se inbelsentrum deurgegee sodat herstelwerk kan plaasvind.

Kathu

  • Buurtwaglede het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Taklede het die parkeerterrein voor Fit-It gereeld skoongemaak, terwyl hulle ook die bome wat hulle in die parkeerterrein geplant het met water natgelei het.
  • Die tak het deurlopend water-, krag- en rioolprobleme aan die Kamiesberg Plaaslike Munisipaliteit se inbelsentrum deurgegee sodat herstelwerk kan plaasvind.
  • Die tak het ’n buurtwag in Deben gestig. Dié dorp is nagenoeg 20 km vanaf Kathu geleë en sal onder AfriForum se Kathu-tak inskakel.

Keimoes

  • Die Grootoog-buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het weekliks die dorp se hoofstraat en die gebied rondom die waterwiel (wat tot ’n nasionale monument verklaar is) skoongemaak, vullis na die vullisterrein weggery, gras gesny en beddings skoongemaak.
  • Taklede het die badkamers by die waterwiel wat vir toeriste bedoel is, skoongemaak. Dit is ’n volhoubare projek.

Kuruman

Springbok

  • Die tak het deurlopend water-, krag- en rioolprobleme aan die Nama Khoi Plaaslike Munisipaliteit se inbelsentrum deurgegee sodat herstelwerk kan plaasvind.
  • Die tak het saam met die Nama Khoi Plaaslike Munisipaliteit gewerk om die vullisterrein weer op standaard te bring.
  • Die tak het ’n hofsaak bygewoon waarin ’n vorige munisipale bestuurder (mnr. Newman) van bedrog aangekla is en uiteindelik ook skuldig bevind is.

Upington

  • Die tak het deurlopend water-, krag- en rioolprobleme aan die Dawid Kruiper Plaaslike Munisipaliteit se inbelsentrum deurgegee sodat herstelwerk kan plaasvind.
  • Die tak het aan AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.
  • Taklede het watermonsters by die rioolwerke geneem en bevind dat daar ’n direkte inloop van riool in die Oranjerivier is.
  • Die tak het voedsel en groente aan sopkombuise in die gemeenskap geskenk, terwyl Solidariteit Helpende Hand vleis geskenk het.
  • Die tak het twee keer nuusdekking op SABC Nuus gekry rakende Sakkie se Arkie se hofsaak teen die plaaslike munisipaliteit.
  • Die tak is genoem in talle artikels op News24 oor die watertekort in die dorp en die swak standaard van Upington se water.

Williston

  • Die tak het deurlopend water-, krag- en rioolprobleme aan die Karoo Hoogland Plaaslike Munisipaliteit se inbelsentrum deurgegee sodat herstelwerk kan plaasvind.

Bo-Karoo

  • Die buurtwag se jeugvleuel het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.

Delportshoop

  • Taklede het ’n skrywe aan die Dikgatlong Plaaslike Munisipaliteit gerig in ’n poging om as ’n gemeenskapsorganisasie erken te word.
  • Die tak het aan AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

Kimberley

  • Die Kimberley-buurtwag en Modderrivier-plaaswag het deurlopend patrollies gery om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Taklede het aan AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.
  • Die tak het ’n skrywe aan die Sol Plaatje Plaaslike Munisipaliteit gerig in ’n poging om as ’n gemeenskapsorganisasie erken te word.

Prieska

  • Taklede het aan AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.
  • Die tak het ’n skrywe aan die Siyathemba Plaaslike Munisipaliteit gerig in ’n poging om as ’n gemeenskapsorganisasie erken te word.

Vaalharts

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Taklede het aan AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.
  • Die tak het ’n skrywe aan die Phokwane Plaaslike Munisipaliteit gerig in ’n poging om as ’n gemeenskapsorganisasie erken te word.

Warrenton

  • Die tak het ’n skrywe aan die Magareng Plaaslike Munisipaliteit gerig in ’n poging om as ’n gemeenskapsorganisasie erken te word.

