TAKSUKSESSE: OKTOBER 2022

NOORDSTREEK

GAUTENG

GROTER PRETORIA

Groter Moot

  • Die tak se buurtspan het voortgegaan met talle van sy projekte.
  • Die buurtspan het ’n kruising in Frederikastraat oorgeverf.
  • Die buurtspan het verskeie verkeersirkels se sypaadjies oorgeverf.
  • Taklede het die park in Pierneefstraat opgeknap.
  • Die tak het bome naby die treinbrug in Fratesweg gesnoei.
  • Die buurtspan het ’n gat voor ’n inwoner se huis toegegooi wat Stad Tshwane gegrawe maar oopgelos het.
  • Taklede het watertoetse uitgevoer as deel van AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek.
  • Die tak het ’n verstopte stormwaterkanaal op die hoek van Hertzogstraat en 24ste Laan oopgemaak.
  • Die buurtwag het verwelkomingspakkies by nuwe lede afgelewer.
  • Buurtwaglede het deurlopend sigbaarheidspatrollies gehou.
  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.
  • Die buurtwag het patrollie op die N4-snelweg gehou.

Bronkhorstspruit

  • Die buurtwag het hulp aan JVR Protection Services en die SAPD verleen tydens ’n huisbraak.
  • Buurtwaglede het bystand gebied op ’n ongelukstoneel.
  • Die tak het watertoetse uitgevoer as deel van AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek.
  • Die buurtwag het addisionele sigbaarheidspatrollies gehou tydens Operasie Dudula.
  • Buurtwaglede het aan die patrollie op die N4-snelweg deelgeneem.

Wes-Moot

  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.
  • Die tak het watertoetse uitgevoer as deel van AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek.
  • Taklede het gehelp om ’n huisbrand te blus.

Noord van die berg

  • Die tak se tuinspan het voortgegaan met talle van sy projekte.

Centurion

  • Die tak het in samewerking met Heuweloord se inwoners ’n skoonmaakprojek in Heuweloord gehou.
  • Die tak se buurtspan het ’n skoonmaakprojek op die hoek van die R101 en Estcourtlaan gehou.
  • Die tak se buurtspan en buurtwag het hand aan die ploeg geslaan en deurnag gewerk om die verkeerstrepe om die Laerskool Hennopspark oor te verf.
  • Die tak het sy eerste Sondagmiddag-gemeenskapspiekniek by Furman Park in Valhalla gehou
  • Taklede het nóg twee betonasblikke opgerig, hierdie keer by Bronberrick Park.
  • Die buurtspan het die parke wat AfriForum aangeneem het daagliks skoongemaak.
  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem om misdaad te bekamp.
  • Buurtwaglede het in samewerking met ander buurtwagte aan ’n teenkapingsoperasie op die N4-snelweg deelgeneem.

Pretoria-Wes

  • Die tak het ’n skoonmaakprojek in hul gemeenskap van stapel gestuur.
  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.

Pionier

  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.

WES-RAND EN VAALDRIEHOEK

Fochville

  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.

Heidelberg

  • Die tak het 12 dae lank slaggate opgevul.
  • Taklede het vier dae lank vullis in die dorp se strate opgetel.
  • Buurtwaglede het opleiding in skarebeheer ontvang.

Krugersdorp

  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.
  • Buurtwaglede het bystand gelewer ná ’n inbraak by ’n onderneming op die dorp.
  • Die buurtwag het ’n bejaarde dame ondersteun nadat sy beroof is.
  • Buurtwaglede het bystand gelewer ná ’n poging tot huisbraak.
  • Die buurtwag het gereageer ná ’n noodkreet om ’n persoon op te spoor wat selfmoord wou pleeg.
  • Buurtwaglede het ’n verdagte help vastrek wat toerusting op ’n plaas gesteel het.
  • Die buurtwag het ondersteuning gebied op ’n ongelukstoneel.

Midvaal

  • Die tak het ’n bewusmakingsaksie by die Midvaal-opelugmusiekfees gehou.

Randfontein

  • Die buurtwag het die Rand West City Plaaslike Munisipaliteit bygestaan deur vervoer te reël om nuwe kabels aan die Oos-Rand te gaan haal nadat kabels gesteel is. Buurtwaglede het ook gehelp om die munisipaliteit se werknemers te beveilig toe hulle laat moes werk om die kragtoevoer na die dorp te herstel.

