TAKSUKSESSE: JUNIE 2023

NOORDSTREEK

GAUTENG

GROTER PRETORIA-NOORD

Groter Moot

  • Die tak het 94 sakke vullis weggery; dit het ’n totaal van 156 manure in beslag geneem.
  • Taklede het 352 manure aan ontbossing spandeer.
  • Die tak het drie bakkievragte (sleepwa ingesluit) tuinvullis weggery.
  • Die tak het verfwerk gedoen op die hoek van 30ste Laan en Terblanchestraat.
  • Taklede het die kragboks op die hoek van H.F. Verwoerdlaan en Adcockstraat geverf.
  • Die tak het drie kragbokse in Voortrekkerweg geverf.
  • Taklede het die brug oor die Moot Suidspruit by 31ste Laan geverf.
  • Die tak het die waterkrane by die Voortrekkerterrein geverf.
  • Taklede het ses stormwaterdreine in H.F. Verwoerdlaan skoongemaak.
  • Die tak het ’n stukkende stormwaterdrein by die Voortrekkerterrein verwyder, waarna ’n nuwe basis daarvoor gebou is en ’n nuwe drein ingesit is.
  • Taklede het die plaveisel langs die nuwe stormwaterdrein op die Voortrekkerterrein herstel.   
  • Die tak het bourommel wat naby die Moot Suidspruit gestort is opgetel en weggery.
  • Taklede het 6 m² bourommel tussen 29ste- en 32ste Laan opgetel en weggery.
  • Die tak het spekbome in Fratesweg geplant.
  • Taklede het tydens wateronderbrekings – wat 44 uur lank geduur het – water aan twee aftreeoorde verskaf, naamlik Huis Vergenoeg en Oos-Moot-aftreeoord.
  • Twee eenheidspanne verbonde aan die buurtwag het daagliks patrollies gery. 28 patrolleerders het ’n totaal van 56 patrollies gery waartydens 773,29 km in 73,92 manure afgelê is.  

Noord van die berg

  • Die tak se tuinspan het voortgegaan met talle van hul projekte.
  • Die tak se tuinspan het 1 507 swartsakke vullis opgetel.
  • Die tak se tuinspan het 67 vragte vullis weggery.
  • Die se tuinspan het altesaam 10 ha gras gesny.
  • Taklede het 71 slaggate opgevul.
  • Die tak se tuinspan het elke Maandag om die beurt 13 parke skoongemaak.
  • Taklede het gehelp om begraafplase skoon te maak.
  • Die tak se tuinspan het strate skoongevee – ’n afstand gelykstaande aan 5 km.

Bronkhorstspruit

  • Die buurtwag het gereeld sigbaarheidspatrollies gehou.
  • Buurtwaglede het talle observasiepatrollies gehou om onluste wat handuit ruk vroegtydig te identifiseer.
  • Taklede het klippe en takke uit paaie verwyder sodat motoriste veilig verby kan ry.
  • Die tak het die eerste sade in bokse geplant vir sy tuinprojek. Die doel hiermee is om kos aan kinderhuise te voorsien.

Wes-Moot

  • Die tak se kameraprojek het weer vrugte afgewerp nadat ’n verdagte vir kabeldiefstal in hegtenis geneem is.
  • Taklede het gehelp om ’n veldbrand by die reservoir te blus.

GROTER PRETORIA-SUID

Centurion

  • Die tak se buurtspan het ’n verlate erf op die hoek van Basson- en Louisaweg in Wierdapark skoongemaak. Dié erf is as ’n veiligheidsrisiko geïdentifiseer.
  • Die tak se buurtspan het slaggate in Eldoraigne, Kloofsig en Clubview opgevul en geseël as deel van die tak se slaggatherstelprojek wat in Junie gehou is.
  • Buurtwaglede het opleiding ontvang tydens die noordstreek se opleidingsiklus. Lede het aan die buurtwagleierkursus, die inligtingleierkursus en die VOLK-skietinstrukteurskursus deelgeneem.
  • Die tak se buurtspan het skoongemaak op die hoek van Uitsigweg en die R101 (Ou Johannesburgweg).
  • Die tak het nuwe glimbaadjies vir die Laerskool Bakenkop se skolierpatrollie aangekoop.
  • Die tak het sy nuwe LPR-kameraprojek van stapel gestuur.
  • Die tak het sy herwinningsprojek uitgebrei deur ’n sewende herwinningspunt op te rig by die Leriba Lodge-koshuis in Clubview.
  • Die tak se buurtspan het drie betonasblikke in die park in Wierdapark opgerig.
  • Die tak se buurtspan het skoongemaak op die hoek van Panoramaweg en die R101 (Ou Johannesburgweg) in Rooihuiskraal .
  • Die tak se buurtspan het skoongemaak by Trichardtweg en Unielaan in Lyttelton.

Pretoria-Wes

  • Die tak het in samewerking met die gemeenskap ’n skoonmaakprojek van stapel gestuur.

WES-RAND EN VAALDRIEHOEK

Heidelberg

  • Die buurtwag het in samewerking met die SAPD en gemeenskapslede ’n suksesvolle operasie in Ratanda gehou.

Fochville

  • Buurtwaglede het die SAPD gehelp om onluste in Fochville onder bedwang te bring, terwyl hulle ook betrokke was by onderhandelings en die beskerming van munisipale personeel.