OOS-KAAP

Cradock

  • Die tak het sy jaarlikse begrotingsbeplanning gedoen.
  • Die tak het ’n skrywe aan die Inxuba Yethemba Plaaslike Munisipaliteit gerig in ’n poging om as ’n gemeenskapsorganisasie erken te word.

Elliot

  • Die tak het ’n skrywe aan die Sakhisizwe Plaaslike Munisipaliteit gerig in ’n poging om as ’n gemeenskapsorganisasie erken te word.

Gamtoosvallei

  • Die Sondagsriviervallei- en Kirkwood-buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die tak het sy jaarlikse begrotingsbeplanning gedoen.
  • Die tak het ’n skrywe aan die Kouga Plaaslike Munisipaliteit gerig in ’n poging om as ’n gemeenskapsorganisasie erken te word.

Jeffreysbaai

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het sy jaarlikse begrotingsbeplanning gedoen.
  • Buurtwaglede het ’n bewusmakingspatrollie in samewerking met die SAPD en verskeie sekuriteitsmaatskappye gehou.
  • Taklede het opleiding ontvang rakende nuwe toepassings wat AfriForum geïmplementeer het.
  • Die tak het sy kameraprojek van stapel gestuur.
  • Buurtwaglede het ’n nuwe buurtwagbestuur verkies.
  • Die tak het ’n skrywe aan die Kouga Plaaslike Munisipaliteit gerig in ’n poging om as ’n gemeenskapsorganisasie erken te word.

Kamdeboo

  • Die tak het aan AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

Oos-Londen

  • Die tak het sy jaarlikse begrotingsbeplanning gedoen.
  • Die tak het ’n skrywe aan die Buffalo City Metropolitaanse Munisipaliteit gerig in ’n poging om as ’n gemeenskapsorganisasie erken te word.

Port Elizabeth

  • Die Walker Drive- en Broadwood-buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die tak het sy jaarlikse begrotingsbeplanning gedoen.
  • Taklede het ’n stalletjie tydens Sunridge se veiligheidsdag beman om bewusmaking rondom die tak se projekte te skep.
  • Taklede het opleiding ontvang rakende nuwe toepassings wat AfriForum geïmplementeer het.
  • Die Walker Drive-buurtwag het 50 kg se koperkabels teruggekry, asook gereedskap wat gebruik is om die kabels te steel.
  • Die tak het ’n skrywe aan die Nelson Mandelabaai Metropolitaanse Munisipaliteit gerig in ’n poging om as ’n gemeenskapsorganisasie erken te word.

Uitenhage

  • Die tak het sy jaarlikse begrotingsbeplanning gedoen.
  • Die tak het ’n skrywe aan die Nelson Mandelabaai Metropolitaanse Munisipaliteit gerig in ’n poging om as ’n gemeenskapsorganisasie erken te word.

WES-KAAP

De Doorns

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het sy begrotingsbeplanning vir 2023 voltooi en besluit om ’n nuwe hommeltuig en herhaler aan te koop.
  • Die tak het ’n skrywe aan die Breedevallei Plaaslike Munisipaliteit gerig in ’n poging om as ’n gemeenskapsorganisasie erken te word.

Helderbergkom

  • Die tak het sy begrotingsbeplanning vir 2023 voltooi.
  • Die tak het ’n skrywe aan die Stad Kaapstad Metropolitaanse Munisipaliteit gerig in ’n poging om as ’n gemeenskapsorganisasie erken te word.

Kaapstad-Noord

  • Die Bellville-buurtwag en Philippi-plaaswag het deurlopend patrollies gery om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die tak het sy begrotingsbeplanning vir 2023 voltooi.
  • Buurtwaglede het twee suksesvolle arrestasies in die Bellville-omgewing uitgevoer.
  • Die tak het ’n skrywe aan die Stad Kaapstad Metropolitaanse Munisipaliteit gerig in ’n poging om as ’n gemeenskapsorganisasie erken te word.