Roodepoort

  • Die buurtwag het nóg een van sy lede as ’n hommeltuigvlieënier laat oplei.
  • Die buurtwag het hand bygesit waartydens eiendom deursoek is en daar gevolglik op gesteelde myntoerusting afgekom is.
  • Buurtwaglede het ondersteuning gebied ná ’n tref-en-trap-voorval.
  • Die buurtwag het bystand gelewer tydens ’n voorval waar ’n zama-zama (onwettige myner) in ’n myn vasgekeer was.
  • Buurtwaglede het gereageer ná ’n huisbraak in Florida.
  • Die buurtwag het bystand gelewer op ’n ongelukstoneel in Weltevredenpark.
  • Talle buurtwaglede het PSiRA se eksamen afgelê en geslaag.
  • Buurtwaglede het wapenopleiding ontvang.
  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.
  • Die tak het gereël dat die sloot wat na die Florida-meer lei skoongemaak word.
  • Buurtwaglede het noodhulpopleiding ontvang.

Vanderbijlpark

  • Die buurtwag het gehelp om ’n brand in Pupinstraat te bestry.
  • Buurtwaglede het bystand gelewer deur ’n brand in Becquerelstraat te help blus.
  • Die buurtwag het ondersteuning gebied ná ’n huisbrand in Debussystraat.
  • Buurtwaglede het gereageer op ’n noodkreet met betrekking tot ’n brand wat by die Old Vaaltonians-sportklub uitgebreek het.
  • Die buurtwag het ook gehelp om ’n veldbrand naby die Old Vaaltonians-sportklub te blus.
  • Buurtwaglede het bystand gelewer op ’n ongelukstoneel op die Barrage-pad.  
  • Die buurtwag het hulp verleen by die substasie in Carpentierstraat nadat booswigte op twee geleenthede daar probeer inbreek het om kabels te steel.
  • Die tak het 678 klagtes rakende kragonderbrekings ontvang en dit by die munisipaliteit aangemeld.
  • Die tak het 125 klagtes rakende water- en rioolprobleme ontvang en dit by die munisipaliteit aangemeld.
  • Taklede het 30 bome by die Curro Skool aangeplant.
  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.
  • Die tak het die speelpark se toerusting in Jean Websterstraat oorgeverf.
  • Taklede het 0,70 ha gras by die substasie in Carpentierstraat gesny, asook die gebied rondom die substasie netjies gemaak.
  • Die tak het 0,48 ha gras by die park in Louw Wepenerstraat gesny.
  • Taklede het 0,18 ha gras op die middelman voor die tak se kantoor gesny.
  • Die tak het 0,66 ha gras voor die Jeugland- en Herfsoord-ouetehuis gesny en die veld oorkant die ouetehuise skoongemaak.

Westonaria

  • Die tak het 17 klagtes rakende kragprobleme ontvang en dit by die munisipaliteit aangemeld.
  • Die tak het 31 klagtes rakende waterprobleme ontvang en dit by die munisipaliteit aangemeld.
  • Die tak het 26 klagtes rakende rioolprobleme ontvang en dit by die munisipaliteit aangemeld.
  • Die tak het ses klagtes rakende onwettige stortings ontvang en dit by die munisipaliteit aangemeld.
  • Die tak het talle klagtes rakende die haglike toestand van twee parke op die dorp ontvang en dit by die munisipaliteit aangemeld.  

OOS-RAND

Alberton

  • Taklede het in samewerking met die tak se jeugvleuel slaggate in die dorp opgevul.

Benoni

  • Die buurtwag het deur die loop van die maand 2 509 km in 365 manure afgelê.
  • Taklede het bome by die iKhaya da Luz Children’s Safe Haven and Foster Home aangeplant.
  • Die tak het ook bome by die Liverpool Secondary School aangeplant.
  • Taklede het slaggate in Kirschner- en Rennieweg opgevul.

Springs

  • Buurtwaglede het ondersteuning gebied op drie ongelukstonele.
  • Die buurtwag het gereageer op drie huisbrake.
  • Die tak het voortgegaan met sy volhoubare skoonmaakprojek – dié keer is die eendedam in Selection Park skoongemaak.
  • Die buurtwag het in samewerking met Forum Sekuriteit ’n brandplan by ’n ouetehuis uitgelê en ingeoefen.
  • Taklede het ’n munisipale vergadering oor swak dienslewering bygewoon.

