AFRIFORUM TAKSUKSESSE: OKTOBER 2020

GAUTENG

GROTER PRETORIA

Centurion

AfriForum se Centurion-tak het ‘n buurtwag gestig.
AfriForum se Centurion tak pak derde skoonmaak aksie in Montaque kneen park aan.
AfriForum se Centurion tak het twee slaggate reggemaak in Zwartkop en Mall@Reds
AfriForum se Centurion tak het met ’n herwinnins projek begin by Laerskool Wierda Park.
AfriForum se Centurion tak het verskeie werwingstalletjies gehou.
Bronkhorstspruit

AfriForum se Bronkhorstspruit tak het ‘n buurtwag gestig
AfriForum se Bronkhorstspruit tak het die kruising op R25 skoongemaak.
AfriForum se Bronkhorstspruit tak het bome geplant saam met AfriForum Jeug by Christelike Akademie.
AfriForum se Bronkhorstspruit buurtwag het hulp verleen aan die brandweer tydens n huis wat brand.
AfriForum se Bronkhorstspruit buurtwag bied beskerming aan besigheid na inbraak.
AfriForum se Bronkhorstspruit buurtwag gee hulpverlening tydens trwee motor ongelukke.
AfriForum se Bronkhorstspruit buurtwag help met verkeersregulering tydens veld brande.
AfriForum se Bronkhorstspruit tak neem deel aan boks vir n boer projek.
Moot

AfriForum se Moot tak het ’n kamera projek geloods.
AfriForum se Moot tak het paaie geverf voor LS Villieria.
AfriForum se Moot buurtwag neem deel aan berg patrollie en gebeurlikheids- inoefening.
AfriForum se Moot tak neem deel aan skole veiligheidsoudits
AfriForum se Moot tak het by verskeie skole bome geplant.
AfriForum se Moot tak hou skoonmaak aksie by die spruit tussen 28ste en 32ste laan.
AfriForum se Moot tak reël vir 3 afset punte tydens boks vir ’n boer projek.
AfriForum se Moot tak help die gemeenskap om boom te verwyder tydens storm by 13de laan.
AfriForum se Moot tak het drie nuwe bome gaan plant by die spruit.
Oosmoot

AfriForum se OosMoot tak het ’n kamera projek geloods.
AfriForum se OosMoot tak het verskeie slaggate herstel.
AfriForum se OosMoot buurtwag neem deel aan ’n berg patrollie.
AfriForum se OosMoot tak het by verskeie skole bome gaan plant.
AfriForum se OosMoot tak hou skoonmaak aksie by die spruit tussen 28ste en 32ste laan.
AfriForum se OosMoot tak reël vir 2 afset punte tydens boks vir ’n boer projek.
WesMoot

AfriForum se WesMoot buurtwag neem deel aan berg patrollie en gebeurlikheids- inoefening.
AfriForum se WesMoot tak het kamera projek geloods
AfriForum se WesMoot tak neem deel aan skole veiligheid oudits.
AfriForum se WesMoot tak maak parkie skoon.
AfriForum se WesMoot tak plant bome by verskeie skole.
Pionier

AfriForum se Pionier tak help met die verspreiding van bokse tydensdie boks vir ’n boer projek.
Apiesrivier

AfriForum se Apiesrivier tak skenk 1.5-ton lusern bale, 1-ton beet en 1-ton wortels aan Vrystaat boere.
AfriForum se Apiesrivier tak hou gereelde patrollies en beveilig hulle gebied.
Hennopsrivier

AfriForum se Hennopsrivier tak het gereorganiseer.

WESRAND

Die AfriForum-tak in Heidelberg het ‘n boom aan die plaaslike Voortrekkerkommando geskenk en op dié dag by die Ou Tronk in dié dorp geplant.
Die AfriForum-tak in Roodepoort het bome aan die Hamerkop-voëlpark geskenk.
Buurtwaglede vereer na spoedige optrede om vermiste baba op te spoor
Die AfriForum-buurtwag in Roodepoort het hul agtste maandelikse massa- en misdaadvoorkomingspatrollie gehou.
Die AfriForum-tak in Vereeniging het die afgelope week 4,5 ton teer geskenk om slaggate in die dorp te herstel.

