|

Vier kameras hou nou wakende oog oor Kuruman

AfriForum se Kuruman-tak het die afgelope twee weke die eerste vier LPR-kameras in die dorp opgerig sodat booswigte nóg vinniger in hul spore gestuit kan word. Hierdie kameras herken nommerplate met behulp van kruisverwysings na plaaslike en internasionale databasisse.

Werner Strauss, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Noord-Kaap, sê die kameras is strategies opgerig sodat dit ’n wakende oog oor die N14 in die rigting van Vryburg en Kathu kan hou, asook die R31 in die rigting van Hotazel en Daniëlskuil.

“Dit is van kardinale belang dat Kuruman en sy inwoners beveilig word en ’n kamerastelsel soos dié verseker dat boosdoeners nie ongesiens die gemeenskap teister nie,” sê Strauss.

Die kameras is opgerig as deel van hierdie AfriForum-tak se pogings om Kuruman en die hoofroetes in en uit die dorp, veiliger te hou. Die Kuruman-tak is al vir ’n geruime tyd besig met die projek en beplan om later van tyd nóg van die LPR-kameras in die Kuruman-omgewing op te rig.

Raak vandag nog by AfriForum betrokke om ’n verskil in Kuruman te maak. Besoek www.wordlid.co.za vir meer inligting.

Soortgelyke plasings