MPUMALANGA

Bethal

  • Die tak se waterpunt kan deur inwoners gebruik word indien die dorp se watertoevoer onderbreek word.
  • Die tak het in samewerking met Skipgo Teksa weekliks 30 vullisdromme in die dorp skoongemaak.
  • Taklede het met behulp van die plaaslike gemeenskap Buffelstraat, Markstraat en Veralaan opgeknap.
  • Die tak het saam met gemeenskapslede bogenoemde strate wat opgeknap is ook geseël om waterskade tydens die reënseisoen te beperk.
  • Die tak het watertoetse uitgevoer as deel van AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek.

Teks (Trichardt, Evander, Kinross en Secunda)

  • Die buurtwag het ondersteuning gebied op verskeie ongelukstonele.
  • Buurtwaglede het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.
  • Die tak het watertoetse uitgevoer as deel van AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek.

Delmas

  • Die tak het in samewerking met Delmas Herleef verkeerstrepe oorgeverf.
  • AfriForum se Delmas Valke-buurtwag, die Eloff-buurtwag en die Argent-plaaswag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.
  • Die tak het watertoetse uitgevoer as deel van AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek.

Middelburg

  • Die tak het watertoetse uitgevoer as deel van AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek.
  • Die buurtwag het ’n nuwe hommeltuigvlieënier laat oplei.

Witbank

  • Die tak het watertoetse uitgevoer as deel van AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek.

Ermelo

  • Taklede het slaggate opgevul.
  • Die buurtwag het bystand gebied tydens ’n multidissiplinêre operasie waartydens drie onwettige myne deur die SAPD besoek is. 271 arrestasies is gevolglik uitgevoer.
  • Die tak het watertoetse uitgevoer as deel van AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek.
  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.
  • AfriForum se Chrissiesmeer-buurtwag het nuwe toerusting in ontvangs geneem.

Piet Retief

  • Die tak het watertoetse uitgevoer as deel van AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek.
  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.

LIMPOPO

SOUTPANSBERG

Ellisras

  • Die buurtwag was op ’n gereedheidsgrondslag tydens die onlangse onluste.
  • Buurtwaglede het gehelp om vier brande op verskillende plase te bestry.

Pietersburg

  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.

Tzaneen

  • Die tak het vrugtebome by die Wolkberg Akademie vir CVO op die dorp aangeplant.
  • Die tak het bestuursvergadering gehou.
  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.

Messina

  • Die tak het watertoetse uitgevoer as deel van AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek.
  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.
  • Buurtwaglede het gehelp om brande op twee plase te bestry.

SENTRAALSTREEK

NOORDWES

MOOIRIVIER

Algemeen

  • Die volgende buurtwagte het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem:

Klerksdorp, Songloed, Hartbeesfontein, Hartbeesfontein-plaaswag, Potchefstroom, Stilfontein, Orkney, Ventersdorp en Wolmaransstad.

Klerksdorp

  • Die tak het ’n waterlekkasie herstel en nuwe stoptekens opgerig.

Potchefstroom

  • Die buurtwag het daagliks patrollie gery. 198 aktiewe patrolleerders het tussen 23 September en 23 Oktober 145 patrollies gery en altesaam 4 910 km in 704 manure afgelê.
  • Die tak het talle plaaslikeregeringsakekwessies met die munisipaliteit bespreek, waaronder die rioolkwessie en probleme met indringerbome.
  • Taklede het onkruid in Alexanderpark met onkruiddoder behandel.
  • Die tak het deur die loop van die maand 17,44 m² se slaggate met 72 sakke teer opgevul.
  • Taklede het indringerbome in Alexanderpark afgesaag.

Stilfontein

  • Die tak se plaaslikeregeringsakeverteenwoordiger het konstant druk op die munisipaliteit geplaas om oplossings vir probleme in die dorp te vind.

Ventersdorp

  • Die buurtwag het ekstra patrollies tydens beurtkrag gery om kabeldiefstal te verhoed.