Vanderbijlpark

  • Die buurtwag het gereeld patrollies gery; 22 lede in 20 voertuie het 680 km in 116 manure afgelê.
  • Die buurtwag het ’n oorgrenspatrollie gehou waartydens 10 lede in 6 voertuie 334 km in 54 manure afgelê het.   
  • Buurtwaglede het op 25 Junie tussen 02:30 en 05:30 ’n patrollie gehou; 6 lede in 3 voertuie het 108 km in 18 manure afgelê.
  • Buurtwaglede het ’n oproep van die publiek ontvang oor ’n vrou wat op haar maag in Wenningstraat lê en medies onstabiel is. Nooddienste is gekontak, waarna die vrou na ’n hospitaal in Vereeniging geneem is.
  • Die buurtwag is na ’n begraafplaas ontbied nadat inligting ontvang is dat ’n man besig was om ’n vrou te verkrag. Die verdagte het probeer vlug, maar is in Sharpeville vasgetrek.
  • Die buurtwag is na Livingstoneboulevard ontbied om ondersoek in te stel na ’n voertuig wat heeldag in die straat staan. Niemand is in die voertuig gevind nie en die registrasienommer het ook negatief getoets. Die buurtwag het die SAPD gevolglik gekontak.                                                         
  • Buurtwaglede het ondersteuning gebied in Pascalstraat nadat verdagtes aan ’n woning se kragboks gepeuter het.
  • Die buurtwag het ondersoek gaan instel nadat ’n substasie in George Duffstraat ontplof en aan die brand geslaan het. Met hul aankoms was nooddienste reeds op die toneel.
  • Buurtwaglede is uitgeroep na Lady Anne Barnardstraat om te help soek na verdagtes.
  • Die buurtwag het ondersteuning gebied op ’n ongelukstoneel op die hoek van Frikkie Meyer- en Livingstoneboulevard.
  • Buurtwaglede is gevra om te help soek na kabeldiewe wat aktief in die CW 5-woonbuurt is.
  • Die buurtwag is na Lady Anne Barnardstraat ontbied nadat twee verdagtes by ’n woning  se hek gewaar is.
  • Die buurtwag het met sy vuurvegter gehelp om ’n substasie wat aan die brand geslaan het te blus.   
  • Die tak het 85 klagtes rakende kragonderbrekings ontvang en dit by die munisipaliteit aangemeld.
  • Die tak het sewe klagtes rakende waterlekkasies ontvang en dit by die munisipaliteit aangemeld.
  • Die tak het drie klagtes rakende rioolprobleme ontvang en dit by die munisipaliteit aangemeld.
  • Taklede het 6,75 ha gras op die middelman voor die Herfsoord-ouetehuis gesny én dit na die vullisterrein weggery.
  • Die tak het 2,70 ha gras op die middelman in Herbertstraat gesny én dit na die vullisterrein weggery.
  • Die tak het 2,28 ha gras op die middelman voor die plaaslike AfriForum-kantoor gesny én dit na die vullisterrein weggery.
  • Die tak het 2,40 ha gras by die Centurions-motorfietsklub gesny én dit na die vullisterrein weggery.
  • Die tak het voortgegaan met die teerprojek voor die N.G. Kerk Sentraal. Taklede het tot dusver 600 sakke teer oor drie Saterdae rondom die kerk ingewerk.
  • Taklede het 64 sakke teer gebruik om die slaggate voor die Sasol-vulstasie op te vul.

OOS-RAND

Alberton

  • Die buurtwag het inligting ontvang dat ’n voertuig in die Alberton-area gesteel is. Die voertuig is in samewerking met ’n voertuignasporingsmaatskappy opgespoor en in Soweto gevind.
  • Buurtwaglede het ondersteuning gebied op ’n ongelukstoneel waarby ’n motorfiets betrokke was deur die toneel te beveilig, die verkeer te reguleer en nooddienste te ontbied.
  • Buurtwaglede het ondersteuning gebied op ’n ongelukstoneel tussen ’n voertuig en ’n vragmotor. Die buurtwag het die toneel beveilig, die verkeer gereguleer en nooddienste ontbied.
  • Die tak het inligting ontvang dat ’n minderjarige kind in die dam by Mayberry Park verdrink het. Die tak het soek-en-reddingsdienste gereël om die liggaam uit die dam te haal, asook trauma-ondersteuning vir gemeenskapslede.
  • Buurtwaglede het protospanopleiding bygewoon. Die tak het die nuwe byvoegings tot die protospan verwelkom.
  • Buurtwaglede het ondersteuning gebied op ’n ongelukstoneel tussen ’n voertuig en ’n vragmotor in Alrode. Die buurtwag het die toneel beveilig, die verkeer gereguleer en nooddienste ontbied.
  • Buurtwaglede het ondersteuning gebied op ’n ongelukstoneel waarby ’n motorfiets betrokke was. Die toneel is beveilig, die verkeer is gereguleer en nooddienste is ontbied.
  • Die buurtwag het in samewerking met die Brackendowns SAPD aan ’n operasie deelgeneem waartydens vyf arrestasies gemaak is, 37 verdagtes en 19 voertuie deursoek is, en dwelms gekonfiskeer is.
  • Buurtwaglede het ’n lid van die gemeenskap ondersteun ná ’n aanrandingsvoorval. Hulle het ook nooddienste ontbied.