OOS-RAND

Kemptonpark

AfriForum se Kemptonpark-tak het die water getoets in die Rietvlei Park. Die span het dadelik gaan watertoetse doen en die uitslae rapporteer aan bestuur vir ontleding
AfriForum se Kempton-park tak het ‘n oproep ontvang dat die vullisterrein te Highveldstraat in haglike toestand is. Die voorsitter het gaan ondersoek instel en vasgestel dat die masjienerie buite werking is en dat opruiming tans onderweg is. Die voorsitter is ook meegedeel dat die watertoevoer probleem intussen herstel is nadat AfriForum Kempton Park die stadsraad van die probleem in kennis gestel is. Die opruimingswerk sal gemonitor word en volgehoue druk sal op die munisipale bestuur toegepas word om die terrein skoon te hou.
AfriForum se Kempton-park tak het ‘n opleidingsessie vir dames selfverdediging aangebied
Springs

AfriForum se Springs-tak het 2 vuurvegters aangekoop om die voortdurende brande te blus
AfriForum se Springs-tak het deel van hul ons dorp projek die George Sutter-Park in Selection Park skoongemaak.

MPUMALANGA OOS

Witrivier

AfriForum se Witrivier buurtwag het ‘n gesteelde voertuig teruggevind.
AfriForum se Witrivier tak het Spekbome by verskeie skole geplant..
AfriForum se Witrivier tak het Bokse vir boere help insamel vir Vrystaat Brandhulp.
AfriForum se Witrivier tak het R10 000 geskenk vir Vrystaat Brandhulp.
Nelspruit

AfriForum se Cairn Burnside plaaswag en Malalane buurtwag leiers het opleiding in Centurion bygewoon.
AfriForum se Nelspruit tak het Bokse vir boere help insamel vir Vrystaat Brandhulp.
AfriForum se Nelspruit tak het R15 000 geskenk vir Vrystaat Brandhulp.
Bethal

Bethal AfriForum tak se waterpunt is slaggereed om mense by te staan as die water toevoer af is.
AfriForum se Bethal tak diens elke week 30 asdromme in Bethal se Sentrale besigheids distrik.
AfriForum se Bethal-tak het verdere konstruksie aan die voedselskema voortgesit.
AfriForum se Bethal tak het Bokse vir boere help insamel vir Vrystaat Brandhulp.
AfriForum se Bethal tak het R3000 geskenk vir Vrystaat Brandhulp.
Lydenburg

AfriForum se Lydenburg tak het Selfverdedigings opleiding vir vroue aangebied.
AfriForum se Lydenburg tak het R15000 geskenk vir Vrystaat Brandhulp.
AfriForum se Lydenburg tak het bokse vir boere help insamel.
AfriForum se Dullstroom buurtwag is gestig.
AfriForum se Dullstroom buurtwag het bokse vir boere help insamel.
Machadodorp

AfriForum se Machadodorp buurtwag Leier het opleiding ontvang in Centurion.
AfriForum se Machadodorp tak het bokse vir boere help insamel.
Mpumalanga

AfriForum se Mpumalanga Koördineerder het gehelp met die terugvind van R240 000 se gesteelde Mieliesaad in samewerking met SAPD, Oorgrens veiligheid, en Bethal GPF. Daar is ook 7 arrestasies gemaak tydens die operasie.
AfriForum se Mpumalanga Koördineerder het gehelp om geborgde voer na die Vrystaat brand gebied te neem in samewerking met Boere In Nood NPC en Bethal GPF.

MPUMALANGA-WES

Piet Retief

AfriForum Piet Retief Buurtwag hou massapatrollie
AfriForum Piet Retief Buurtwag hou sigbaarheids patrollie saam SAPS
Standerton

AfriForum Standerton Buurtwag het hulp verleen met veldbrande in en om Standerton.
AfriForum Standerton buurtwag help met voorbrande.
AfriForum Standerton tak besig met beplanning van die noodwaterpunt.
AfriForum Standerton Buurtwag woon Buurtwag leier konferensie by.
Secunda Teks

AfriForum Secunda teks Buurtwag het hulp verleen met veldbrande in en om Secunda.
AfriForum Secunda teks Buurtwag woon Buurtwag leier konferensie by.
AfriForum Secunda teks tak help met instandhouding by ouetehuis
AfriForum Secunda Buurtwag en tak herstel slaggate in teks-area.
Ermelo