Wolmaransstad

  • Die tak het die plaaslike laerskool gehelp om die skoolterrein en parkeerterrein skoon te maak. Taklede het die gras met bossiekappers gesny.

MARICO

Zeerust

  • Die tak het 113 slaggate in die dorp opgevul; daar is veral gefokus op Zee- en Bergstraat. 105 liter BitChem-asfalt en 120 25 kg-sakke teer is daarvoor gebruik (altesaam 3 ton teer).

Hartbeespoort

  • Die tak se brandbestrydingseenheid het op ’n noodroep gereageer en ’n brand in Die Ou Wapad-straat langs ’n motorhandelaar help bestry. ’n Wendy-huis het oorspronklik aan die brand geslaan, waarna die vlamme vinnig versprei het.
  • Taklede het in samewerking met die Madibeng Plaaslike Munisipaliteit die dorp se paaie verbeter deur slaggate op te vul en padtekens oor te verf. Tot dusvêr is 30 liter padverf en 2,5 ton teer al daarvoor gebruik. Die strate waaraan aandag gegee is sluit Marais-, Tielman-, Die Ou Wapad-, Malan-, Kuyper- en Monenestraat in, asook Schubertweg.
  • Die hooffokus met betrekking tot die opvul van slaggate en die oorverf van padtekens was om veiligheid rondom die skool op te skerp. Hierdie projek gaan in November voort waartydens daar ook op Scottstraat gefokus gaan word.

Lichtenburg

  • Die tak het deur die loop van die maand 520 slaggate in die dorp opgevul waarvoor 13,5 ton teer gebruik is. Die strate waarop gefokus is sluit Buchananstraat (naby die Laerskool Lichtenburg), Dr. Beyers Naudé-rylaan (langs die Total-vulstasie op die Koster-pad), Transvaalstraat (langs Hans Nel Bande) en Kerkstraat in

Rustenburg

  • Taklede het 5,1 ha gras gesny. Daar is gefokus op die gebied rondom die Wildevy-sentrum, op die hoek van Thabo Mbeki-rylaan en Bovenstraat, Dawesstraat en Beyers Naudé-rylaan. Agt vragte tuinvullis is ook weggery. Die gebiede waarop gefokus is is voorheen as probleemgebiede beskou omdat dit maklik was vir misdadigers om skuilplek in die velde te vind.

Brits

  • Die tak het in samewerking met leerders van die Laerskool De Kroon twee witstinkhoutbome geplant ter ondersteuning van AfriForum se boomplantmaandprojek. Taklede bedank al die onderwysers en leerders wat geesdriftig daarna geluister, geleer en daaraan deelgeneem het. Dié inisiatief is deel van AfriForum se ideaal om ’n volhoubare toekoms vir die volgende geslagte te verseker. Bome is deel van die ekosisteem en ’n natuurlike hulpbron waarsonder niks of niemand in staat sou wees om te oorleef nie. Dit verskaf immers suurstof, skaduwee en voedsel aan mens en dier. Die witstinkhout is ’n geharde, inheemse boom wat vinnig groei en bestand teen droogte is. Countryside Nursery word bedank vir die skenking van die bome.

STELLALAND

Algemeen

  • Die AfriForum-takke in Bloemhof, Christiana, Delareyville, Schweizer-Reneke, Sannieshof, Ottosdal, Hertzogville en Vryburg het aan die organisasie se nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem. Hierdie projek behels die toets van die dorpe se drinkwater, asook die behandelde rioolwater wat terug in die stelsel geplaas word.
  • AfriForum se takke in Vryburg en Delareyville het ook aan die organisasie se nasionale boomplantmaandprojek deelgeneem. Altesaam 12 bome is onderskeidelik by die CVO Skool Vryburg, die Voorbereidingskool Vryburg, die Laerskool Vryburg, die Hoërskool Vryburg en die tehuis vir bejaardes in Delareyville geplant. AfriForum se takbestuurslede bedank graag die individue wat na die bome omsien wat reeds verlede jaar geplant is.

VRYSTAAT

MOOIRIVIER

Algemeen

  • Die volgende buurtwagte het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem:

Bothaville, Parys en Sasolburg.

Bothaville

  • Die buurtwag het 93 patrollies gery.

Heilbron

  • Die tak het ’n suksesvolle gholfdag aangebied.