Brakpan

  • Taklede het ’n opleidingsgeleentheid bygewoon waartydens twee lede as AfriForum-traumavrywilligers geakkrediteer is. Hierdie traumavrywilligers gaan baie waarde toevoeg tot die vermoëns van die tak om die gemeenskap te ondersteun.
  • Die tak het in groot getalle in samewerking met talle plaaslike rolspelers aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.
  • Die takbestuur het die buurtwagleierkursus, die inligtingleierkursus, die operasionele spanleierkursus en die VOLK-skietinstrukteurskursus bygewoon.

Benoni

  • Buurtwaglede het 2 891 km in 336 manure afgelê om Benoni te beveilig.
  • Die tak het in samewerking met die gemeenskap ’n skoonmaakprojek oorkant die veeartsenykundige kliniek op die dorp gehou. Vullis wat in die lang gras versteek was is verwyder.
  • Taklede het ’n verdere 49 slaggate met 50 sakke teer opgevul in Cranbournelaan, Princesslaan, Russelstraat en Lincolnweg.
  • Die tak het in samewerking met Sunflowers-tuindienste die area voor en ná die brug in Lanyonweg skoongemaak.
  • Die tak het in samewerking met Sunflowers-tuindienste ’n skoonmaakprojek by twee parke in Actonville gehou.
  • Taklede het in samewerking met Clean Projects ’n skoonmaakprojek in Great North- en Oakweg gehou.
  • Die buurtwag het ondersteuning gebied op ’n toneel waar ’n vrou ’n epileptiese aanval gehad het. Nooddienste is ontbied en ER24 het die pasiënt na die Arwyp Mediese Sentrum vervoer.
  • Die buurtwag het hulp verleen nadat ’n gebou in Jatniel se dak aan die brand geslaan het. Buurtwaglede op die toneel het die vuur rondom die koorsteen geblus en die toneel beveilig.
  • Die buurtwag het ondersteuning in Northmead gebied nadat ’n veld en bome aan die brand gesteek is. Die brandweer is ontbied en het die vuur gevolglik geblus.
  • Die buurtwag het ondersteuning gebied op ’n ongelukstoneel naby die Norton’s Home Estates deur die verkeer te reguleer totdat die pad weer heropen is.
  • Buurtwaglede het die Putfontein-gemeenskap ondersteun nadat ’n veldbrand wat gestig is deur bande wat aan die brand gesteek is in die rigting van vee in Du Randtstraat beweeg het. Die buurtwag kon die vuur onder bewang bring met minimale skade aan die veehokke.
  • Die buurtwag het ondersteuning gebied op ’n ongelukstoneel in Rynfield. ER24 was op die toneel en het pasiënte behandel en na hospitale vervoer.
  • Die buurtwag het ’n protospanopleidingskursus bygewoon en twee nuwe lede tot hulle protospan verwelkom.

Edenvale

Die buurtwagleier het ’n buurtwagleierkursus bygewoon. Hierdie kursus lei tot die bevordering van die buurtwagstrukture in die plaaslike gemeenskap.

Germiston

  • Die buurtwag het inligting ontvang oor ’n gewapende man wat besig was om ’n vrou aan te rand in Rietfonteinweg in Primrose. Buurtwaglede het die verdagte én die dame wat aangerand is opgespoor en nooddienste ontbied. Die SAPD het die verdagte gevolglik in hegtenis geneem.
  • Die tak het ’n bejaarde inwoner van Klopperpark ondersteun wat lank gesukkel het om die munisipaliteit te oorreed om ’n foutiewe kragmeter wat nie deur meterlesers gelees word nie, te herstel. Weens die foutiewe lesings is ’n enorme bedrag op die inwoner se rekeningstaat gehef. Die tak se hoof van omgewingsake het egter die nodige bewyse aan die munisipaliteit deurgestuur om die bedrag gehef gesny te kry.
  • Die buurtwag het in samewerking met die Ekurhuleni-metropolisie en Mamba Sekuriteit inligting ontvang oor ’n gewapende rooftog in Wannenburghoogte. Danksy goeie samewerking is twee verdagtes in hegtenis geneem, terwyl daar ook beslag gelê is op ’n vuurwapen, ammunisie en dwelms.
  • Die buurtwag se nommerplaatherkenningskamera het ’n voertuig geïdentifiseer wat tydens ’n misdaad in Yeoville gebruik is. Danksy goeie samewerking tussen buurtwaglede, Mamba Sekuriteit en die Primrose SAPD se misdaadvoorkomingseenheid is die voertuig opgespoor en die verdagtes in hegtenis geneem.
  • Buurtwaglede het die buurtwagleierkursus bygewoon.

Kempton Park

  • Die tak het opleiding in misdaadtoneelhantering aan agt van sy buurtwaglede gebied.
  • Die tak het ’n opleidingskursus in radio-en-spraakprosedure aan sy buurtwaglede gebied.

Springs

  • Die tak het ’n skoonmaakprojek by die George Sutter-park afgeskop; selfs die park se naambord is oorgedoen.
  • Die takbestuur het met wyksraadslede in Springs vergader in verband met diensleweringskwessies; daar is veral gefokus op die herstel van stukkende straatligte en verkeersligte, die grassny van parke en middelmannetjies, en rioolprobleme. Opvolgvergaderings word reeds beplan om hierdie kwessies aan te pak.
  • Die buurtwag het vordering gemaak in hul ondersoek na waarom sekuriteitskameras in die Springs-area gesteel word. ’n Voertuig wat in die uitvoer van die misdaad gebruik word is opgemerk, waarna die SAPD ontbied en die voertuig gekonfiskeer is.
  • Ná die vrystelling van die onlangse misdaadstatistiek het die buurtwag opleiding in doeltreffende skarebeheer ontvang. Hierdie opleiding dien ter voorbereiding van enige protesaksies wat dreig weens swak dienslewering.
  • Die tak het twee van sy toegewyde buurtwaglede vir protospanopleiding gestuur. Hierdie addisionele protospanlede gaan baie waarde toevoeg tot die vermoëns van die tak om die gemeenskap te ondersteun.

