|

Valke se korrupsie-ondersoek van Unisa se senior bestuurders is die middelpunt van pogings om waarnemende finansiële hoof stil te maak

Die samewerking van Unisa se waarnemende finansiële hoof in ’n Valke-ondersoek na korrupsie by die instelling ’n moontlike motief vir haar skorsing. Namate meer besonderhede na vore kom van ’n noukeurig georkestreerde sameswering om dr Reshma Mathura stil te maak, het AfriForum se privaatvervolgingseenheid ’n beroep op dr Blade Nzimande, minister van Hoër Onderwys, Wetenskap en Tegnologie, gedoen om in te gryp.

As Mathura se regsverteenwoordiger is die privaatvervolgingseenheid nou deeglik ingelig oor haar rol in reaksie op ’n artikel 205 van die Strafproseswet dagvaarding wat vroeg in Februarie deur die Valke aan die instelling beteken is. Mathura is gevra om besonderhede van vyf Unisa-personeellede sowel as ’n onderneming in te samel. Dit is een van minstens twee Valke-ondersoeke na bedrog en korrupsie wat verband hou met tenderbedrog.

Prof. Puleng LenkaBula, visekanselier van Unisa, het Mathura op 19 April op verskeie gronde geskors, veral in reaksie op ’n fluitjieblaserverslag wat ’n paar weke vroeër aan die bestuur gestuur is en omdat sy dokumente met buitepartye gedeel het. Die privaatvervolgingseenheid het sy kliënt ingelig dat die fluitjieblaserverslag en gepaardgaande ongevraagde deposito’s in haar private bankrekening deel is van ’n komplot om haar uit haar pos te laat verwyder.

Die privaatvervolgingseenheid het briewe aan LenkaBula en dr Daniel Mosia, voorsitter van Unisa se raad, gerig. Mosia se onbevredigende reaksie, gestuur deur ’n prokureur, het daartoe gelei om Nzimande te nader. Mathura het ook ’n klag by die Valke ingedien om die ongevraagde betalings in haar bankrekening te ondersoek. In ’n haastige reaksie het Unisa ’n strafregtelike klag teen Mathura ingedien om dieselfde betalings te ondersoek.

Adv. Gerrie Nel, hoof van die privaatvervolgingseenheid, sê in ’n brief aan Nzimande die feite toon aan dat Unisa se bestuur blitsvinnig teen Mathura opgetree het deur haar te skors en ’n strafregtelike klag in te dien onder die voorwendsel om sterk te staan teen korrupsie toe hulle ’n anonieme e-pos ontvang het met ongegronde bewerings. “Tog staan dieselfde bestuur, onder prof. LenkaBula se bestuur, jare stil nadat hulle opeenvolgende forensiese ondersoekverslae ontvang het wat deur betroubare regs- en ouditeursfirmas gedoen is wat talle personeellede, insluitend senior bestuurders, by korrupsie van miljoene rande betrek.

“Hierdie onversoenbare teenstrydighede kan slegs verklaar word as ons aanvaar dat Unisa se bestuur se motief is om dr Mathura te teiken vanweë haar toewyding om wangedrag binne Unisa se geledere te identifiseer en te hanteer.

“Dit lyk of Unisa se bestuur tussen ’n klip en ’n harde plek vasgevang is. Om op te tree teen diegene wat wettiglik by korrupsie geïmpliseer word, sal die spreekwoordelike blik wurms oopmaak, aangesien die geïmpliseerde partye vingers sal wys na hul instaatstellers en medebeskuldigdes wat nie in die verslae geïdentifiseer is nie; om nie teen dr Mathura op te tree nie, sou ’n soortgelyke effek hê deurdat deur haar pligte as waarnemende finansiële hoof na te kom, vingers uiteindelik na daardie selfde instaatstellers en medebeskuldigdes gewys sou word. Die mense wat irrasioneel en inkonsekwent optree, stel in albei scenario’s voor na wie daardie vingers gewys gaan word,” sluit Nel af.

Soortgelyke plasings