Parys

  • Die buurtwag het 27 patrollies gery en was veral paraat tydens beurtkrag.
  • Die tak het watermonsters vir ontleding geneem as deel van AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek.

Sasolburg

  • Die tak het 16,2 ha gras deur die loop van die maand gesny.
  • Die tak het ’n uiters suksesvolle markdag in die Hoëveldse Tuine gehou.
  • Die tak het ’n Zero Turn-grassnyer aangekoop.

Viljoenskroon

  • Die tak het met die munisipale bestuurder vergader oor onwettige rioolstorting en hou die situasie fyn dop.

ROSESTAD

Algemeen

  • AfriForum se Bloemfontein-takke het talle nuwe projekte aangepak. ’n Voorbeeld hiervan is die volhoubare erfenisbeskermingsprojek wat by die Ou Presidensie van stapel gestuur is; Anchor of Hope het nuwe gras vir die terrein geskenk en AfriForum-taklede onderhou die tuine. Nóg ’n onlangse voorbeeld is die skoonmaak van Nelson Mandelarylaan as ’n volhoubare skoonmaakprojek; dit is verblydend om te sien dat ondernemings hierdie inisiatief ondersteun en daarop inkoop.
  • Die buurtwagte het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem. 120 patrolleerders in 60 voertuie het ’n totaal van 1 996 km afgelê. 
  • Buurtwaglede het nooddienste ondersteun tydens ’n massasoektog in die stad se botaniese tuine.
  • AfriForum se Bloemfontein-strukture het die Best of Bloemfontein-toekenning as Beste Buurtwagforum én Beste Buurtwag gewen.

Wilgehof

Pellissier  

  • Anchor of Hope, die tak se kontrakteurs, het voortgegaan met ’n volhoubare skoonmaakprojek by die AfriForum-parkie.

Langenhovenpark

  • Anchor of Hope, die tak se kontrakteurs, het voortgegaan met ’n volhoubare skoonmaakprojek in Du Plessisstraat en by die nabygeleë parkie.

Rayton-Heuwelsig

  • Anchor of Hope, die tak se kontrakteurs, het voortgegaan met ’n volhoubare skoonmaakprojek by twee speelparkies, asook by die Lucas Steyn-parkie.

KWAZULU-NATAL

Algemeen

  • Die AfriForum-takke het aan die organisasie se nasionale massapatrollie deelgeneem.

Paulpietersburg

  • Die tak is deel van die R33- gesamentlike operasionele sentrum (GOS) wat daarmee getaak is om die toename in steenkoolvragmotors te probeer hanteer. Dit sluit in om saam met ander organisasies te beplan hoe om die verergerende probleem aan te pak.

Laer Suidkus

  • Die tak het ’n stalletjie by ’n parkwedloop beman ter bewusmaking van die tak se projekte, asook om die tak aan die gemeenskap bekend te stel. Taklede het ook water aan deelnemers van die wedloop uitgedeel.

Newcastle

  • Die tak het ’n artikel oor rioolprobleme saamgestel wat in Rapport gepubliseer is.

TAKSUKSESSE: OKTOBER 2022 – SUIDSTREEK

NOORD-KAAP

Bo-Karoo

  • Die tak het watertoetse by Vanderkloof, Luckhoff en Orania uitgevoer as deel van AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek.

Kamiesberg

  • Die tak het Kamieskroon se strate gereeld skoongemaak en vullis na die vullisterrein weggery.
  • Taklede het deurlopend water-, krag- en rioolprobleme aan die Kamiesberg Plaaslike Munisipaliteit se inbelsentrum deurgegee sodat herstelwerk kan plaasvind.
  • Die tak het druk op die munisipaliteit geplaas om boorgate te herstel. Munisipale werkers het uiteindelik twee pompe heeltemal vervang nadat AfriForum gedreig het om dit self te herstel.
  • Taklede het gehelp om water na die Kamieskroon-gemeenskap aan te ry nadat ’n watertekort in die dorp ondervind is.
  • Die tak het aan AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

Kakamas

  • Taklede het deurlopend water-, krag- en rioolprobleme aan die Kai !Garib Plaaslike Munisipaliteit se inbelsentrum deurgegee sodat herstelwerk kan plaasvind.
  • Die tak het aan AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.
  • Die tak het ’n stalletjie by die Marchand Skou beman en sodoende lede probeer werf.

