|

Vaalharts-tak wys nuwe, ywerige bestuur aan

Die AfriForum-tak in Vaalharts het hul nuwe takbestuur aangewys. Dié bestuur is slaggereed en opgewonde om die gemeenskap te dien.

Die nuwe bestuur is Japie Saunders (voorsitter), Charl van der  Merwe (ondervoorsitter), Drikus Jacobs (sekretaris), Frikkie van Eeden (tesourier), Carel van Heerden (veiligheid) en Susan Coetzee (addisionele lid).

Die tak het reeds onderneem om deel te neem aan projekte soos die verf van stopstrate en om bome te plant tydens boomplantmaand. Die tak wil graag ook fokus op veiligheid in die gemeenskap.

“Ek is opgewonde oor die nuwe bestuur, want ek kan sien dat hulle baie lus is om ’n verskil in Vaalharts te maak. Ek glo dat daar nog baie projekte soos hierdie teer- en veiligheidsprojekte sal wees. Ek wil ’n beroep op die gemeenskap doen om betrokke te raak, dit is immers julle dorp waarvoor julle lief is,” sê Lize-Mari Smit, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Karoo.

Besoek www.wordlid.co.za om by jou naaste tak aan te sluit en só ’n daadwerklike verskil in jou omgewing te maak.

Soortgelyke plasings