AfriForum Ermelo Buurtwag hou massapatrollie saam met SAPS.
Delmas

AfriForum Delmas, Argent, Eloff en Sundra buurtwag hou massapatrollie
Middelburg

AfriForum Middelburg plaaswag en buurtwag hou massa patrollie.
AfriForum Middelburg tak help ouetehuis om nuwe wasmasjiene aan te koop na brand die bejaarde tehuis verwoes.
AfriForum buurtwag woon Buurtwag leier konferensie by.
AfriForum Middelburg jeug neem deel aan die witkruis dag.

LIMPOPO

AfriForum se Limpopo takke neem deel in Ons Dorp maand en plant AfriForum wereld borde. Die takke help ook met die boks vir n boer projek.
AfriForum se MarbleHall-buurtwag ry n totaal van 80 patrollies.
AfriForum se Naboomspruit-tak neem deel in die Ons Dorp maand, verf paaie rondom die skole
AfriForum se Naboomspruit-tak plant n AfriForum wereld bord
AfriForum se Nylstroom-tak neem deel in die Ons Dorp maand, plant bome en skenk teer aan CVO skool, tak beoog om self ook slaggate te vul.
AfriForum se Ellisras-tak in samewerking met AfriForum se Steenbokpan-Buurtwag vul slaggate
AfriForum se Tzaneen-tak herorganiseer
AfriForum se Modjajiskloof-Buurtwag oefen gebeurlikheidsplan in saam met Venda inwoners en ontvang opleiding.
AfriForum stig n tak in Musina
AfriForum se Potgietersrus-buurtwag voer arrestasie uit en gee EMS bystand
AfriForum se Potgietersrus-buurtwag en AfriForum se Pietersburg-buurtwag saam met SAPD vang en arresteer gewapende kapers.
AfriForum se Pietersburg-buurtwag oefen gebeurlikheidsplan in
AfriForum se Pietersburg-tak doen opknappingwerk by plaaslike Spar en sit ook AfriForum wereld bord op
AfriForum se Pietersburg-tak loods volhoubare watertenk projek

NOORD-KAAP

Hopetown

Die tak het aan AfriForum se Boks vir ’n Boer-projek deelgeneem om boere in die Vrystaat by te staan ná die onlangse brande.
Keimoes

Die tak het ’n groot skoonmaakprojek in die dorp van stapel gestuur waartydens die middedorp om die kanaalwal, strate en sypaadjies skoongemaak is, asook die voormalige karavaanpark by Friersdalespruit (voorheen bekend as Brug 56). Daar is ook behoorlik rondom die waterwiel geskoffel en gewerskaf.
Orania

Die tak het aan AfriForum se Boks vir ’n Boer-projek deelgeneem om boere in die Vrystaat by te staan ná die onlangse brande.
Kuruman

Die tak het ’n uiters suksesvolle 4×4-dag gehou.
Prieska

Die tak het met die gemeenskap vergader om die takbestuur uit te brei.
Die tak het die aanbreek van lente gevier tydens ’n gemeenskapskuier.
Strydenburg

Geen
Upington

Die tak het aan AfriForum se Boks vir ’n Boer-projek deelgeneem om boere in die Vrystaat by te staan ná die onlangse brande.
Vaalharts

Die tak het slaggate opgevul danksy ’n skenking van 25 kg teer.

OOS-KAAP

Cradock

AfriForum het ’n tak in Cradock gestig.
Elliot

Die tak het met die Chris Hani Distriksmunisipaliteit vergader oor water- en rioolprobleme wat die gemeenskap ervaar.
Jeffreysbaai

Die tak het aan AfriForum se Boks vir ’n Boer-projek deelgeneem om boere in die Vrystaat by te staan ná die onlangse brande.
Kamdeboo

AfriForum het die Kamdeboo-tak gestig. Hierdie tak sluit Aberdeen, Graaff-Reinet en Willowmore in.
Port Elizabeth

Die tak het voortgegaan met sy volhoubare strandbeveiligingsprojek en die skoonmaak van strande. Aangesien toerisme ’n baie belangrike aspek van Port Elizabeth se ekonomie is, is dit dus van kardinale belang dat die strande hul Blouvlagstatus op dié manier behou.
Die strategie om die Oos-Kaap se veiligheid op te skerp is ’n stap verder geneem deur verskeie uitreikprojekte en gesprekke met rolspelers in die veiligheidsbedryf te hou. Daar word maandeliks vordering gemaak in hierdie strewe en harde werk word agter die skerms gedoen om dit te verwesenlik.
Die tak het aan AfriForum se Boks vir ’n Boer-projek deelgeneem om boere in die Vrystaat by te staan ná die onlangse brande.