MPUMALANGA

Bethal

  • Die tak se waterpunt kan deur inwoners benut word indien die dorp se watertoevoer onderbreek word.
  • Die tak en Skipgo Teksa het weekliks 30 vullisdromme in die dorp gediens.
  • Die tak het meer as 60 kg kos aan die Bethal-sopkombuis geskenk wat uit die gemeenskapstuin geoes is.
  • Taklede het ’n skoonmaakprojek van stapel gestuur rondom die Nestlé-driehoek, asook voor die Midnight-vulstasie.
  • Taklede het slaggate opgevul in Buffel-, Springbok- en Steenbokstraat.
  • Taklede het verder slaggate opgevul in Van der Stel- en Hoëveldlaan, asook in Malherbe- en Wichtstraat.
  • Taklede het ook doleriet in sekere slaggate in die dorp gegooi om die padoppervlak te verbeter.

Teks (Trichardt, Evander, Kinross en Secunda)

  • Die buurtwag het op verskeie ongelukstonele ondersteuning gebied.

Delmas

  • Die Delmas Valke het ’n operasie saam met die Delmas SAPD geloods en een onwettige vuurwapen teruggevind, asook gesteelde hoenders, terwyl vier onpadwaardige voertuie ook gekonfiskeer en sewe arrestasies vir dronkbestuur gemaak is.
  • Die Delmas Valke het tydens drie inbrake gedurende die maand vier arrestasies gemaak.
  • Taklede het slaggate opgevul en verdere skoonmaakprojekte van stapel gestuur om Delmas weer mooi te maak.

Piet Retief

  • Die tak se jeugvleuel het klere ingesamel en dit aan die Lighuis-gemeente geskenk om behoeftige mense te help.
  • Die buurtwag het ’n suksesvolle operasie gedryf wat fokus op verhoogde sigbaarheid.

Ermelo

  • Die Chrissiesmeer-buurtwag het ’n skoonmaakprojek geloods en verskeie monumente en erwe wat met gras oorgroei was, gesny en opgeruim.

Standerton

  • Die tak het ’n skoonmaakprojek saam met Lekwa Cleanup Crew rondom die Junxion-winkelsentrum van stapel gestuur.
  • Taklede het die Voetsporemonument skoongemaak met die hulp van Lekwa Cleanup Crew.
  • Die tak en Lekwa Cleanup Crew het ’n skoonmaakprojek geloods rondom die skougronde op die dorp.

Nelspruit

  • Die buurtwag het gereeld patrollies gery.
  • Buurtwaglede het tydens patrollies op verskeie ongelukstonele met verkeerbeheer en toneelhantering gehelp.
  • Die tak het twee waentjies vol vullis op die Kaapsehoop-pad opgetel en weggery.
  • Taklede het slaggate opgevul vanaf die Steiltes-verkeersirkel tot by Shandon Estate.

Witrivier

  • Die buurtwag het tydens patrollies op verskeie ongelukstonele met verkeerbeheer en toneelhantering gehelp.
  • Die buurtwag het ’n nuwe herhaler in die Witrivier-omgewing opgerig om sodoende radiokommunikasie te verbeter.

Lydenburg

  • Die buurtwag het gereeld patrollies gery.
  • Die tak het R3 200 aan die plaaslike sakekamer geskenk vir skoonmaakprojekte as deel van hulle volhoubare projek.
  • Taklede het aan twee gholfdae deelgeneem ten bate van die Lydenburg Gemeenskapsentrum en die Lydenburg Sakekamer.
  • Die buurtwag het vlak 2-skietopleiding aan agt van sy lede gebied. 

Belfast

  • Die tak se noodwaterpunte het suksesvol gefunksioneer tydens watertekorte in die dorp.
  • Die tak se asblikprojek dra daartoe by om die dorp skoon en netjies te hou.
  • Die tak het met die munisipaliteit vergader om die rioolsituasie in die dorp te bespreek.

Machadodorp

  • Die buurtwag het gereeld patrollies gery.
  • Die tak het ’n nuwe suurstofmasjien aangekoop om sodoende ’n mediese kamer in te rig.

Dullstroom

  • Die tak het 66 sakke teer gebruik om slaggate reg oor die dorp op te vul.
  • Die buurtwag het gereeld patrollies saam met die GPF in Dullstroom gery.

LIMPOPO

Ellisras

  • Die tak is besig om sy radiotoring se staanplek voor te berei.
  • Taklede het ’n stalletjie by die B’s Fees beman.
  • Die tak werk tans aan talle grondeise.
  • Taklede het trauma-opleiding ontvang.

Pietersburg

  • Taklede het gereeld patrollies gery.
  • Die tak beplan om ’n buurtwag te stig.
  • Taklede het ’n trolliepatrollie gehou.

Tzaneen

  • Die buurtwag het gereeld patrollies gery.
  • Die tak beplan om ’n slaggatherstelprojek van stapel te stuur.
  • Taklede het trauma-opleiding ontvang.