Kraaifontein

  • Die tak het sy begrotingsbeplanning vir 2023 voltooi.
  • Taklede het in samewerking met Solidariteit Helpende Hand potloodsakkies en ander bederfies by ’n ouetehuis uitgedeel.
  • Die tak het ’n skrywe aan die Stad Kaapstad Metropolitaanse Munisipaliteit gerig in ’n poging om as ’n gemeenskapsorganisasie erken te word.

Malmesbury

  • Die Rondeberg-buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het ’n skrywe aan die Swartland Plaaslike Munisipaliteit gerig in ’n poging om as ’n gemeenskapsorganisasie erken te word.

Overstrand

  • Die Stanford- en Hemel-en-Aarde-plaaswag, asook die Alfa-, Fisherhaven- en Pearly Beach-buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die tak het sy begrotingsbeplanning vir 2023 voltooi.
  • Taklede het gereeld samesprekings met die Overstrand Plaaslike Munisipaliteit gehou rakende kwessies wat inwoners raak.
  • Die tak het ’n skrywe aan die Overstrand Plaaslike Munisipaliteit gerig in ’n poging om as ’n gemeenskapsorganisasie erken te word.

Paarl

  • Die tak het sy begrotingsbeplanning vir 2023 voltooi.
  • Die tak het die Paarl-Noord-buurtwag gestig.
  • Die tak het ’n skrywe aan die Drakenstein Plaaslike Munisipaliteit gerig in ’n poging om as ’n gemeenskapsorganisasie erken te word.

Stellenbosch

  • Die tak het sy begrotingsbeplanning vir 2023 voltooi.
  • Die tak het ’n skrywe aan die Stellenbosch Plaaslike Munisipaliteit gerig in ’n poging om as ’n gemeenskapsorganisasie erken te word.

Vredendal

  • Die De Draai-, Holrivier-, Klawer-, Kleinrivier-, Koekenaap-, Lutzville-, Matzikama-, Nuwerus-, Spruitdrif- en Trawal-plaaswag, asook die Lutzville- en Vredendal-buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die tak het aan AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.
  • Die tak het sy begrotingsbeplanning vir 2023 voltooi.
  • Taklede het die De Draai-plaaswag gestig.
  • Die tak het ’n skrywe aan die Matzikama Plaaslike Munisipaliteit gerig in ’n poging om as ’n gemeenskapsorganisasie erken te word.

Weskus

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het sy begrotingsbeplanning vir 2023 voltooi.
  • Taklede het opleiding in die volgende modules ontvang: patrollies, regsaspekte, toneelhantering en radio-en-spraakprosedure.
  • Die tak het ’n skrywe aan die Saldanhabaai Plaaslike Munisipaliteit gerig in ’n poging om as ’n gemeenskapsorganisasie erken te word.

Worcester

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het sy begrotingsbeplanning vir 2023 voltooi.
  • Die tak het ’n skrywe aan die Breedevallei Plaaslike Munisipaliteit gerig in ’n poging om as ’n gemeenskapsorganisasie erken te word.

George

  • Die Geelhoutboom-, Outeniekwaland- en Harold-plaaswag, asook die Hoekwil-plotwag het deurlopend patrollies gery om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die tak se jeugvleuel het in samewerking met die jeugvleuels van AfriForum se Mosselbaai- en Oudtshoorn-tak ’n kamp by ’n leeuplaas aangebied.
  • Die tak se jeugvleuel het in samewerking met die jeugvleuels van AfriForum se Mosselbaai- en Oudtshoorn-tak ’n skerpskutterdag aangebied waartydens die jeug die geleentheid gekry het om met verskeie wapens te skiet. Die dag se aktiwiteite is afgesluit met ’n “airsoft”-speletjie.
  • Die tak het drie van sy lede gestuur vir ’n kursus wat oor traumabystand handel. AfriForum se traumaeenheid het die kursus in George aangebied.