WES-KAAP

George

Die tak het ’n projek van stapel gestuur om eienaarskap van ’n speelparkie te neem, dit te beveilig en dit op te knap om sodoende weer ’n omgewing te skep waar kinders en ouers op ’n gesonde wyse sosiaal kan verkeer. ’n Heining, nuwe klimrame en opvoedkundige speelgoed maak deel uit van die beplanning.
Die tak het aan AfriForum se Boks vir ’n Boer-projek deelgeneem om boere in die Vrystaat by te staan ná die onlangse brande.
Helderbergkom

Die tak het die organisasie se #VegEnBou-week afgeskop met ’n skoonmaakprojek by die groenstrook langs die Summervale-aftreeoord in Gordonsbaai.
Die tak het Secure Rite Security in Somerset-Wes met middagete verras, terwyl buurtwaglede in die Helderbergkom veiligheidsopleiding in regsaspekte ontvang het.
Die tak het bejaardes by die Ons Plek-gemeenskapsentrum met lekkernye, handmasserings en komberse bederf. Dit is in samewerking met Solidariteit Helpende Hand en die Helderberg School of Beauty gedoen.
Hessekwa

Die tak het gereorganiseer en spog met ’n splinternuwe bestuur onder die bekwame leiding van Johan Crous. Die gemeenskap het hul toewyding aan die doelstellings van AfriForum herbevestig en daar word uitgesien na hernude ywer om die gemeenskap te dien.
Die tak het aan AfriForum se Boks vir ’n Boer-projek deelgeneem om boere in die Vrystaat by te staan ná die onlangse brande.
Kaapstad-Noord

Die tak het instandhoudingswerk by die Kasteel die Goeie Hoop in die Kaapse middestad gedoen.
Die tak het die Uitspanpospark in Durbanville skoongemaak deur vullis op te tel en dit weg te ry, waarna die eiland in Jip de Jagerrylaan met onkruiddoder gespuit is.
Buurtwag- en gemeenskapslede het veiligheidsopleiding in regsaspekte ontvang.
Die tak het AfriForum se #VegEnBou-week op ’n hoë noot afgesluit deur 35 spekbome en vyf geelhoutbome saam met die voormalige Binnelanders-aktrise Pascal Pienaar te plant, terwyl hulle ook gehelp het om die vooraansig van die Oom Vossie Voortrekkersaal in Bellville nuut oor te verf.
Die tak het vyf geelhoutbome in die Jack Miller Park in Bellville geplant.
AfriForum se Alfa-buurtwag, wat deel van die burgerregteorganisasie se Overstrand-tak vorm, het as deel van die tak se #OnsDorp-veldtog die begraafplaas in Onrus skoongemaak.
Kaap Agulhas

Die tak het aan AfriForum se Boks vir ’n Boer-projek deelgeneem om boere in die Vrystaat by te staan ná die onlangse brande.
Malmesbury

Die tak het 385 boeke aan die O.J. Erasmus Primêre Skool geskenk as deel van dié organisasie se #OnsDorp-veldtog.
Mosselbaai

Die tak het voortgegaan om sy hulpbronne, wat die karavaan insluit, aan die plaaslike regering beskikbaar te stel in die voortgesette stryd teen die COVID-19-pandemie.
Die tak het aan AfriForum se Boks vir ’n Boer-projek deelgeneem om boere in die Vrystaat by te staan ná die onlangse brande.
Oudtshoorn

Die tak het die vrugte van maande se harde werk en vele vergaderings gepluk deur die stigting van AfriForum se Oudtshoorn-buurtwag. Die tak het daarin geslaag om mense van sowel landelike as dorpsgebiede te verenig en te organiseer in ’n doeltreffende en georganiseerde eenheid wat soveel sterker is as vantevore.
Overstrand