Messina

  • Taklede het trauma-opleiding ontvang.
  • Die buurtwag het gereeld patrollies gery.
  • Die tak beplan om ’n jeugkamp aan te bied.
  • Die tak beplan ’n fondsinsameling by die Kremetartfees op die dorp.
  • Die tak het voortgegaan met sy sesmaandeprojek.

Thabazimbi

  • Die tak het patrollies gery tydens onluste in die omgewing.
  • Die tak beplan ’n wateroplossingsprojek.
  • Die tak beplan om ’n slaggatherstelprojek saam met die Kwaggasvlakte-gemeenskap van stapel te stuur. Meer as 200 sakke teer gaan daarvoor gebruik word.

SENTRAALSTREEK

VRYSTAAT

MOOIRIVIER

Bothaville

  • Die buurtwag het 30 patrollies gery.
  • Die tak het voortgegaan met sy slaggatherstelprojek in samewerking met die munisipaliteit.
  • Die tak het die Valsrivier se water getoets en die gemeenskap gewaarsku teen E. coli in dié rivier.

Heilbron

  • Die tak het ’n kontrakteur aangestel wat die dorp se ingang vanaf Petrus Steyn skoongemaak het, asook die ingang na die ouetehuis en die gedeelte van Langmarkstraat tot by die hotel.
  • Die tak het die Elandspruit se water getoets en die gemeenskap gewaarsku teen E. coli in dié spruit.

Parys

  • Die tak het weekliks met die munisipaliteit vergader en aangehou om druk op munisipale amptenare toe te pas oor die water- en kragkrisis op die dorp.
  • Die tak het 90 sakke teer gebruik om 60 slaggate op te vul op die hoek van Paulsenstraat en Allemanweg, op die hoek van Lukwartlaan en Greenstraat, op die hoek van Cilliers- en Vosstraat, asook in Kortstraat by die N.G. Kerk Parys-Wes.
  • Taklede het deelgeneem aan die Ngwathe Gemeenskapsforum se skoonmaakprojek op die dorp.
  • Die tak het met die minister van Water en Sanitasie vergader oor die waterkrisis op die dorp.
  • Die tak het die Vaalrivier se water getoets en die gemeenskap gewaarsku teen cholera in dié rivier.

Sasolburg

  • Die tak het deur die loop van die maand 2,9 ha gras gesny.
  • Die tak het op Saterdag 24 Junie weer hulle maandelikse mark in die Hoëveldse Tuine op die dorp gehou; meer as 15 stalletjies het produkte uitgestal. Die tak hou elke laaste Saterdag van die maand ’n mark in die tuine.
  • Die tak se jeugvleuel is tans besig om fondse in te samel om die Van Riebeeck-ouetehuis met opknappingswerk te help.
  • Buurtwaglede het vyf patrollies gery en die SAPD tydens verskeie operasies ondersteun. Arrestasies is ook gemaak ten opsigte van die handel en besit van dwelms, die onwettige handel met alkohol, bestuur onder die invloed van alkohol, onwelvoeglike gedrag in die openbaar, asook seksuele aanranding.

Viljoenskroon

  • Die tak het die dorp se munisipale water getoets en die gemeenskap gewaarsku teen E. coli in dié water.

ROSESTAD

Algemeen

  • Volhoubare skoonmaakprojekte is weekliks by die volgende plekke gehou:
  • Nelson Mandelaweg
  • Curielaan
  • Du Plessisstraat (asook die park)
  • Gardeniapark (park)
  • Rayton-Heuwelsig (parke)
  • Hillsboro (park)
  • Brits-monument
  • Ou Presidensie se tuin
  • Pres. Brand-begraafplaas

Langenhovenpark

  • Die Bainsvlei SAPD het die tak se lugvleuel gekontak vir ondersteuning met lugsteunvermoë tydens ’n operasie. Daar is op dwelms, gesteelde eiendom en ’n Trojan-tuisgimnasium afgekom. Onwettige inwoners is sommer terselfdertyd van die koppie in Langenhovenpark verwyder.
  • Die buurtwag het inligting ontvang dat drie verdagtes besig was om besproeiingsdeksels in Du Plessisstraat te steel. Taklede het binne minute gereageer en die verdagtes in samewerking met VR Sekuriteit en die Bainsvlei SAPD aangekeer. Verskeie voertuigonderdele is ook in hul besit gevind.
  • Die buurtwag is in kennis gestel dat pogings tot huisbraak in Langenhovenpark begin toeneem het, waarna die buurtwag ’n operasie beplan het om die verdagtes vas te trek. Die operasie is suksesvol uitgevoer in samewerking met VR Sekuriteit en die Bainsvlei SAPD en ’n aantal verdagtes is uiteindelik in hegtenis geneem.

Pellissier

  • Die buurtwag het inligting ontvang dat gesteelde goedere op ’n spesifieke terrein geberg word. Buurtwaglede het op 54 “Te koop”-borde van ’n eiendomsagent afgekom met ’n geskatte waarde van R6 210. Geen arrestasies is nog gemaak nie, maar verdere ondersoek word gedoen. Die eiendomsagent is ook geskakel om die borde aan hulle terug te besorg.

Wilgehof

Fichardtpark

  • Buurtwaglede het ondersteuning op ’n ongelukstoneel gebied deur die toneel te beveilig, die verkeer te reguleer en die nooddienste te kontak, waaronder ER24, VR Mediese Dienste, die SAPD se blitspatrollie-eenheid en die brandweer.