Hessekwa

  • Die Riversdal-buurtwag en Albertinia-plaaswag het deurlopend patrollies gery om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die Riversdal-buurtwag se protospan het in samewerking met AfriForum se Albertinia-plaaswag hul hommeltuig gebruik om die Departement van Korrektiewe Dienste (DKD) en die SAPD tydens ’n operasie te ondersteun om paroolverbrekers en ander gesoekte persone in Albertinia, Stilbaai en Riversdal in hegtenis te neem.
  • Taklede het watertoetse uitgevoer as deel van AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek.
  • Die tak het ’n skrywe aan die Hessekwa Plaaslike Munisipaliteit gerig in ’n poging om as ’n gemeenskapsorganisasie erken te word.

Kaap Agulhas

  • Taklede het watertoetse uitgevoer as deel van AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek.
  • Taklede het die AfriForum-handelsmerk op die brandsleepwa se waterreservoir aangebring en ’n beskermende omhulsel geïnstalleer om die waterpomp te beskerm.
  • Die tak het ’n skrywe aan die Kaap Agulhas Plaaslike Munisipaliteit gerig in ’n poging om as ’n gemeenskapsorganisasie erken te word.

Knysna

  • Dié pas gestigte tak is besig om alle administrasie en registrasies af te handel sodat taklede met hul eerste gemeenskapsprojek kan begin.
  • Die tak se omgewingsakeportefeulje het ondersoek ingestel na die situasie met betrekking tot die Sedgefieldduin, terwyl hulle ook die moontlikheid ondersoek om ’n skoonmaakprojek daar te hou.
  • Die tak het ’n gazebo en ander bemarkingsmateriaal aangekoop om tydens takaksies te gebruik.
  • Die tak het ’n skrywe aan die Knysna Plaaslike Munisipaliteit gerig in ’n poging om as ’n gemeenskapsorganisasie erken te word.

Mosselbaai

  • Die Herbertsdale- en Groter Brandwag-plaaswag, asook die Glentana- en Groot Brakrivier-buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Glentana-buurtwaglede het opleiding in regsaspekte en patrollievaardighede ontvang.
  • Die tak se jeugvleuel het in samewerking met die jeugvleuels van AfriForum se George- en Oudtshoorn-tak ’n kamp by ’n leeuplaas aangebied.
  • Die tak het drie van sy lede gestuur vir ’n kursus wat oor traumabystand handel. AfriForum se traumaeenheid het die kursus in George aangebied.
  • Die tak het ’n skrywe aan die Mosselbaai Plaaslike Munisipaliteit gerig in ’n poging om as ’n gemeenskapsorganisasie erken te word.

Oudtshoorn

  • Die Oudtshoorn- en De Rust-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die Oudtshoorn- en De Rust-buurtwag het aan twee massapatrollies deelgeneem.
  • De Rust-buurtwaglede het opleiding in regsaspekte ontvang.
  • Die tak se jeugvleuel het in samewerking met die jeugvleuels van AfriForum se George- en Mosselbaai-tak ’n kamp by ’n leeuplaas aangebied.
  • Die tak se jeugvleuel het in samewerking met die jeugvleuels van AfriForum se George- en Mosselbaai-tak ’n skerpskutterdag aangebied waartydens die jeug die geleentheid gekry het om met verskeie wapens te skiet. Die dag se aktiwiteite is afgesluit met ’n “airsoft”-speletjie.
  • Die tak het ’n skrywe aan die Oudtshoorn Plaaslike Munisipaliteit gerig in ’n poging om as ’n gemeenskapsorganisasie erken te word.

Robertson

  • Buurtwaglede het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Taklede het aan AfriForum se jaarlikse nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.
  • Die tak het ’n skrywe aan die Langeberg Plaaslike Munisipaliteit gerig in ’n poging om as ’n gemeenskapsorganisasie erken te word.

Swellendam

  • Buurtwaglede het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die buurtwag het ’n reeks vergaderings bygewoon om verhoudings met wetstoepassingsowerhede, die SAPD en ander veiligheidsrolspelers te versterk.
  • Die tak het ’n skrywe aan die Swellendam Plaaslike Munisipaliteit gerig in ’n poging om as ’n gemeenskapsorganisasie erken te word.

Soortgelyke plasings