AfriForum se Alfa-buurtwag, wat deel van die burgerregteorganisasie se Overstrand-tak vorm, het as deel van die tak se #OnsDorp-veldtog die begraafplaas in Onrus skoongemaak.
Die tak het aan AfriForum se Boks vir ’n Boer-projek deelgeneem om boere in die Vrystaat by te staan ná die onlangse brande.
Vredendal

Die tak het aan AfriForum se Boks vir ’n Boer-projek deelgeneem om boere in die Vrystaat by te staan ná die onlangse brande.
Worcester

Die tak het aan AfriForum se Boks vir ’n Boer-projek deelgeneem om boere in die Vrystaat by te staan ná die onlangse brande

VRYSTAAT

MOOIRIVIER

Parys

Die tak se omgewingsakebeampte het munisipale probleme aangemeld en toegesien dat oplossings daarvoor gevind word.
Die tak het bokse vir AfriForum se Boks vir ’n Boer-projek ingesamel.
Die tak het sigbaarheid van stoptekens verbeter deur gras daar rondom kort te sny.
Die buurtwag het gereeld patrollies gehou.
Sasolburg

Die tak het 8,67 ha gras in parke en groenstroke gesny.
Die tak het talle slaggate opgevul.
Die tak het die parke, groenstroke en sypaadjies langs besige strate skoongemaak.
Die tak het etes aan die dogterskinderhuis op die dorp verskaf.
Die tak het die inligtingsborde by die ingange na die dorp herstel en nuut oorgeverf, asook nuwe kaarte daarin gemonteer.
Die tak het padstrepe nuut oorgeverf en katogies by besige kruisings opgerig.
Die tak het in samewerking met die SAPD ’n praatjie oor veiligheid gelewer met spesifieke verwysing na merkers, terwyl Marnus Kamfer, AfriForum se regs-en-risikobestuurder vir Gemeenskapsveiligheid, oor vuurwapengebruik gepraat het.
Die tak het ’n geleentheid gereël waartydens dr. Eugene Brink, AfriForum se strategiese raadgewer vir Gemeenskapsake, oor die politieke en ekonomiese nagevolge van COVID-19 gepraat het.
Die tak het drie bome elk by die Hoërskool Vaalpark Articon en die Hoërskool Sasolburg geplant, terwyl bome ook aan die plaaslike Voortrekkers geskenk is.
Die tak het bokse vir AfriForum se Boks vir ’n Boer-projek ingesamel.
MARICO

Rustenburg

AfriForum se teenboelieveldtogspan het besoek by die Laerskool Proteapark en die Laerskool David Brink afgelê om bewusmaking te doen rondom afknouery in skole.
Die tak het ’n veiligheidsoudit by die Laerskool Proteapark uitgevoer om die skool se veiligheid op te skerp.
Die tak het aan ’n protesoptog teen plaasmoorde deelgeneem.
Die tak het bome by die Laerskool David Brink geplant.
Die tak het 500 kg noodsaaklike voedsel aan Huis Sering, Spes Bona, Santa Fé en die Lighthouse Kinderhuis geskenk.
Die tak het ’n spruit in Safari Tuine skoongemaak. Die plantegroei was baie dig en oorgroei, wat wegkruipplek aan misdadigers gebied het. Die digte plantegroei het ook die natuurlike vloei van die spruit verhinder.
Lichtenburg

Die tak het in samewerking met Tacet Transport padveiligheid verbeter. Hulle het ’n groot veiligheids-en-gesondheidsrisiko in dié dorp hokgeslaan deur tien spoedhobbels in Dr. Beyers Naudérylaan aan te bring. AfriForum het R10 000 tot dié projek bygedra en ook ’n ooreenkoms met die Ditsobotla Plaaslike Munisipaliteit aangegaan sodat die veranderings aan die pad volgens wet geskied. Die vasberadenheid van die gemeenskap het egter die wa deur die drif getrek, want die totale koste het meer as R100 000 beloop – en die meeste fondse is deur die gemeenskap bygedra.
Die tak het as deel van die burgerregteorganisasie se #OnsDorp-projek 3,9 ton teer gebruik om slaggate in 14de Laan op te vul. Tydens dié projek is ongeveer 300 m se randstene ook nuut oorgeverf en skoongemaak. Die tak het bykans R15 000 aan die #OnsDorp-projek bestee.