Uitsig

  • Die buurtwag het ’n oproep ontvang oor ’n huisbraak wat besig was om plaas te vind. ’n Sekuriteitsmaatskappy en die SAPD se blitspatrollie-eenheid was ook binne minute op die toneel. Die verdagte is gevolglik vinnig vasgetrek en die gesteelde items is in sy besit gevind.

NOORDWES

MOOIRIVIER

Klerksdorp

  • Die Songloed- en Hartbeesfontein-buurtwag, asook die Hartbeesfontein-plaaswag het gereeld patrollies gery.
  • Die Hartbeesfontein-buurtwag én -plaaswag het gehelp om brande te blus.
  • Die tak het die Schoonspruit se water getoets en die gemeenskap gewaarsku teen E. coli in dié spruit.
  • Die tak het beswaar aangeteken teen voorgestelde dorpsontwikkeling.

Potchefstroom

  • Die buurtwag het gereeld patrollies gery; 191 lede het 131 patrollies gery waartydens 4 280 km in 425 manure afgelê is.
  • Buurtwaglede het gehelp om kabeldiewe aan te keer met behulp van hul hommeltuig.
  • Taklede het 139 sakke teer gebruik om 32 slaggate (41 m²) op te vul.
  • Die tak het die Mooirivier se water getoets en die gemeenskap gewaarsku teen E. coli in dié rivier.
  • Die tak het op 16 Junie Konsentrasiekampdag by die konsentrasiekampbegraafplaas op die dorp herdenk.

Stilfontein

  • Die tak se plaaslikeregeringsakeverteenwoordiger het daagliks kwessies soos water- en rioollekkasies, asook ander soortgelyke probleme by die munisipaliteit aangemeld én dit gereeld opgevolg.
  • Die buurtwag het daagliks patrollies gery.

STELLALAND

Christiana en Bloemhof

  • Die takke in Christiana en Bloemhof het watermonsters geneem om vas te stel of daar cholera teenwoordig is in die Vaalrivier of in dié dorpe se drinkwater. Daar is op twee verskillende plekke in elke dorp monsters geneem om by ’n geakkrediteerde laboratorium getoets te word. Hoewel daar nie op een van hierdie plekke tekens van cholera gevind is nie, is daar egter in albei watermonsters wat uit die Vaalrivier geneem is tekens van E. coli en fekale kolivorme. Dit beteken dat rou riool in die rivier teenwoordig is, wat ander siektes as cholera kan veroorsaak. 

Vryburg

  • Die tak het ’n volhoubare skoonmaakprojek van stapel gestuur wat veral fokus op die skoonmaak van leë erwe. Die tak het ’n werker aangestel wat al meer as sewe erwe skoongemaak het en tans besig is om die sypaadjies skoon te sny. Leë erwe is ’n veiligheidsrisiko vir die gemeenskap en daarom het die tak besluit om dié projek aan te pak.

MARICO

Brits

Die buurtwag het ’n pretloop en potjiekoskompetisie vir die gemeenskap gehou.

Rustenburg

  • Die tak het ’n skoonmaakprojek gehou waartydens meer as 1,9 ha gras gesny is. Die areas aangrensend aan Bult-, Kerk- en Krugerstraat het voordeel uit hierdie projek getrek.
  • Die tak het sy regspan opdrag gegee om ’n skrywe aan Nersa en die Rustenburg Plaaslike Munisipaliteit te rig om die voortslepende kwessies rakende elektrisiteitsvoorsiening op te los.
  • Die tak het ’n skoonmaakprojek van stapel gestuur om die Ou Rustenburg-begraafplaas in Kockstraat op te knap. Hierdie inisiatief is deur tien toegewyde individue ondersteun wat gehelp het om die begraafplaas skoon te maak. Tydens die skoonmaakprojek is twee stortbakke (“skips”) met onderskeidelik tuinvullis en bourommel gevul en verwyder. Hierdie inisiatief is gedryf deur die N.G. Kerk Moedergemeente vir die herdenking van Konsentrasiekampdag.

Hartbeespoort

  • Die tak se brandspan het ’n noodoproep ontvang rakende ’n huisbrand in die Bhubezi Village. Twee lede van die brandspan het hulle onmiddellik na die toneel gehaas en die vlamme met beskikbare tuinslange begin blus, waarna die tak se waterkarre op die toneel aangekom en gehelp het.

SUIDSTREEK

NOORD-KAAP

Bo-Karoo

  • Die buurtwag se jeugvleuel het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.

Delportshoop

  • Die tak het deurlopend water-, krag- en rioolprobleme aan die Dikgatlong Plaaslike Munisipaliteit se inbelsentrum deurgegee sodat herstelwerk kan plaasvind.

Kimberley

  • Die Kimberley-buurtwag en Modderrivier-plaaswag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die tak het deurlopend water-, krag- en rioolprobleme aan die Sol Plaatje Plaaslike Munisipaliteit se inbelsentrum deurgegee sodat herstelwerk kan plaasvind.

Prieska

  • Die tak het deurlopend water-, krag- en rioolprobleme aan die Siyathemba Plaaslike Munisipaliteit se inbelsentrum deurgegee sodat herstelwerk kan plaasvind.

Vaalharts

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het deurlopend water-, krag- en rioolprobleme aan die Phokwane Plaaslike Munisipaliteit se inbelsentrum deurgegee sodat herstelwerk kan plaasvind.