Kathu

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het die parkeerterrein voor Fit-It gereeld skoongemaak, terwyl taklede die bome wat hulle in die parkeerterrein geplant het met water natgelei het.
  • Taklede het deurlopend water-, krag- en rioolprobleme aan die Kamiesberg Plaaslike Munisipaliteit se inbelsentrum deurgegee sodat herstelwerk kan plaasvind.
  • Die tak het aan AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.
  • Kort nadat taklede met herstelwerk aan ’n 400 mm-waterpyplyn begin het, is hulle deur ’n munisipale amptenaar weggejaag, waarna die munisipaliteit die waterpyp onmiddellik herstel het. Die waterpyp was sewe dae lank stukkend en die munisipaliteit se aanvanklike oplossing daarvoor was om net eenvoudig die watertoevoer na die woonbuurt af te sny.

Keimoes

  • Die Grootoog-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het weekliks die dorp se hoofstraat en die gebied rondom die waterwiel (wat tot ’n nasionale monument verklaar is) skoongemaak, vullis na die vullisterrein weggery, gras gesny en beddings skoongemaak.
  • Die tak het die badkamers by die waterwiel wat vir toeriste bedoel is, skoongemaak.
  • Die tak het gehelp om ’n brand op die N14-hoofweg voor die Hoërskool Keimoes te blus.
  • Die tak het aan AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.
  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.

Kuruman

  • Die Kuruman- en Bankhara-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Taklede het deurlopend water-, krag- en rioolprobleme aan die Ga-Segonyana Plaaslike Munisipaliteit se inbelsentrum deurgegee sodat herstelwerk kan plaasvind.
  • Taklede het ’n opleidingsessie bygewoon wat deur Mark Kuys aangebied is.
  • Die tak het aan AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.
  • Taklede het gehelp met die bestryding van brande in die Kuruman- en Daniëlskuil-omgewing.
  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.
  • Die tak het in samewerking met die Williston-tak gehelp met ’n fondsinsameling om lusernbale in Klerksdorp te gaan haal ná die brande in Kuruman.

Springbok

  • Taklede het deurlopend water-, krag- en rioolprobleme aan die Nama Khoi Plaaslike Munisipaliteit se inbelsentrum deurgegee sodat herstelwerk kan plaasvind.
  • Die tak het saam met die Nama Khoi Plaaslike Munisipaliteit gewerk om die vullisterrein weer op standaard te bring.
  • Die tak het aan AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.
  • Die tak het ’n hofsaak bygewoon waarin die Nama Khoi Plaaslike Munisipaliteit aangevat word oor riool wat by die rioolwerke uitgevloei het.
  • Die tak het ’n hofsaak bygewoon waarin ’n vorige munisipale bestuurder (Baartman) van bedrog aangekla is.

Upington

  • Taklede het deurlopend water-, krag- en rioolprobleme aan die Dawid Kruiper Plaaslike Munisipaliteit se inbelsentrum deurgegee sodat herstelwerk kan plaasvind.
  • Die tak het aan AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.
  • Die tak het watermonsters by die rioolwerke geneem en bevind dat daar ’n direkte inloop van riool in die Oranjerivier is.
  • Taklede het bome wat omgeval en mure en lyndrade beskadig het opgesny en weggery.
  • Die tak het voedsel en groente aan sopkombuise in die gemeenskap geskenk, terwyl Solidariteit Helpende Hand vleis geskenk het.
  • Die tak het wye nuusdekking ontvang, waaronder op SABC Nuus, OFM en Radio Riverside.
  • Die tak het deel uitgemaak van ’n dag wat deur Upington Animal Welfare Society aangebied is waartydens honde gedip en ontwurm is.

Williston

  • Die tak het kareebome by die N.G. Kerk Williston geplant.
  • Die tak het gereël dat lusernbale na Kuruman vervoer word ná die verwoestende brande in die omgewing.

Barkly-Wes

  • Die tak het die begraafplaas skoongemaak en 28 vragte rommel met 18 ton-vragmotors weggery.

Bo-Karoo

  • Die buurtwag se jeugvleuel het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.

Kimberley

  • Die Kimberley-buurtwag en Modderrivier-plaaswag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.

Vaalharts

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.

OOS-KAAP

Elliot

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.