STELLALAND

Biesiesvlei

Die buurtwag het in samewerking met die SAPD patrollies gehou om verhoogde sigbaarheid te handhaaf.
Die tak het met die Ditsobotla Plaaslike Munisipaliteit vergader rakende ’n rioolprobleem.
Delareyville

Die buurtwag het in samewerking met die SAPD patrollies gehou om verhoogde sigbaarheid te handhaaf.
Die tak het ’n petisie opgestel teen die munisipaliteit se swak dienslewering.
Die tak het bokse vir AfriForum se Boks vir ’n Boer-projek ingesamel.
Vryburg

Die buurtwag het in samewerking met die SAPD patrollies gehou om verhoogde sigbaarheid te handhaaf.
Die tak het voortgegaan met sy suksesvolle slaggatherstelprojek.
Die tak het ’n suksesvolle vergadering met die distriksmunisipaliteit gehou oor die pad vorentoe en om beter saam te werk.
Die buurtwag het die plaaslike begraafplaas tydens besoektyd op Sondae beveilig.
Die tak het 30 bokse vir AfriForum se Boks vir ’n Boer-projek ingesamel.
Christiana

Die buurtwag het in samewerking met die SAPD patrollies gehou om verhoogde sigbaarheid te handhaaf.
Die tak het 50 kg wildsvleis verpak en onder minderbevoorregte gesinne versprei.
Die tak se jeugvleuel het ’n skoonmaakprojek van stapel gestuur.
Die tak se jeugvleuel het verversings vir die plaaslike ouetehuis geskenk.
Die buurtwag het gehelp met die bestryding van brande op verskeie plase.
Hertzogville

Die tak het die plaaslike begraafplaas skoongemaak as deel van sy volhoubare skoonmaakprojek.
Schweizer-Reneke

Die buurtwag het in samewerking met die SAPD patrollies gehou om verhoogde sigbaarheid te handhaaf.
Die tak het met die munisipaliteit vergader rakende swak dienslewering.
Bloemhof

Die tak het in samewerking met die Fountain of Hope-organisasie voedsel aan 30 gesinne geskenk as deel van sy volhoubare voedselprojek.
Die tak het die plaaslike polisiestasie en kliniek ontsmet.
Die tak het die grondvoorbereiding voltooi vir sy groentetuinprojek.
Sannieshof

Die tak het met die munisipaliteit vergader oor beter samewerking en die pad vorentoe.

KWAZULU-NATAL

Newcastle

Die tak het bome by die Normandien Boerevereniging geplant.
Die tak het bokse vir AfriForum se Boks vir ’n Boer-projek ingesamel.
Die tak het druk op die Valke geplaas om die burgemeester vir korrupsie te vervolg.
Die tak het gehelp met die verligting van voedselnood.
Die buurtwag het talle patrollies gehou om sy gemeenskap te beveilig.
Utrecht

Die tak het saam met ander organisasies gehelp met die verligting van voedselnood.
Die buurtwag het ’n veiligheidsforum tot stand gebring.
Die tak het bokse vir AfriForum se Boks vir ’n Boer-projek ingesamel.
Vryheid

Die buurtwag het talle patrollies gehou om sy gemeenskap te beveilig.
Paulpietersburg

Die buurtwag het talle patrollies gehou om sy gemeenskap te beveilig.
Die tak het bokse vir AfriForum se Boks vir ’n Boer-projek ingesamel.
Pongola

Die tak het sy veiligheidskameranetwerk verder uitgebrei deur nóg twee kameras op te rig.
Die tak het vullis in die dorp weggery.
Die tak het druk op die munisipaliteit geplaas om aandag aan verskeie kwessies te gee, waaronder parkeerareas, onvoldoende waterdruk, slaggate en stukkende straatligte.
Die tak het bokse vir AfriForum se Boks vir ’n Boer-projek ingesamel.
Richardsbaai

Die tak het watertoetse uitgevoer as deel van die burgerregteorganisasie se blou-en-groendruppelprojek
Die tak het bokse vir AfriForum se Boks vir ’n Boer-projek ingesamel.

Soortgelyke plasings