Kamiesberg

  • Die tak het Kamieskroon se strate gereeld skoongemaak en vullis na die vullisterrein weggery.
  • Die tak het deurlopend water-, krag- en rioolprobleme aan die Kamiesberg Plaaslike Munisipaliteit se inbelsentrum deurgegee sodat herstelwerk kan plaasvind.

Kakamas

  • Die tak het deurlopend water-, krag- en rioolprobleme aan die Kai !Garib Plaaslike Munisipaliteit se inbelsentrum deurgegee sodat herstelwerk kan plaasvind.
  • Die tak het spoedwalle by die Hoërskool Kakamas skoongemaak en dit wit en geel geverf. Hierdie is geïdentifiseer as ’n deurlopende projek.
  • Die tak het saam met rolspelers van die dorp begin om die ingang na Kakamas skoon en netjies te maak.
  • Die tak het begin om ’n tuin oorkant die Engen-vulstasie te vestig deur plante te plant en waterpype aan te lê, asook sonkragligte te installeer vir sigbaarheid in die aand.

Kathu

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het die parkeerterrein voor Fit-It gereeld skoongemaak en die bome wat taklede in die parkeerterrein geplant het, met water natgelei.
  • Die tak het deurlopend water-, krag- en rioolprobleme aan die Gamagara  Plaaslike Munisipaliteit se inbelsentrum deurgegee sodat herstelwerk kan plaasvind.
  • Die tak het in samewerking met die plaaslike burgemeester die ingang na Kathu help verf en skoonmaak.
  • Die tak het saam met verskeie rolspelers (waaronder die burgemeester) gehelp om die dorp skoon te maak.

Keimoes

  • Die Grootoog-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het weekliks die hoofstraat en die gebied rondom die waterwiel (wat tot ’n nasionale monument verklaar is) skoongemaak, vullis na die vullisterrein weggery, die gras gesny en die beddings skoongemaak.
  • Die tak het die badkamers by die waterwiel wat vir toeriste bedoel is, skoon gehou.
  • Die tak het watermonsters van die Oranjerivier geneem én die dorp se drinkwater vir cholera getoets om vas te stel of dit vir menslike gebruik geskik is.

Kuruman

  • Die Kuruman- en Bankhara-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die tak het deurlopend water-, krag- en rioolprobleme aan die Ga-Segonyana Plaaslike Munisipaliteit se inbelsentrum deurgegee sodat herstelwerk kan plaasvind.
  • Die tak is besig om die beheerkamer se kameras te herstel om te help met veiligheid in die dorp.

Springbok

  • Die tak het deurlopend water-, krag- en rioolprobleme aan die Nama Khoi Plaaslike Munisipaliteit se inbelsentrum deurgegee sodat herstelwerk kan plaasvind.
  • Die tak het saam met die Nama Khoi Plaaslike Munisipaliteit gewerk om die plaaslike vullisterrein weer op standaard te bring.
  • Die tak het watermonsters van die Oranjerivier geneem én die dorp se drinkwater vir cholera getoets om vas te stel of dit vir menslike gebruik geskik is.
  • Die tak het gehelp dat Aubrey Baartman, ’n voormalige munisipale bestuurder van die Nama Khoi Plaaslike Munisipaliteit, in die Springbok Landdroshof skuldig bevind is vir die oortreding van munisipale wette. Baartman sal in September 2023 gevonnis word. Hierdie hofsaak het vier jaar lank geduur.

Upington

  • Die tak het deurlopend water-, krag- en rioolprobleme aan die Dawid Kruiper Plaaslike Munisipaliteit se inbelsentrum deurgegee sodat herstelwerk kan plaasvind.
  • Die tak het ’n skrywe aan die plaaslike munisipaliteit gerig oor riool wat in die Oranjerivier vloei naby die Kalahari-winkelsentrum.
  • Die tak het watermonsters van die Oranjerivier geneem, asook die dorp én die Dr. Harry Surtie Hospitaal se drinkwater vir cholera getoets om vas te stel of dit vir menslike gebruik geskik is.
  • Die tak het ook watermonsters geneem waar die riool uitvloei naby die Kalahari-winkelsentrum.
  • Die tak het kos aan ’n plaaslike kerk se sopkombuis geskenk wat etes aan minderbevoorregte gemeenskapslede voorsien.
  • Die tak plaas elke maand druk op die plaaslike munisipaliteit om oplossings te vind vir die rioolprobleme wat in die dorp voorkom.

Williston

  • Die tak het deurlopend water-, krag- en rioolprobleme aan die Karoo Hoogland               Plaaslike Munisipaliteit se inbelsentrum deurgegee sodat herstelwerk kan plaasvind.

OOS-KAAP

Elliot

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die buurtwag het nuwe radiotoerusting ontvang om hul kommunikasie te verbeter.
  • Die tak het gras gesny om hul dorp skoon te hou; dit vorm deel van die tak se volhoubare skoonmaakprojek.

Cradock

  • Die tak se noodwatertenks kan deur gemeenskapslede gebruik word wanneer die dorp se watertoevoer onderbreek word.

Gamtoosvallei

  • Die Sondagsriviervallei- en Kirkwood-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die tak het die Kouga Plaaslike Munisipaliteit gehelp om ’n vullisterreinoudit uit te voer.