Cradock

  • Taklede het opleiding ontvang rakende nuwe selfoontoepassings wat geïmplementeer is.
  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

Gamtoosvallei

  • Die Sondagsriviervallei- en Kirkwood-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.
  • Taklede het opleiding ontvang rakende nuwe selfoontoepassings wat geïmplementeer is.
  • Die tak het meer as 18 ton teer gebruik om slaggate in die Patensie-omgewing op te vul.

Jeffreysbaai

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.
  • Taklede het opleiding ontvang rakende nuwe selfoontoepassings wat geïmplementeer is.

Oos-Londen

  • Taklede het opleiding ontvang rakende nuwe selfoontoepassings wat geïmplementeer is.

Port Elizabeth

  • Die Walker Drive- en Broadwood-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Taklede het opleiding ontvang rakende nuwe selfoontoepassings wat geïmplementeer is.
  • Die Broadwood- en Walker Drive-buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.
  • Taklede het ’n stalletjie by Farm Comm se familiedag beman om bewusmaking rondom die tak se projekte te skep.
  • Die tak het ’n vergadering belê om ’n jeugtak op die been te bring.

Uitenhage

  • Taklede het opleiding ontvang rakende nuwe selfoontoepassings wat geïmplementeer is.

WES-KAAP

George

  • Die Geelhoutboom-, Outeniekwaland- en Harold-plaaswag, asook die Hoekwil-plotwag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die tak se jeugvleuel het ’n aanbieding vir die Voortrekkers gedoen.
  • Die tak het watertoetse uitgevoer as deel van AfriForum se jaarlikse blou-en-groendruppelprojek.

Hessekwa

  • Die Riversdal-buurtwag en Albertinia-plaaswag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die Riversdal-tak se jeugvleuel het ’n praktiese demonstrasie vir gr. 11-leerders aangebied met betrekking tot hoe om ’n voertuig se band om te ruil, waarna algemene wenke oor voertuigonderhoud ook gekommunikeer is.
  • Die Riversdal-buurtwag se protospan het ’n waarnemingsoperasie met hul hommeltuig uitgevoer waartydens waardevolle inligting ingesamel is.

Kaap Agulhas

  • Die tak het geskenkpakkies aan die graad 12’s van die hoërskole in hul omgewing oorhandig om hulle sterkte toe te wens vir die eindeksamen, asook hul toekomsplanne ná skool. Die takvoorsitter het ook ’n praatjie vol lewenswyshede en advies vir die toekoms gelewer.
  • Die tak het ontvangs van hulle nuwe brandbestrydingsleepwa geneem; dit is toegerus met ’n waterreservoir en pomp vir die bestryding van brande in hul omgewing.

Knysna

  • Dié pas gestigte tak is besig om alle administrasie en registrasies af te handel sodat taklede met hul eerste gemeenskapsprojek kan begin.

Mosselbaai

  • Die Herbertsdale- en Groter Brandwag-plaaswag, asook die Glentana- en Groot Brak-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die Herbertsdale-plaaswag en Glentana-buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.
  • Die tak se jeugvleuel het in samewerking met Solidariteit Helpende Hand en die plaaslike Ons Winkel ’n sjokolade en bypassende kaartjie aan elk van die gr. 12-leerders in Mosselbaai uitgedeel om hulle sterkte toe te wens vir die eksamen en hulle toekoms.
  • Taklede het watertoetse uitgevoer as deel van AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek.

Oudtshoorn

  • Die Oudtshoorn- en De Rust-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die Oudtshoorn- en De Rust-buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.
  • Die De Rust-buurtwag het ’n skoonmaakprojek in De Rust gehou om die dorp voor te berei vir besoekers wat aan die jaarlikse marathon deelneem.
  • Die Oudtshoorn-tak het ’n stalletjie by Cango’s Rest Familiemark beman as deel van ’n bemarkingsaksie.
  • Taklede het watertoetse uitgevoer as deel van AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek.

Robertson

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.

Swellendam

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het aan AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.
  • Die tak het talle suksesse behaal tydens AfriForum se nasionale massapatrollie.
  • Buurtwaglede het ’n reeks vergaderings bygewoon om verhoudings met wetstoepassingsowerhede, die SAPD en ander veiligheidsrolspelers te versterk.

Soortgelyke plasings