Jeffreysbaai

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die buurtwag het nóg ’n fase van hul kameraprojek afgehandel en sien daarna uit om die hele projek af te handel.
  • Die tak het die Kouga Plaaslike Munisipaliteit gehelp om ’n vullisterreinoudit uit te voer.

Port Elizabeth

  • Die Walker Drive- en Broadwood-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die Walker Drive-buurtwag en die plaaslike SAPD het kinders van die MTR Smit Kinderhuis bederf met ’n uitstappie na ’n restaurant en trampolienpark.
  • Die tak se jeugvleuel het ’n kegelbal-aksie gehou in ’n poging om meer lede te werf.
  • Taklede het die Bela-verhore bygewoon om hulle besware teen dié voorgestelde wetsontwerp voor te lê.

Uitenhage

  • Die tak het die Winterberg-plaaswag gestig.
  • Die Winterberg-plaaswag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die Winterberg-plaaswag het opleiding ontvang om hulle gereedheid op te skerp.
  • Die Winterberg-plaaswag het patrollietoerusting ontvang.

WES-KAAP

De Doorns

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.

Helderbergkom

  • Die buurtwag het veiligheidstoerusting ontvang.
  • Die tak het finansiële ondersteuning aan Kays-karavaanpark gebied om te help met die skade wat deur die onlangse vloede veroorsaak is. 

Overstrand

  • Die Stanford- en Hemel-en-Aarde-plaaswag, asook die Alfa-, Fisherhaven- en Pearly Beach-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die Alfa-buurtwag het die SAPD ondersteun deur te help om ’n gesteelde voertuig in Hawston op te spoor.
  • Die buurtwag het ondersteuning gebied by Kays-karavaanpark nadat onlangse vloede geweldige skade aangerig het.
  • Die takvoorsitter is gedurig in gesprek met die burgemeester om die tak se belange te bevorder.
  • Die Alfa-buurtwag het ’n verdagte vasgetrek wat in besit van ’n gevaarlike wapen en gereedskap was om vermoedelik ’n huisbraak te pleeg. Die verdagte is gevolglik aan die SAPD in Hermanus oorhandig.

Paarl

  • Die Paarl-Noord-buurtwag het nuwe radio’s en ander veiligheidstoerusting ontvang wat buurtwaglede verder in staat sal stel om patrollies suksesvol uit te voer.
  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.

Stellenbosch

  • Die tak is in proses om met die Stellenbosch Plaaslike Munisipaliteit te vergader om die gehalte van die water, die besoedeling daarvan en die riool wat daarin voorkom te bespreek met die doel om samewerking te bevorder.

Strand

  • Die Strand-tak en -buurtwag het gereeld hulp en ondersteuning aan Kays-karavaanpark en die omliggende gemeenskap gebied om te help ná die onlangse vloede.
  • Die Strand Patrol-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.

Worcester

  • Die tak het aan Jeugdag-vieringe deelgeneem en water aan rugbyspelers en toeskouers geskenk.
  • Die tak het droë sopbestanddele aan hawelose mense en die organisasie Boland Dorpe geskenk.
  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.         

Cederberg

  • Die tak het die gemeenskap ondersteun ná die onlangse vloede, terwyl hulle ook skenkings help insamel het, waaronder diesel vir kragopwekking aan die ouetehuise.

Durbanville

  • Die tak het die Durbanville-buurtwag gestig.
  • Buurtwaglede het hulle eerste induksievergadering bygewoon vir opleidingsdoeleindes, terwyl hulle veiligheidstoerusting ook bestel is.

Kaapstad-Noord

  • Die Bellville-buurtwag en Philippi-plaaswag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die tak het omliggende parke skoongemaak, asook ondersteuning by skole gebied nadat skole in die omgewing onlangs deur rowers geteiken is.

Kraaifontein

  • Taklede het deelgeneem aan ’n projek waartydens hulle parke skoonmaak deur gras te sny en ander opknappingswerk te doen.

Malmesbury

  • Die Rondeberg-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die nuwe takbestuur het hulle eerste opleidingsessie en eerste vergadering gehou waartydens lede se rol en verantwoordelikhede, asook die behoeftes vir verskillende projekte bespreek is. Dit is opgevolg met ’n veiligheidsvergadering.

Matzikama

  • Die De Draai-, Draaihoek-, Holrivier-, Klawer-, Kleinrivier-, Koekenaap-, Lutzville-, Matzikama-, Nuwerus-, Spruitdrif-, Trawal- en Vanrhynsdorp-plaaswag, asook die Lutzville- en Vredendal-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die tak het nóg ʼn buurtwag op Vredendal gestig, ’n dorp wat ’n tweede sektor vorm. 
  • Taklede het in samewerking met die SAPD en rampbestuurspanne deurgaans ondersteuning gebied ná die onlangse vloede, soos om mense te help om hul huise te ontruim.
  • Die onderskeie buurt- en plaaswagte wat deel van die tak vorm het die SAPD ondersteun waar voertuigbeheerpunte opgestel is. 

Weskus

  • Die Langebaan-buurtwag en Hopefield-plaaswag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Taklede en Hopefield-plaaswaglede het veiligheidsopleiding ontvang.
  • Die tak het gehelp met skoonmaakprojekte op die strand.
  • Die tak het voorrade en kontant ingesamel en geskenk aan die vloedgeteisterde buurdorpe. Hulle het voorrade ter waarde van R8 000 (wat kos, matrasse, komberse en klere insluit) geskenk.

 

Soortgelyke plasings